Movatterモバイル変換


[0]ホーム

URL:


Gaan na inhoud
Wikipedia
Soek

Benoni

Koördinate:26°11′18″S28°19′14″O /26.18833°S 28.32056°O /-26.18833; 28.32056
in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Benoni
Lugfoto van Benoni se sakekern
Lugfoto van Benoni se sakekern
Benoni is in Gauteng
Benoni
Benoni
 Benoni se ligging in Gauteng
Koördinate:26°11′18″S28°19′14″O /26.18833°S 28.32056°O /-26.18833; 28.32056
LandVlag van Suid-Afrika Suid-Afrika
ProvinsieGauteng
MunisipaliteitEkurhuleni
Stigting1881
Oppervlak
  Totaal175,55 km2 (67,78 vk. myl)
Hoogte
1 645 m (5 397 ft)
Bevolking
 (2011)[1]
  Totaal158 777
  Digtheid904/km2 (2 340/vk. myl)
Rasverdeling(2011)
  Wit mense38,1%
  Indiërs/Asiërs13,9%
  Bruin mense2,1%
  Swart mense45,2%
  Ander0,8%
Taal(2011)
  Engels41,0%
  Afrikaans19,3%
  Zoeloe17,1%
  Noord-Sotho5,3%
  Ander17,3%
Poskode(strate)
1501
Poskode(posbusse)
1500
Skakelkode010

Benoni is 'n dorp aan dieOos-Rand in dieGautengprovinsie,Suid-Afrika. Dit is sedert2000 deel van dieEkurhuleni Metropolitaanse Munisipaliteit.

Geskiedenis

[wysig |wysig bron]
Die Kopanong-konferensiesentrum in Benoni

Die naam Benoni het ontstaan toe die landmetergeneraal,Johan Rissik, dit in1881 moeilik gevind het om titelaktes aan al die onopgeëiste staatsgrond toe te ken. Hy het die area Benoni na Ben-Oni (seun van my smart) genoem, die naam wat Ragel aan haar seun gegee het voordat Jakob dit na haar dood naBenjamin verander het, volgens die Bybelse boekGenesis.

Goud is inSeptember1887 ontdek en die Chimesmyn is gestig deur immigrante uitCornwall. Die dorpie was vroeër as "Little Cornwall" bekend. SirGeorge Farrar, wat die voorsitter van 'n mynmaatskappy was, het dit op hom geneem om die vinniggroeiende myndorp in1904 te begin verfraai. Mynwater is gekanaliseer na 'nvleiland, en so is reservoirs geskep wat vanvisse voorsien is. Dié reservoirs bestaan nog – vele mere waarin visgevang word, op bootjies gevaar word, en waar mense ontspan. Duisende bome is ook geplant in die nuwe buurte en munisipale status is in1907 toegeken.

In1922 het dieRandse Opstand of die1922-staking uitgebreek in die myne op dieWitwatersrand en duisende blanke mynwerkers het begin staak. Die staking is gedeeltelik gelei deur dieSuid-Afrikaanse Kommunistiese Party. Benoni is as een van die mynwerkers se hoofkwartiere gebruik en daar was heelwat gevegte in die omgewing. By die Benoni Museum kan meer van dié deel van die dorp se geskiedenis te wete gekom word.

Tydens dieKrieketwêreldbeker 2003 is twee wedstryde op Benoni seWillowmoore-park beslis. Dit is ook tydens dieVrouekrieketwêreldbeker 2005 gebruik.

Benoni vandag

[wysig |wysig bron]
Straattonnel in Benoni

Goud het met die verloop van tyd minder belangrik geword. Besigheid is vandag meer gefokus op industrieë en dienslewering, eerder as mynbou, en die dorp bedien ook ander nabygeleë dorpe soosBrakpan,Springs enNigel. Besoekers aan die dorp kan die plaaslike museum besoek, asook die vele mere, die Lakeside Winkelsentrum (gebou in die vorm van 'nMississippi-stoomboot langs een van die mere) of die Northmead Square. Naby die Northmead Square is die bekende Hasiepark waar hase en ander klein diere aangehou word.

Joodse gemeenskap

[wysig |wysig bron]
Die hoofartikel vir hierdie afdeling is:Jode in Benoni.
Morris Nestadt lê begrawe in die Rynsoordbegraafplaas te Benoni

Benoni aan dieOos-Rand was een van die vroegste Joodse gemeenskappe en het mettertyd ontwikkel tot een die grootste in die land. Die stad het gegroei van ’n myndorpie tot ’n vername sentrum. Die Joodse gemeenskap was lewenskragtig en het ’n belangrike bydrae gelewer tot Benoni se handel en nywerheid.

Jode het vanaf kort ná die stigting van Benoni in 1881 hier gewoon en het daadwerklik tot die plek se groei bygedra. Die eerste Jode het as handelaars hierheen gekom. Dié wat uit Engeland of van die Kaap af gekom het, was dikwels beter opgevoed en meer welgesteld as dié wat uitLitaue geïmmigreer het. Die opgevoede Jode kon onderhandel met die mynbeamptes, wat hulle toegelaat het om mynkonsessiewinkels te begin, aangesien die beamptes neergesien het op handel dryf met swart mense. Namate hul ondernemings gegroei het, kon die Jode bekostig om familielede uitLitaue te laat kom om hulle in hul winkels by te staan.

Die eerste Joodse huwelik in Benoni is in Desember 1897 tussen Max Ginsberg en Annie Levy voltrek. Op die gebied van die onderwys is ’n hoogtepunt bereik met die stigting van die Hillel Jewish Day School in 1967. Die skool het in die 1980's gesluit namate die Joodse bevolking óf Johannesburg toe verhuis het óf geëmigreer het. ’n Besonderse aspek van die Joodse gemeenskap van Benoni was die Verenigde Hebreeuse Instellings van Benoni, wat in 1924 gestig is en vandag nog bestaan. In dié opsig was Benoni ’n voorbeeld vir ander dorpe aan dieOos-Rand en elders.

Jode het ’n aktiewe aandeel in die burgerlike sake van die dorp gehad en die gemeenskap het vyf burgemeesters opgelewer: S. Grolman, I. Kuper, M. Nestadt, A. Potash en A.Ritz. Op vermaakgebied het Issy Goodman en sy niggies Ethel en Zelma Londen die Oos-Rande Teaterklub bestuur wat in 1944 gestig is.

Die Oos-Randse Ortodokse Joodse Raad is in 1979 gestig om die aktiwiteite van die Hebreeuse Gemeentes van Benoni,Boksburg,Brakpan,Delmas,Edenvale,Germiston,Kempton Park enSprings te koördineer.[2]

Noemenswaardige boorlinge

[wysig |wysig bron]

Die Oscar-bekroonde aktriseCharlize Theron is een van die bekende persone wat in Benoni grootgeword het. OokSpringbokrugbyspelerBryan Habana het in Benoni grootgeword.

Sien ook

[wysig |wysig bron]

Verwysings

[wysig |wysig bron]
  1. 1234"Hoofplek Benoni".Sensus 2011.
  2. (en)Jewish Digital Archive ProjectGeargiveer 28 November 2017 opWayback Machine. URL besoek op 12 November 2017.

Eksterne skakels

[wysig |wysig bron]
Setel:Germiston
Nedersettings
Ekurhuleni within South Africa
Ekurhuleni within South Africa
Voorstede van
Kemptonpark
50 grootste nedersettings inSuid-Afrika volgens bevolking
Internasionaal
Nasionaal
Geografies
Ontsluit van "https://af.wikipedia.org/w/index.php?title=Benoni&oldid=2858533"
Kategorie:
Versteekte kategorieë:

[8]ページ先頭

©2009-2026 Movatter.jp