Movatterモバイル変換


[0]ホーム

URL:


Gaan na inhoud
Wikipedia
Soek

Benben

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
’n Herskepte boonste steen van een van die piramides vanGiza wat Benben simboliseer.

InEgiptiese mitologie, spesifiek dieHeliopolitaanse tradisie, wasBenben die heuwel wat uit die oerwaters,Noe, verrys het en waarop die skeppergod,Atoem, gerus het. Die Benben-steen is die boonste steen van ’nEgiptiese piramide. Dit hou ook verband met die obelisk.

Oerheuwel

[wysig |wysig bron]
Die Benben-steen van die piramide vanAmenemhat III uit die12de Dinastie (Egiptiese Museum,Kaïro).

In diePiramidetekste word Atoem self soms "heuwel" genoem. Daar word gesê die heuwel het in ’n klein piramide verander wat geleë is inAnnoe, waar Atoem hom ook bevind. Ander stede het hul eiemites oor die oerheuwel ontwikkel. InMemphis was die godTatenen, ’n aardgod, die verpersoonliking van die oerheuwel.

Benben-steen

[wysig |wysig bron]
’n Bennoe-voël op ’n Egiptiesepapirus.

Die Benben-steen, wat na die heuwel genoem is, was ’n heilige steen in dieAntieke Egiptiese tempel vanRa by Heliopolis. Dit was die plek waar die eerste strale van dieson geval het. Dit was vermoedelik die prototipe van latere obeliske en die ontwerp van die boonste steen van piramides, die piramidion, is waarskynlik daarop gebaseer. Dit was waarskynlikverguld, sodat dit in die sonlig geblink het. Die piramidion is ook die Benben-steen genoem. Baie sulke stene word oral in die wêreld in museums aangetref en bevat dikwels beelde of inskripsies.

Die mitologiese feniks is as diebennoe-voël aanbid in Heliopolis, waar hulle geglo het dit bly op die benben. Volgens dieEgiptoloog Barry Kemp berus die verband tussen die benben, die feniks en die son dalk op alliterasie: die opkoms, ofweben, van die son stuur strale na die benben, waarop die bennoe-voël bly. In die Piramidestekste word van Atoem gepraat wanneer gesê word: "Jy kom op, as die benben, in die huis van die bennoe in Heliopolis".[1]

Verwysings

[wysig |wysig bron]
  1. Hart, p.16

Bibliografie

[wysig |wysig bron]
  • (de) Manfred LurkerLexikon der Götter und Symbole der alten Ägypter, Scherz 1998
  • Barry John KempAncient Egypt: Anatomy of a Civilization, Routledge 1991, p. 88
  • Katheryn A. BardEncyclopedia of the Archaeology of Ancient Egypt, Routledge 1999, p. 205
  • George HartEgyptian Myths, University of Texas Press 1990, pp. 11, 12, 16
Gode
AmoenAnoebisAnoeketApepApisAtenAtoemBastetBesChepriChnoemChonsoeGebHapiHathorHeqetHorusIsisMaahesMafdetMeschenetMinMoetMontoeNechbetNefertemNeithNephthysNoeNoetOsirisPtahRaRaet-TawySatetSechmetSekerSerketSesjatSetSjoeSobekTaweretTefnoetThothVier seuns van HorusWadjetWepwawet
Geskrifte
Ander
Ontsluit van "https://af.wikipedia.org/w/index.php?title=Benben&oldid=1880703"
Kategorie:

[8]ページ先頭

©2009-2025 Movatter.jp