Berke Khan (oorl.1266) (ookBirkai;Mongools: Бэрх хаан,Tataars: Бәркә хан) was die heerser van dieOeloes van Djotsji, of Goue Horde. Hy het die mag van die Blou en Wit Horde van 1257 tot 1266 gekonsolideer. Hy het sy broerBatoe Khan en broerskind opgevolg as die leier van die Blou Horde (weste) en was verantwoordelik vir die eerste amptelike vestiging vanIslam in ’n khanaat van dieMongoolse Ryk.[1]
Ná Batoe Khan se dood het sy seunSartaq hom opgevolg. Ná laasgenoemde se dood was Berke eers die regent vir sy nefie Oelaktsji, wat net 10 jaar oud was, maar in1257 het Berke khan geword. Hy het aanvalle uitgevoer teenLitoue enPole, veral om geld te kry om sy neefHülegü aan te val.
Hülegü se ma, Sorghaghtani Beki, was ’nChristen en hy het ’n afkeer van die Islam gehad. Hy was leier van die khanaat inPersië, dieIlkhanaat, en in 1258 het hyBagdad aangeval en tot op die grond afgebrand. Berke het dit beskou as ’n aanval teen sy mede-Moslems en het wraak gesweer. Hy het Hülegü se leër aangeval en met dieEgiptieseMamelukke saamgespan. Hulle het die Slag van Ain Jalut gewen omdat Hülegü ’n deel van sy leër naMongolië gestuur het om onder meer die opvolging vanMöngke as Groot Khan te reël.
In 1263 het Berke Hülegü se leër verslaan en Hülegü so gekeer in sy poging om die hele Islamitiese wêreld af te brand. Hülegü is in 1265 dood en is opgevolg deur sy seun Abaqa Khan, wat Berke in 1266 vermoor het. Berke is opgevolg deur sy kleinseun Mengoe-Timoer.