Bengale is een van die digbevolkste streke ter wêreld en hier mond dieGanges saam met dieBrahmaputra in die Golf van Bengale uit. Die streek bestaan uit die onafhanklike land Bangladesj in die ooste en die Indiese deelstaat Wes-Bengale in die weste. Bengale beslaan 'n totale oppervlakte van 236 322 km² en het 'n bevolking van sowat 260 miljoen in 2015 gehad.[2][3] Twee van die wêreld se megastede is in die streek geleë:Dhaka, diehoofstad van Bangladesj, enKolkata, Indië se derde grootste stad.
Bengale het tot 1905 een van die subdivisies vanBrits-Indië gevorm met Kolkata as sy hoofstad tot in 1912. Met diePartisie van Indië het Oos-Bengale met syIslamitiese bevolking as Oos-Pakistan deel vanPakistan geword, terwyl die Hindoeïstiese Wes-Bengale deel van die onafhanklike Republiek Indië geword het. Dit het tot 'n grootskaalse uitruiling van bevolkingsgroepe tussen Oos- en Wes-Bengale gelei. As gevolg van die Bengaals-Indiese oorwinning oor Pakistan tydens die Bangladesj Bevrydingsoorlog het Bangladesj in 1971 onafhanklik geword.