Movatterモバイル変換


[0]ホーム

URL:


Gaan na inhoud
Wikipedia
Soek

Ben Schoeman

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Ben Schoeman
Ben Schoeman
Ben Schoeman het diekiesafdeling Fordsburg in 1938 gewen, maar verloor in 1943 nadat hy uit dieVerenigde Party bedank en by dieNasionale Party aangesluit het.

Minister van Vervoer
Ampstermyn
30 November1954 – 1974
Voorafgegaan deurPaul Sauer
Opgevolg deurLourens Muller

5de Leier van die Volksraad
Ampstermyn
1965 – 1974
Voorafgegaan deurPaul Sauer
Opgevolg deurNic Diederichs

Minister van Arbeid
Ampstermyn
4 Junie1948 – 30 November1954
Voorafgegaan deurColin Steyn
Opgevolg deurJan de Klerk

Lid van die Parlement
Ampstermyn
1938 – 1943

Persoonlike besonderhede
Gebore19 Januarie1905
Johannesburg,Transvaalkolonie
Sterf2 April1986
Suid-Afrika
Politieke partyNasionale Party (1948–1974)
Verenigde Party (1938–1943)

Barend Johannes "Ben" Schoeman[1] (19 Januarie 1905 – 2 April 1986) was 'nSuid-Afrikaanse politikus, 'n lid van die parlement (LP) vir dieVerenigde Party en later ook dieNasionale Party. Hy het van 1948 tot 1954 as die minister van arbeid en van 1954 tot 1974 as die minister van vervoer gedien.

Biografie

[wysig |wysig bron]
Schoeman (heel regs) poseer voor 'n stoomtrein waarop hy as stoker gewerk het.

Schoeman is op19 Januarie1905 inJohannesburg in dieBritse kolonie Transvaal gebore. Hy was die seun van die treindrywer Barend Jacobus Schoeman en Abelina Jacoba Schoeman (née Theunissen).[2] Nadat hy die hoërskool verlaat het, betree hy die spoorwegindustrie, waar hy as 'n drywer en stoker gewerk het.[3] Hy het deur die range gevorder en is 16 jaar later tot stasiemeester bevorder.

Voor sy toetrede tot die politiek was Schoeman 'n lid van die nasionalistiese en soms militanteAfrikaner organisasie dieOssewabrandwag.[4] Hy is per geleentheid selfs vir sy bedrywighede gearresteer.[5]

Politieke loopbaan

[wysig |wysig bron]
Die Suid-Afrikaanse kabinet in 1958. Voor: dr.Eben Dönges,Paul Sauer, dr.Hendrik Verwoerd, dr.E.G. Jansen, adv.C.R. Swart, adv.Eric Louw. Agter: J.J. Serfontein, M.D.C. de Wet, dr.A.J.R. van Rhijn, sen.Jan de Klerk, Ben Schoeman,P.K. le Roux, adv. F.C. Erasmus enTom Naudé.

Schoeman betree die politiek as 'n lid van dieVerenigde Party en word tydens dieSuid-Afrikaanse algemene verkiesing van 1938 as die LP virFordsburg verkies. Tydens dié verkiesing het hy 'n meerderheid van 1 127 stemme teenoor dieArbeidersparty se T.C. Robertson behaal.[6] Op 33-jarige ouderdom was Schoeman die jongste lid van dieVolksraad van Suid-Afrika.

Met die uitbreek van dieTweede Wêreldoorlog ondersteun Schoeman eerste ministerJ.B.M. Hertzog se posisie van neutraliteit. Toe Hertzog bedank en na dieNasionale Party oorskuif,[7] het hy dienooreenkomstig by die Nasionale Party aangesluit. Schoeman word in 1940 die hoof van die Nasionale Party aan die Witwatersrand en 'n lid van die party se uitvoerende komitee. Hy het Duitsland openlik in die oorlog gesteun, en sê in 1940: "Die toekoms van die Afrikanerdom is afhanklik van 'n Duitse oorwinning. Ons kan dit net sowel openlik sê, want dit is 'n feit".[8]

Na die moord op eerste ministerHendrik Verwoerd (in September 1966), is Schoeman wyd as die gunsteling beskou om die leisels oor die Nasionale Party en die land oor te neem. 'n Enkele dag voor die verkiesing onttrek hy egter aan die wedloop, om 'n oorwinning aan die enigste ander kandidaat,John Vorster, te verseker. In 'n onderhoud ná sy onttrekking, waarin dit voorkom of Schoeman gehuil het, kom dit aan die lig dat hy die besluit as gevolg van "skinderstories, selfs oor my vrou" geneem het.[9] In 2003 stel Terry Bell en Dumisa Buhle Ntsebeza in hul boek,Unfinished business: South Africa, Apartheid and Truth, voor dat Schoeman moontlik deur Vorster afgepers is, hoewel daar geen bewyse daarvoor is nie.[9]

Publikasies

[wysig |wysig bron]

Sien ook

[wysig |wysig bron]

Verwysings

[wysig |wysig bron]
  1. "Records of the Garment Workers Union" (in Engels).Johannesburg, Suid-Afrika: Die Biblioteek,Universiteit van die Witwatersrand. 2007.Geargiveer vanaf die oorspronklike op 19 September 2019. Besoek op20 November 2011.
  2. A. M. Van Schoor (1973).Die Nasionale boek. Edupress. p. 145.
  3. Holland, D.F. (1972).Steam Locomotives of the South African Railways, Volume 2: 1910–1955 (1st uitg.). Newton Abbott, Devon: David & Charles. p. 34.ISBN 978-0-7153-5427-8.
  4. South African Democracy Education Trust (SADET) (2004).The Road to Democracy in South Africa: 1960–1970.Kaapstad: Zebra Press. p. 9.ISBN 1-86872-906-0.[dooie skakel]
  5. Best, Roger B. (2000).The History of South Africa. Westport, Connecticut: Greenwood Publishing Group. p. 121.ISBN 0-313-30730-X.ISSN 1096-2905.
  6. Schoeman, B. M. (1977).Parlementêre verkiesings in Suid-Afrika, 1910–1976.Pretoria: Aktuele Publikasies.
  7. "Second World War and its impact, 1939–1948" (in Engels). South African History Online. Geargiveer vanafdie oorspronklike op 4 Maart 2016. Besoek op20 November 2011.
  8. Budlender, Geoff (15 April 1973)."Civil Rights and the University"(PDF) (2). Geargiveer vanafdie oorspronklike(PDF) op 26 September 2015. Besoek op23 Augustus 2015.{{cite journal}}:Cite journal requires|journal= (hulp)
  9. 9,09,1Bell, Terry; Ntsebeza, Dumisa Buhle (2003).Unfinished business: South Africa, Apartheid and Truth. London: Verso. p. 55.ISBN 1-85984-545-2.
NormdataEdit this at Wikidata
Ontsluit van "https://af.wikipedia.org/w/index.php?title=Ben_Schoeman&oldid=2511176"
Kategorieë:
Versteekte kategorieë:

[8]ページ先頭

©2009-2025 Movatter.jp