Nasa-Satellietbeeld van BelizeKaart van BelizeTopografiese kaart van Belize
Belize se naam is ontleen aan die oos-vloeiende Belize-rivier wat naby Belize-stad in die Karibiese See uitmond. Dié rivier is deur die Dominikaanse priester Fray José Delgado in 1677 "Río Balís" genoem, afgelei van dieMajaanse woordbelix ofbeliz vir "modderwater".[7]
Nes die heleYucatán-skiereiland is Belize deurMaja bevolk en het darem deel uitgemaak vanMeso-Amerika. DieSpaanseconquistadores het die skiereilandverower, maar weens 'n gebreek aan natuurlike hulpbronne die gebied nie by dieSpaanse Ryk ingelyf nie. Met die ondertekening van dieVrede van Parys in 1783 het Belize onder die invloed van dieKoninkryk van Groot-Brittanje gekom en toe die kolonie Brits-Honduras geword. Vervolgens is dit by dieBritse Ryk ingelyf, ondergeskik aan die Britse goewerneur vanJamaika. Nadat in 1961 die destydse hoofstad Belize-stad deur dieorkaan Hattie verwoes is, is in die sentrum van Brits-Honduras begin met die oprigting van 'n nuwe hoofstad wat op 1 Augustus 1970 as Belmopan amptelik gestig is en sedertdien as hoofstad dien.
Belize het 'n laagliggende, moerasagtige kusvlakte en lae berge in die suide. Die klimaat is tropies, warm en vogtig. Die reënseisoen is van Mei tot Desember.
Belize beskik oor 'n diverse bevolking, waarvan die meerderheid Mestizo (52,9%), gevolg deur Kreole (25,9%) enMaja-Indiane (11,3%). Die belangrikste tale sluit in Engels (62,9%), Spaans 56,6%,Kreools (44,6%) en Majaans (10,5%).[1]