|
| Algemeen |
|---|
| Naam,simbool,getal | Berkelium, Bk, 97 |
| Chemiese reeks | Aktiniede |
| Groep,periode,blok | n/b,7,f |
| Voorkoms |  |
| Atoommassa | 247 g/mol |
| Elektronkonfigurasie | [Rn] 5f9 7s2 |
| Elektrone perskil | 2, 8, 18, 32, 27, 8, 2 |
| Fisiese eienskappe |
|---|
| Toestand | vastestof |
| Digtheid (nabyk.t.) | alfa: 14,78 beta: 13,25 g/cm³ |
| Smeltpunt | beta: 1259K (986°C) |
| Kookpunt | beta: 2900K (2627°C) |
| Smeltingswarmte | 7,92kJ/mol |
| Verdampingswarmte | kJ/mol |
| Atoomeienskappe |
|---|
| Kristalstruktuur | dubbel seskantige diggepakte |
| Oksidasietoestande | 2,3, 4 |
| Elektronegatiwiteit | 1,3 (Skaal van Pauling) |
| Ionisasie-energieë | 1ste: 1kJ/mol |
| 2de: 601 kJ/mol |
| 3de: kJ/mol |
| Kovalente radius | 170pm |
| Diverse |
|---|
| Magnetiese rangskikking | paramagneties |
| Elektriese resistiwiteit | (20 °C)Ω·m |
| Termiese geleidingsvermoë | (300 K)W/(m·K) |
| CAS-registernommer | 7440-40-6 |
| Geskiedenis |
|---|
| Genoem na | Berkeley,Kalifornië, waar dit ontdek is |
| Ontdek deur | Lawrence Berkeley National Laboratory |
| Ontdek | 1949 |
| Vernaamste isotope |
|---|
|
Portaal Chemie |
|---|
Berkelium is 'nchemiese element met die simboolBk enatoomgetal 97. Dit is 'n grys of silwerwitaktinied.
Berkelium is vir die eerste keer gesintetiseer in1949 deur Glenn Seaborg, Albert Ghiorso, Stanley Thompson en Kenneth Street aan dieUniversiteit van Kalifornië, Berkeley. Hiermee het hulle 'n siklotron gebruik omAmerikium-241 te bombardeer metneutrone. Die naam berkelium is afgelei van die naam van die universiteit waar die element vir die eerste keer gesintetiseer is.
Die radioaktiewe berkelium word slegs in baie klein hoeveelhede geproduseer vir wetenskaplike navorsing. Daar is nog geen vername industriële toepassings nie.
Hoewel berkelium nog nooit geïsoleer is nie, is daar al genoeg materiaal geproduseer om navorsing te kan doen na enkele eienskappe. Met redelike sekerheid kan gesê word dat dit 'n metaal is wat redelik maklik oksideer inlug en oplos in verdunde minerale sure. Röntgendiffraksietegnieke het bygedra tot die identifisering van enkele berkeliumverbindinge soos oksiede, fluoried en oksichloride. In die biologie speel berkelium geen bekende rol nie.
In die natuur kom berkelium opaarde nie voor nie. Dit word op kunsmatige wyse geproduseer.
Daar is 19 radio-isotope bekend, waarvan247Bk met 'nhalfleeftyd van 1380 jaar die mees stabiel is.248Bk en249Bk het 'n halfleeftyd van onderskeidelik 9 jaar en 320 dae. Die oorblywende isotope het halfleeftye van minder as 5 dae.
Oor die toksikologie van berkelium is baie min bekend.
- ↑Milsted, J.; Friedman, A. M.; Stevens, C. M. (1965). "The alpha half-life of berkelium-247; a new long-lived isomer of berkelium-248".Nuclear Physics.71 (2): 299.doi:10.1016/0029-5582(65)90719-4.