DieBerbers (Berbers: ⵉⵎⴰⵣⵉⵖⵏImaziɣen, enkelvoud: ⴰⵎⴰⵣⵉⵖAmaziɣ/Amazigh) is 'netniese groep inheems aanNoord-Afrika wat Berbertale praat. Hulle is versprei in 'n gebied wat strek van dieAtlantiese Oseaan in die weste tot die Siwa-oase inEgipte in die ooste en van dieMiddellandse See in die noorde tot dieNigerrivier in die suide. Dié streek was van die 16de tot die 19de eeu inEuropa bekend as dieBarbaryse Kus. Lande met 'n belangrike Berberbevolking sluit inAlgerië,Libië,Mali,Marokko,Mauritanië,Niger enTunisië. In die lande van dieMagreb, waar dieArabiere die meerderheid vorm, vorm die Berbers die belangrikste minderheid.
Vlag van die Berbers[25]Verspreiding van Berbertale:
Die Berbers vorm die inheemse bevolking van Noord-Afrika en eerste verwysings stam van beide dieAntieke Egipte enAntieke Griekeland. Die Griekse historikus en skrywerHerodotos het hulle in sy bekendeHistories opgeteken. Oor eeue heen het Berbers die kus vanaf die Atlantiese Oseaan tot Egipte bewoon en het afwisselend onder die heerskap van dieFenisiërs,Romeinse Ryk,Vandale,Alane en dieBisantynse Ryk gekom.
Nog voor die Arabiese verowering van die Magreb onder dieRasjidoen-kalifaat en dieOmajjadiese Kalifaat het die Berbers die belangrikste bevolkingsgroep in Noord-Afrika gevorm. Sedertdien word die gebied deur die Arabiere oorheers enArabies is die belangrikste taal. As gevolg daarvan is die Berbergebied gefragmenteer en hulle het dieIslam as hul geloof aangeneem. Arabiere en Berbers het dieIberiese Skiereiland in 711 verower en aansluitend daar gevestig. Hulle het die Islamitiese ryk vanAl-Andalus gekenmerk en pragtige paleise soos dieAlhambra inGranada opgerig.
As gevolg van dieChristelikeReconquista vanPortugal enSpanje in 1492 is die Berbers van die Iberiese Skiereiland verdryf en hulle het in Noord-Afrika hervestig. As gevolg van dieFranse verowering van groot dele van Noord-Afrika het die Berbers onder Franse invloed gekom enFrans 'n belangrike vreemde taal geword. Vandag leef sowat 1,5 miljoen Berbers in Frankryk.
Aangesien die meeste Berbers in gebiede woon wat moeilik toeganklik is, is daar min nywerhede in hulle woongebiede. Daar is egter potensiaal vir uitbreiding ten opsigte van hulle handwerk. Dit behels ook produkte wat as "kunsnywerheidsartikels" aantoeriste verkoop word en selfs in die buiteland bemark kan word. Die Berbers se pottebakkerswerk het nie ver ontwikkel nie, maar slaag miskien tog juis deur die eenvoud daarvan. Hulle vlegwerk (hoede, mandjies en matte) oortref selde die peil van goedkoop gebruiksartikels. Die doeke en komberse van die Berbers het 'n eie karakter. Dit word geweef met inslag van dik woldrade op 'n skering van baie dun katoendraad. Verskillende kleure word gebruik en die ontwerpe bestaan uit eenvoudige geometriese patrone. Die tradisionele kleurkombinasie vir mans is wit, grys, swart en bruin. Vroue gee weer voorkeur aan 'n kombinasie van wit met een of helderder primêre kleure, afhangende van die plaaslike kleredrag.
↑(en) Morocco's Berbers Battle to Keep From Losing Their Culture / Arab minority forces majority to abandon native language. Peter Prengaman, Chronicle Foreign Service. 16 Maart 2001[1]
↑(en) Blench, Roger. Archaeology, Language, and the African Past. Rowman: Altamira, 2006ISBN 978-0-7591-0466-2
↑(en) Diakonoff, Igor. The Earliest Semitic Society: Linguistic Data. Journal of Semitic Studies, Vol. 43 Iss. 2 (1998).
↑(en) Shirai, Noriyuki. The Archaeology of the First Farmer-Herders in Egypt: New Insights into the Fayum Epipalaeolithic and Neolithic. Leiden University Press, 2010.ISBN 9789087280796.
↑(en) Ehret C, Keita SOY, Newman P (2004) The Origins of Afroasiatic a response to Diamond and Bellwood (2003) in the Letters of SCIENCE 306, no. 5702, bl. 1680 doi:10.1126/science.306.5702.1680c
↑(en) Bender ML (1997), Upside Down Afrasian, Afrikanistische Arbeitspapiere 50, bl. 19-34
↑(ru) Militarev A (2005) Once more about glottochronology and comparative method: the Omotic-Afrasian case, Аспекты компаративистики - 1 (Aspects of comparative linguistics – 1). FS S. Starostin. Orientalia et Classica II (Moscow), bl. 339-408.http://starling.rinet.ru/Texts/fleming.pdf
↑(en)"Berbers". Flags of the World. 9 Junie 2014.Geargiveer vanaf die oorspronklike op 28 September 2015. Besoek op18 Februarie 2016.