Movatterモバイル変換


[0]ホーム

URL:


Gaan na inhoud
Wikipedia
Soek

Ben Viljoen

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Ben Viljoen
Ben Viljoen

Generaal Ben Viljoen (sittend) en sy sekretaris (Mnr. J. Visser)

Geboortedatum7 September 1869
Geboorteplek Distrik Wodehouse,Kaapkolonie
Sterfdatum14 Januarie 1917 (op 47)
SterfplekLa Mesa,NM
LojaliteitBoer
Jare in diens1896-1902
RangAssistent-kommandantgeneraal
EenheidKrugersdorpse Vrywilligerskorps
Transvaalse Burgermag
Johannesburgkommando
Veldslae/oorloëJameson-inval (1895-1896)
Eerste Vryheidsoorlog
Tweede Vryheidsoorlog:
--Slag van Elandslaagte
Ander werkLid van die Volksraad, skryf in 1902 sy outobiografieMy Herinneringe aan die Anglo-Boereoorlog, neem in 1904 deel aan dieLouisiana Purchase Exposition, Konsul in Duitsland.

GeneraalBenjamin Johannes Viljoen is op 7 September 1869 gebore op die plaas Varkiesdraai, distrikWodehouse,Kaapkolonie as die vierde kind van Wynand Johannes Viljoen en Susanna Magdalena Storm. Hy is op 14 Januarie 1917 oorlede in La Mesa,Nieu-Meksiko.

Hy tree op 5 September 1889 inUmtata in die huwelik met Helena Beatrice Els. Vyf kinders is uit die huwelik gebore.

Hy het in 1890 naJohannesburg verhuis. In1896 het hy die Krugersdorpse Vrywilligerskorps gestig en saam met hulle dieJameson-invallers en ander swart kapteinskappe teengestaan. Hy is later 'n joernalis van Krugersdorp en Pretoria. Hy is verkies as volksraadlid van die ZAR virKrugersdorp en hetPaul Kruger teengestaan oor sy siening aangaande die uitlandergeskil. Hy is verkies as assistent-kommandantgeneraal van dieZAR tydens dieAnglo-Boereoorlog. Hy verwerf wêreldroem as militaris en beoefenaar vanguerilla-oorlogvoering. Na sy gevangeneming word hy verban naSt. Helena en na sy vertrek na die VSA in 1904 skei hy van Lenie Els en tree hy in 1905 in die huwelik met Myrtle Belle Dickason; die huwelik was kinderloos.

Tweede Vryheidsoorlog

[wysig |wysig bron]

Met die uitbreek van dieTweede Vryheidsoorlog het hy en sy korps eerstens diens gedoen in Natal, maar toe die front afbreek het hy hom aangesluit by die ander Boere om die opmars van die Britte naPretoria te stuit. Met die einde van die konvensionele fase van die oorlog het hy 'n mag aangevoer saamgestel uit mense van Johannesburg, Kugersdorp enBoksburg in die Noord- en Oos-Transvaal. Hy was uiters suksesvol en is in November 1900 as assistent kommandant-generaal aangestel, die naas hoogste rang in die boeremagte. Hy het bekend geraak na sy sukses byHelvetia. Hy is uiteindelik gevange geneem in 'n lokval op 25 Januarie 1902 opLydenburg. GeneraalChris Muller het hom as die aanvoerder van die Boeremagte opgevolg.

Vanaf Januarie tot Mei 1902 was hy 'n gevangene opSint Helena waartydens hy sy biografie "Mijne Herinneringen uit den Anglo-Boeren-Oorlog" (in Engels vertaal as "My Reminiscences of the Anglo-Boer War") geskryf het. Anders as die ander boeregeneraals was hy nie 'n grondeienaar nie en het hy gesukkel met sy terugkeer naSuid-Afrika. Hy het ook geweier om Britse burgerskap te aanvaar wat dit vir hom onmoontlik gemaak het om 'n openbare loopbaan te hê.

VSA

[wysig |wysig bron]

Viljoen het in 1904 na die VSA vertrek, saam met genl.Piet Cronjé (vanPaardeberg faam), om deel te neem aan dieSt. Louis wêreldskou waar hulle die sogenaamde "Boere-sirkus" - 'n uitbeelding van gevegte tydens die Anglo-Boere-oorlog - aangebied het. Na afloop van die skou het hy hom in dieVSA gevestig. Sy vrou Lenie (née Els) het egter geweier om Suid-Afrika te verlaat. Hulle is van mekaar geskei, maar hy het later weer getrou met 'n Amerikaanse dame, Myrtle Dickason. Hy is Amerikaanse burgerskap aangebied en het presidentTheodore Roosevelt in dieWithuis ontmoet. Hy het probeer om 'n boerenedersetting in die noorde vanMeksiko te stig, maar dit het misluk.

Sy ervaringe tydens die Anglo-Boere-oorlog het hy verwoord in sy boek "Mijne Herinneringen aan die Anglo-Boeren Oorlog", wat ook in verskeie tale vertaal is en beskou word as een van die mees realistiese weergawes van die ABO vanuit die Boere-oogpunt.

Daarna het hy teruggekeer na die VSA en hom gevestig naby La Mesa in die staatNieu-Meksiko. Hy het Amerikaanse burgerskap aanvaar en in plaaslike politiek betrokke geraak. Hy was betrokke tydens die onderhandelings van1912 inWashington D.C., waarna Nieu-Meksiko die 47ste staat van die VSA geword het. Tot en met sy aftrede in1913 was hy vir 'n kort rukkie die Konsul van die VSA inDuitsland asook die militêre adviseur vir die Meksikaanse rewolusionêr,Francisco Madero wat in 1913 in 'n teenrevolusie dood is. Hy is op14 Januarie1917 op sy plaas oorlede en in die Vrymesselaarsbegraafplaas in La Mesam NM begrawe.

Bronne

[wysig |wysig bron]
NormdataEdit this at Wikidata
Ontsluit van "https://af.wikipedia.org/w/index.php?title=Ben_Viljoen&oldid=2476454"
Kategorieë:
Versteekte kategorieë:

[8]ページ先頭

©2009-2025 Movatter.jp