Bertrams | |
---|---|
Koördinate:26°11′34″S28°3′58″O / 26.19278°S 28.06611°O /-26.19278; 28.06611 | |
Land | ![]() |
Provinsie | Gauteng |
Munisipaliteit | Stad Johannesburg |
Oppervlak | |
• Totaal | 0,39 km2 (0,15 vk. myl) |
Bevolking (2011)[1] | |
• Totaal | 3 906 |
• Digtheid | 10 015/km2 (25 940/vk. myl) |
Rasverdeling(2011) | |
• Wit mense | 10.7% |
• Indiërs/Asiërs | 3.4% |
• Bruin mense | 7.6% |
• Swart mense | 77.1% |
• Ander | 1.3% |
Taal(2011) | |
• Zoeloe | 21.3% |
• Engels | 16.9% |
• Afrikaans | 11.4% |
• Suid-Ndebele | 7.5% |
• Ander | 42.9% |
Poskode(strate) | 2094 |
Poskode(posbusse) | 2000 |
Skakelkode | 011 |
Bertrams is 'nvoorstad vanJohannesburg inSuid-Afrika. Dit is 'n klein woongebied wat aan die oostekant van Johannesburg se middestad geleë is, tussenDoornfontein enLorentzville, metTroyeville in die suide.
Bertrams is sowat 3 km noordoos van die stadsaal geleë. Dit is genoem na Robertson Fuller Bertram, ’n aandelemakelaar wat ’n miljoenêr geword het. Hy het die grond gekoop by F.J. Bezuidenhout, die eienaar van die plaas Doornfontein na wieBezuidenhoutsvallei genoem is. Die woonbuurt wat hy daarop aangelê het, het hy Bertramstown genoem. Dit is op16 Augustus1889 tot dorpsgebied verklaar.
In Bertramstown is een van die eerste groot herehuise in Johannesburg gebou teen ’n koste van £35 000, ’n reusebedrag in 1891. Die huis het in die vroeë 1970's nog gestaan en staan bekend as Klooflands; dis opgerig vir ’n Amerikaanse myningenieur, Joseph S. Curtis, wat lid geword het van die Reform Committee. Curtis het gemeen Bellevue-Sentraal sou ’n eksklusiewe voorstad word. Teen 1911 het hy besef dit sou nie die geval wees nie en het hy die gebied aan die Transvaal Consolidated Land & Exploration Comapny verkoop, wat dit toe deel gemaak het vanLorentzville.