Movatterモバイル変換


[0]ホーム

URL:


Gaan na inhoud
Wikipedia
Soek

Beverly Hills, Kalifornië

Koördinate:34°4′23″N118°23′58″W /34.07306°N 118.39944°W /34.07306; -118.39944
in Wikipedia, die vrye ensiklopedie

Beverly Hills

Ligging in KaliforniëSeël
Vlag
 LandVerenigde State
 DeelstaatKalifornië
 CountyLos Angeles County
 Koördinate34°4′23″N118°23′58″W /34.07306°N 118.39944°W /34.07306; -118.39944
 Stigting1914
 Geïnkorporeer op28 Januarie1914
 Oppervlakte: 
 - Totaal14,79vk km
 Hoogte bo seevlak79 m
 Bevolking: 
 - Totaal (skatting 2015)34 870
 - Bevolkingsdigtheid2357,7/vk km
 TydsonePST (UTC -8)
Somertyd: PDT (UTC -7)
 Klimaat 
 - TipeMediterreense klimaat
 - Gemiddelde jaarlikse temperatuur17,7 °C
 - Gem. temp. Januarie/Augustus14 / 22,4 °C
 - Gemiddelde jaarlikse neerslae374 mm
 BurgemeesterJulian A. Gold
 Amptelike WebwerfBeverly Hills

Beverly Hills is ’n onafhanklike welvarende voorstad vanLos Angeles,Kalifornië, waar baie beroemde rolprentsterre woon.[1] Volgens algemene reg is dit 'n stad en munisipaliteit[2] in die distrikLos Angeles County van dieAmerikaanse deelstaat Kalifornië. Sy stadsgebied word volledig omsluit deur die buurstedeLos Angeles en West Hollywood (wat self ook byna volledig deur Los Angeles omsluit word).

Die gebied het oorspronklik deel uitgemaak van 'nSpaanse plaas en is vir die verbouing van limabone aangewend. In 1914 is Beverly Hills deur 'n groep beleggers geïnkorporeer wat op soek na 'n oliebron was, maar in plaas daarvan opwater afgekom en besluit het om die plek as 'n nedersetting te ontwikkel.

Europees geïnspireerde kommersiële boukuns in die voetgangerslaan van Rodeo Drive
Beverly Hills se raadsaal in die Spaanse Koloniale Herlewingstyl (Spanish Colonial Revival) dateer van 1932
Styl en status op vier wiele - Italiaanse luukse motors in Beverly Hills

In 2015 het Beverly Hills, waarna ook dikwels as "90210" verwys word (na aanleiding van een van sy hoofsaaklikeposkodes), 'n bevolking van 34 870 gehad. Die stad, wat as een van die welvarendstes in die Verenigde State beskou word, staan onder meer bekend vir sy Rodeo Drive-winkeldistrik en die Beverly Hills-olieveld, een van min wat temidde van 'n stadsgebied geleë is en steeds ontgin word.

Beverly Hills se ekonomiese basis vergelyk gunstig met dié van groter nedersettings met enkele honderdduisend inwoners. Saam met pendelaars, wat bedags na die stad stroom, het Beverly Hills tydens dagure 'n bevolking van tussen 150 000 en 200 000. As 'n sogenaamde voldiens-gemeenskap verskaf die munisipaliteit aan sy burgers alle dienste soos polisie, brandweer, watervoorsiening en -suiwering, afvalverwydering en bouinspeksie. Beverly Hills het daarnaas sy eie skooldistrik met sommige van die beste skole in die hele Verenigde State.[3]

Verwysings

[wysig |wysig bron]
  1. HAT Taal-en-feitegids, Pearson, Desember 2013,ISBN 978-1-77578-243-8
  2. Nota: Vir nedersettings in Kalifornië word die terme stad (city) en dorp (town) as sinonieme gebruik. Die munisipale bevoegdhede van nedersettings volgens algemene reg word deur die deelstaat seGovernment Code (ookCalifornia Codes genoem) bepaal.
  3. "www.beverlyhills.org: About Beverly Hills. Besoek op 10 Maart 2016". Geargiveer vanafdie oorspronklike op 10 Maart 2016. Besoek op10 Maart 2016.

Eksterne skakels

[wysig |wysig bron]
Ontsluit van "https://af.wikipedia.org/w/index.php?title=Beverly_Hills,_Kalifornië&oldid=2851406"
Kategorie:
Versteekte kategorie:

[8]ページ先頭

©2009-2026 Movatter.jp