Bermuda is in 1505 deur dieSpaanse ontdekkingsreisiger Juan de Bermúdez virEuropa ontdek en later na hom genoem.[6] Dié eiland is deur dieSpaanse Ryk opgeëis, maar nooit deur Spanje gekoloniseer nie. Twee jaar ná die stigting vanJamestown inVirginië hetEngelse onder leiding van die Virginia Company in Bermuda gevestig. St. George’s, dié eiland se eerste hoofstad, is in 1612 gestig[7] en tot in 1614 is dié eiland as deel van die kolonie in Virginië bestuur. In 1684 het die Engelse Kroon die beheer oorgeneem en Bermuda het in 1707, met dieAct of Union 1707 wat dieKoninkryk van Engeland enKoninkryk van Skotland tot dieKoninkryk van Groot-Brittanje laat saamsmelt het, 'n Britse Kroonkolonie geword. NadatNewfoundland in 1949 deel vanKanada geword het, het Bermuda die oudste oorblywende Britse oorsese gebied geword. Met die heraansluiting vanHongkong byChina in 1997 het Bermuda die mees bevolkte afhanklike gebied geword (vanaf 2002 oorsese gebied). Bermuda word deur dieVerenigde Nasies as 'n gebied sonder eie regering beskou.[8] Die eilandgroep is 'n gesogte vakansieplek en dieekonomie is veral optoerisme en buitelandse bankdienste gebaseer.[1]
Vyf van Bermuda se eilande is gebruik om ongeveer 5 000Boerekrygsgevangenes tydens dieTweede Vryheidsoorlog, ook bekend as dieAnglo-Boereoorlog, te huisves. Die Boere is volgens hulle oortuigings ten opsigte van die oorlog op aparte eilande verdeel. Diegene wat geglo het dat die oorlog moes voortgaan is naDarrell's Eiland gestuur en is swaar bewaak.Morgan's Eiland het 884 man gehuisves,Tucker's Eiland 809,Burt's Eiland 607 enPort's Eiland 35, waar die hospitaalfasiliteite was.[10]
Die koerantThe New York Times het verskeie stories oor Boerekrygsgevangenes in Bermuda gepubliseer, byvoorbeeld die poging tot muitery op pad na Bermuda toe, en die daaropvolgendekrygswet wat op Darryll's Eiland gegeld het,[11] sowel as drie Boerekrygsgevanenes se ontsnapping na die vasteland van Bermuda[11] en ook oor die "avonture" van 'n jong Boeresoldaat wat op die stoomskipTrinidad inNew York aangekom het.[11]
↑(en)Luke, Will (Maart 2007)."Cricket by association". The Wisden Cricketer.Geargiveer vanaf die oorspronklike op 21 Junie 2010. Besoek op20 Augustus 2018.