Movatterモバイル変換


[0]ホーム

URL:


Gaan na inhoud
Wikipedia
Soek

België

Hierdie artikel is gekies as 'n voorbladartikel. Klik gerus hier vir meer inligting.
in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Koninkryk België
Koninkrijk België (Nederlands)
Royaume de Belgique (Frans)
Königreich Belgien (Duits)
Vlag van BelgiëLandswapen van België
VlagLandswapen
Nasionale leuse:
Nederlands:Eendracht maakt macht
Frans:L'union fait la force
Duits:Einigkeit macht stark
(Afrikaans: "Eendrag maak mag")
Volkslied:
Nederlands:De Brabançonne
Frans:La Brabançonne
Duits:Das Lied von Brabant
(Afrikaans: "Die Brabançonne")
Ligging van België
HoofstadBrussel

50°51′N4°21′O / 50.850°N 4.350°O /50.850; 4.350

Grootste stadBrussel
Amptelike taleNederlands,Frans,Duits
RegeringFederale parlementêre
grondwetlike monargie[1]
Filip
Bart De Wever
Onafhanklikheid
• Brabantse Rewolusie
• Verenigde Belgiese State
• Voorlopige regering
Verenigde Koninkryk
Belgiese Rewolusie
• Verklaar
• Erken
Federasie
• Huidige grondwet
vanNederland
17891790
1790
18141815
18151839
25 Augustus1830
4 Oktober1830
19 April1839
1970
24 Oktober2017
Oppervlakte
 - Totaal
 
 - Water (%)
 
30 689[2] km2  (136ste)
11 849 myl2
0,635% (2023)[2]
Bevolking
 - 2024-skatting
 - 2024-sensus
 -Digtheid
 
11 977 634[3] (81ste)
11 763 650[4]
383 / km2 (22ste)
992 / myl2
BBP (KKP)
 - Totaal
 - Per capita
2025-skatting

$889,833 miljard[5] (37ste)
$75 187[5](20ste)

BBP (nominaal)
 - Totaal
 - Per capita
2025-skatting

$689,364 miljard[5] (23ste)
$58 248[5](16de)

MOI (2022) 0,942[6] (12de)  – baie hoog
Gini (2024)24,7[7] – laag
GeldeenheidEuro (€) (EUR)
Tydsone
 -Somertyd
MET (UTC+1)
MEST (UTC+2)
Internet-TLD.be
Skakelkode+32
PortaalEuropa

België (Nederlands:België, [ˈbɛlɣijə],luister(hulp·inligting);Frans:Belgique, [bɛlʒik],luister(hulp·inligting);Duits:Belgien, [ˈbɛlɡi̯ən],luister(hulp·inligting)), amptelik dieKoninkryk België (Nederlands:Koninkrijk België;Frans:Royaume de Belgique;Duits:Königreich Belgien),[8] is 'nland inNoordwes-Europa begrens deurNederland,Duitsland,Luxemburg enFrankryk. België het 'n bevolking van amper 11,8 miljoen (in 2024) in 'n gebied meer as dertigduisend vierkante kilometer groot. België lê op 'n kulturele kruispad tussen dieGermaanseEuropa (met Nederlandssprekende mense in die noorde, dieVlaminge) en dieRomaanse Europa (met Franssprekende mense in die suide). Twee hooftale word in België gepraat: Nederlands – soms nieamptelikVlaams genoem – inVlaandere in die noorde; en Frans, inWallonië in die suide. Die hoofstad, dieBrusselse Hoofstedelike Gewes, is amptelik tweetalig, maar die meerderheid van die inwoners praat Frans. 'n Amptelik erkende minderheidDuitse sprekers is in die ooste gesetel.[9] Die linguistieke diversiteit lei gereeld tot politieke konflik, en word weerspieël in België se ingewikkelde regeringstelsel en politieke geskiedenis.

Nasa-satellietbeeld van België

België se naam is afgelei van die gebiede se eerste benoemde inwoners, dieBelgae, 'n groep van meestalKeltiese stamme, en van dieRomeinse provinsie in noordelikeGallië, wat asGallia Belgica bekendgestaan het. Geskiedkundig was België deel van dieLae Lande, wat ook Nederland en Luxemburg ingesluit het en 'n effens groter gebied as die huidigeBenelux-stategroep gedek het. Van die einde van dieMiddeleeue tot die sewentiende eeu, was dit 'n vooruitstrewende handel- en kultuurmiddelpunt. Van die sestiende eeu tot met onafhanklikheid in 1830 was België, op daardie stadium dieSuidelike Nederlande genoem, die terrein van talle veldslae tussen die Europese moondhede en is die "die vegkamp van Europa" genoem.

België was in 1951 'n stigterslid van dieEuropese Unie en huisves die hoofkantore daarvan, sowel as dié van ander belangrike internasionale organisasies, soos dieNAVO. België se strydmag is volledig in NAVO geïntegreer en neem aan internasionale vredesendings deel.[10]

Etimologie

[wysig |wysig bron]

VolgensJulius Caesar het dieBelgae die noordelikste deel vanGallië bewoon. Hulle het in 'n gebied geleef wat gestrek het vanParys tot by dieRyn en heelwat groter was as die huidige België. Caesar het eerder spesifiek dieLatynse woordBelgium gebruik om na 'n polities dominante deel van die gebied te verwys wat nou in Noord-Frankryk is.[11][12][13] Ná Caesar se veroweringe hetGallia Belgica die Latynse benaming geword vir 'n grootRomeinse provinsie wat die grootste deel van Noord-Gallië ingesluit het.

Geskiedenis

[wysig |wysig bron]
Staatskundige geskiedenis
van die Nederlande
Noordelike NederlandeSuidelike NederlandeHeilige Romeinse Ryk &
Duitse Bond
Goue vanOos-FranciëGoue vanWes-FranciëGoue van Oos-Francië

Gelre

Utrecht

Friesland

Groningen

Ommelanden

Vlaandere

Brabant

Heneg.-Holland

(e.a.)

Luik

Loon

Stavelot-Malmedy

Ravenstein

Horn

Thorn

Bouillon

Gronsveld

(e.a.)

1384
Boergondiese Nederlande
1482
Habsburgse Nederlande
1543
Sewentien Provinsies
(vanaf 1566in opstand)
1588
Republiek
die Sewe Verenigde Nederlande
1585
Spaanse Nederlande
1713
Oostenrykse Nederlande
1795
Bataafse Republiek
1794
Eerste Franse Republiek
1806
Koninkryk Holland
18101804
Eerste Franse Keiserryk
1813
Vorstendom die Nederlande
1814
Generaal-
Goewernement
1815
Verenigde Koninkryk
die Nederlande
1815
Groothertogdom Luxemburg

1830
Koninkryk die Nederlande


1830
Koninkryk België


1848 & 1867
Groothertogdom Luxemburg

Die Romeinse provinsieGallia Belgica
Karel die Grote se monogram
Kaart van Vlaandere in 1609
Episode van die Belgiese Rewolusie van 1830,Egide Charles Gustave Wappers (1834), in die Antieke Kunsmuseum, Brussel

Oor die afgelope twee millennia het die gebied beduidende demografiese, politiese en kulturele skommelings ondergaan. Die eerste goed gedokumenteerde bevolkingsbeweging was die verowering van die gebied deur dieRomeinse Republiek in die 1ste eeu v.C.

DieGermaanseFranke het in die vyfde eeu dieMerowingiese koninkryk gevestig wat in die 8ste eeu met Pepijn die Korte enKarel die Grote dieKarolingiese Ryk geword het. Tydens dieMiddeleeue is die Lae Lande verdeel in menige kleinfeodale state (Vlaandere, Brabant, Henegouwen, Holland, Luxemburg, ensovoorts). Meeste daarvan is in die loop van die 14de en 15de eeue deur die Boergondiese hertoë Filips die Stoute, Jan sonder Vrees enFilips die Goeie in die Boergondiese Nederlande verenig. Die state het 'n mate van selfbestuur in die 15de eeu bereik en is in die 16de eeu die Sewentien Provinsies genoem.

Die geskiedenis van België kan vanaf 1585 (val vanAntwerpen) onderskei word van die van Holland. 'nBurgeroorlog, dieTagtigjarige oorlog (1568–1648), het die Sewentien Provinsies in dieVerenigde Provinsies in die noorde en die Spaanse Suidelike Nederlande in die suide verdeel. Die suidelike provinsies is opeenvolgend deur dieSpaanse enOostenrykseHabsburgers oorheers.

Tot met onafhanklikheid was die Suidelike Nederlande gesog deur talle Franse veroweraars en was dit die teater vir meeste van die Frans-Spaanse en Frans-Oostenrykse oorloë tydens die 17de en 18de eeue. Na dieVeldtogte van die Franse Rewolusionêre Oorloë in 1794, is die Oostenrykse Nederlande – insluitend gebiede wat nooit onder Habsburgse beheer was nie, soos die Bisdom van Luik – deur Frankryk oorrompel, wat 'n einde gebring het aan die Oostenrykse heerskappy.

Die Franse oorheersing sou twintig jaar duur, vanaf 1794 tot 1814.Napoleon Bonaparte sou 'n kragtige verfransingspolitiek toepas en gedurende die tyd het Vlaandere vinnig verfrans. Franse amptenare, onderwysers, regters en advokate het die land binnegestroom, en Nederlands was verbode verklaar. Alle moontlike maatreëls is getref om Nederlands in Vlaandere uit te roei. Nederlands is uit die stadsbestuur, gereg en die leer verban. Daarby is die Nederlandse pers ook vervolg (Picard 1963:87). In die groot stedeGent, Antwerpen en Brussel, waar die stadsbesture Nederlands gebruik het, was verplig om slegs Frans te gebruik. Die hereniging van die Lae lande as dieVerenigde Koninkryk van die Nederlande het in 1814 plaasgevind.

Die moderne staat België ontstaan in 1830, toe Nederland se suidelike provinsies afstig. DieBelgiese Rewolusie van 1830 lei tot die vestiging van 'nonafhanklike,Rooms-Katolieke en neutrale België onder 'n voorlopige regering. Sedert die inhuldiging vanLeopold I van België as koning in 1831, is België 'n grondwetlike monargie en parlementêre demokrasie. Tussen onafhanklikheid en dieTweede Wêreldoorlog het die demokratiese stelsel ontwikkel van 'n oligargie gekenmerk deur twee hoofpartye, die Katolieke en die Liberale, tot 'n algemene stemregstelsel wat 'n derde party, die Belgiese Arbeidersparty insluit en 'n sterk rol vir die vakunies. Oorspronklik was Frans, wat die aangenome taal van die adelstand en diebourgeoisie was, die enigsteamptelike taal. Die land het sedertdien 'n tweetalige Nederlands-Franse stelsel ontwikkel.

Die Berlyn Konferensie van 1885 kom ooreen met die oorhandiging van dieKongo deur koning Leopold II as sy private besitting, die "Kongo-Vrystaat", aan die Belgiese staat. In 1908 is dit as 'n kolonie aan België gesedeer, hierna "Belgies-Kongo" genoem. België se neutraliteit is in 1914 tydens dieEerste Wêreldoorlog geskend toe dieDuitse Keiserryk België as deel van dieSchlieffen-plan ingeval het. Die voormalige Duitse kolonies Ruanda-Urundi – nou bekend asRwanda enBurundi – is in 1916 deur Belgies-Kongo beset. Die gebiede is in 1924 deur dieVolkebond aan België as mandaatgebiede toegeken. België is in 1940 weer tydens dieblitzkrieg-offensief deurNazi-Duitsland gedurende dieTweede Wêreldoorlog binnegeval. Belgies-Kongo het sy onafhanklikheid op 30 Julie 1960 tydens die Kongokrisis verkry en Ruanda-Urundi het in 1962 onafhanklik geword.

Na die Tweede Wêreldoorlog het België byNAVO aangesluit en het die land saam met Nederland en Luxemburg dieBenelux-nasiegroep gevorm. België was ook een van die stigterslede van dieEuropese Ekonomiese Gemeenskap. België huisves die hoofkantore van NAVO en 'n groot deel van die Europese Unie se instellings en administratiewe owerhede, insluitend die Europese Kommissie, die Raad van die Europese Unie en meeste van die sessies van die Europese Parlement. Gedurende die 20ste eeu, en in besonder sedert die Tweede Wêreldoorlog, is die geskiedenis al hoe meer oorheers deur die outonomie van sy twee hoof taalgemeenskappe. Die tydperk word gekenmerk deur 'n styging in tussen-gemeenskap spanning en die eenheid van die Belgiese staat is op die voorgrond.[14] Deur middel van grondwetlike hervorminge in die 1970's en 1980's, het regionalisering van die unitêre staat tot die daarstel van 'n drievlakstelsel van federalisme, linguistieke gemeenskap en streeksregerings gelei, 'n kompromis wat daarop gemik was omtaalspanning te minimaliseer. Deesdae hou die federale entiteite meer wetgewende mag as die nasionale tweekamerparlement.

Politiek

[wysig |wysig bron]
KoningFilip van België
Die Belgiese Parlement in Brussel
Die Koninklike paleis in Brussel
Die eerste ministerBart De Wever
Die Justisiepaleis in Brussel

België is 'n grondwetlike populêre monargie en parlementêre demokrasie wat ná die Tweede Wêreldoorlog ontwikkel het van 'n unitêre staat tot 'nfederasie. Die tweekamerparlement bestaan uit 'n senaat en 'n Kamer van Verteenwoordigers. Die eersgenoemde is 'n mengsel van direk verkose senior politici en verteenwoordigers van diegemeenskappe engeweste; terwyl laasgenoemde alle Belge agtien jaar en ouer in 'n proporsionele kiesstelsel verteenwoordig. België is een van die min lande met verpligte stemmery het en dus een van die hoogste verkiesingsdeelname ter wêreld het.[15]

Die federale regering, voorheen deur diekoning benoem, moet die vertroue van die Kamer van Verteenwoordigers hê. Dit word deur dieeerste minister gelei. Die aantal Nederlands- en Franssprekende ministers is gelyk soos vereis deur die Grondwet.[16] Die koning of koningin is diestaatshoof. Hy of sy het egter slegs beperkte prerogatiewe. Werklike mag is gevestig in die eerste minister en die verskillende regerings wat die land regeer. Die regstelsel is gegrond op siviele reg en het sy oorsprong in die Napoleontiese kode. Die appèlhof is een vlak laer as die Hof van Cassatie, 'n instelling gegrond op die FranseCour de cassation.

België se politieke instellings is kompleks; politieke mag is grootliks georganiseer ter ondersteuning van verteenwoordiging van die hooftaalgroepe. Sedert ongeveer 1970 het die belangrike nasionale Belgiese politieke partye verdeel in afsonderlike komponente wat hoofsaaklik die belange van die twee gemeenskappe verteenwoordig. Die belangrikste partye in elke gemeenskap behoort tot drie hoof politiese families: die regtervleuel Liberale, die sentristiese Christen Demokrate, en die linkervleuel Sosiaal-Demokrate. Ander belangrike jonger partye is die Groenpartye en, veral in Vlaandere, die nasionaliste en verregse partye. Politiek word beïnvloed deur drukgroepe, soos vakunies en sakebelange in die vorm van die Verbond van Belgiese Ondernemings (Frans:Fédération des Entreprises de Belgique; Nederlands:Verbond van Belgische Ondernemingen).

In 1999 het die eerste ministerGuy Verhofstadt van die VLD 'n ses-party Liberaal-Sosiaal-Demokrate-Groen koalisie, baie keer "die reënboog-regering" genoem. Dit was die eerste regering sonder die Christen-Demokrate sedert 1958.[17] In die 2003-verkiesings het Verhofstadt 'n tweede termyn in die amp gewen en 'n Liberaal-Sosiaal-Demokrate koalisie van vier partye gelei.[18]

'n Beduidende prestasie van die twee opeenvolgende Verhofstadt-regerings is die behaal van 'n begroting wat klop; België is een van slegs 'n paar lidlande van die EU wat dit kon regkry. Die beleid is in die 1990's onder druk van die Europese Raad deur opeenvolgende regerings toegepas. Die val van die vorige regering word hoofsaaklik toegeskryf aan die dioksienkrisis,[19] 'n groot voedselvergiftigingskandaal in 1999 wat gelei het tot die vestiging van die Belgiese Voedselagentskap.[20] Die voorval het uitgeloop op 'n ongewoon groot verteenwoordiging deur die Groenparty in die parlement, en groter klem op omgewingspolitiek in die eerste Verhofstadtregering. Een Groenbeleid het byvoorbeeld gelei tot die kernkraguitfaseringwetgewing, wat moontlik aangepas sal word. Die afwesigheid van Christen-Demokrate in die regering het dit vir Verhofstadt moontlik gemaak om sosiale aangeleenthede uit 'n meer liberale oogpunt aan te pak en om nuwe wetgewing oor die gebruik van sagte dwelms, gay huwelike en die genadedood deur te voer. Tydens die twee mees onlangse parlementsittings het die regering aktiewe diplomasie inAfrika aangemoedig,[21] militêre ingryping in die Irakontwapeningskrisis teëgestaan, en wetgewing aangaande oorlogsmisdade deurgevoer. Beide van Verhofstadt se termyne is gekenmerk deur dispute tussen die Belgiese gemeenskappe. Die hoofgeskilpunte is die nagtelike lugverkeer by Brussellughawe en die status van die verkiesingsdistrik Brussel-Halle-Vilvoorde.

Die huidige eerste minister isBart De Wever van dieNieu-Vlaamse Alliansie. Die huidige koning,Filip, het koningAlbert II op 21 Julie 2013 opgevolg.

Gemeenskappe, geweste en provinsies

[wysig |wysig bron]
Belgiese gemeenskappe:

   Vlaamse Gemeenskap / Nederlandse gebied

   Franse Gemeenskap / Franse gebied

   Duitse Gemeenskap / Duitse gebied

België is verdeel in driegemeenskappe, driegeweste en tienprovinsies.
Vlaamse Gemeenskap (Nederlandssprekend)
Vlaamse Gemeenskap
(Nederlandssprekend)
Franse Gemeenskap
Franse Gemeenskap
(Franssprekend)
Duitse Gemeenskap
Duitse Gemeenskap
(Duitssprekend)
Vlaamse Gewes
Vlaamse Gewes
Waalse Gewes
Waalse Gewes
Brusselse Hoofstedelike Gewes
Brusselse Hoofstedelike Gewes
Vlaamse provinsies
Vlaamse provinsies
Waalse provinsies
Waalse provinsies
Belgiese geweste

   Vlaamse Gewes / Nederlandse gebied

   Brusselse Hoofstedelike Gewes / tweetalige gebied

   Waalse Gewes / Franse en Duitse gebiede

Die land se grondwet is op 14 Julie 1993 aangepas om 'n unieke federale staat gegrond op drie vlakke:

  1. Die federale regering in Brussel.
  2. Die drietaalgemeenskappe:
  3. Die driegeweste (wat van die taalgemeenskappe verskil met betrekking tot die Duitse Gemeenskap en die Brusselse Hoofstedelike Gewes):

Konflikte tussen die liggame word deur die Arbitrasiehof besleg. Die reling maak voorsiening vir 'n kompromis wat verskillende kulture toelaat om vreedsaam met mekaar te lewe.

Die Vlaamse Gemeenskap het in 1980 met die Vlaamse Gewes saamgegaan om die regering vanVlaandere te vorm.[22] Die oorvleuelende grense van die geweste en gemeenskappe het twee noemenswaardige eienaardighede te weeg gebring: die Brusselse Hoofstedelike Gewes word ingesluit in beide die Vlaamse en Franse gemeenskappe, en die gebied van die Duitse Gemeenskap lê geheel en al in die Waalse Gewes (Wallonië). Die Vlaamse en Waalse geweste word verder onderverdeel in administratiewe entiteite, die provinsies.

Op die hoogste vlak van die drievlak-opstelling is die federale regering wat omsien na buitelandse sake, ontwikkelingsteun, verdediging, leër, polisie, ekonomiese bestuur,welsyn, maatskaplike sekuriteit, vervoer, energie, telekommunikasie en wetenskaplike navorsing, beperkte vermoëns in onderwys en kultuur, en die toesig van belasting deur streeksowerhede. Die federale regering beheer meer as 90 persent van alle belasting. Die gemeenskapregerings is verantwoordelik vir die bevordering van taal, kultuur en onderwys – hoofsaaklik in skole, biblioteke en teaters. Die derde vlak is die gewesregerings, wat hoofsaaklik grond- en eiendomverwante sake soos behuising, vervoer, ens. hanteer. Byvoorbeeld, vir die bou van 'n skool word die boupermit vir 'n skoolgebou in Brussel wat aan die openbare skoolstelsel behoort deur die gewesregering van Brussel toegeken. Die skool as 'n inrigting val onder die regulasies van die Vlaamse regering as die primêre onderrigtaal Nederlands is, maar onder die Franse gemeenskapregering as die primêre taal Frans is.

België het tienprovinsies, waarvan vyf in dieVlaamse Gewes en vyf in dieWaalse Gewes:

ProvinsieNederlandse NaamFranse naamDuitse naamHoofstadOppervlakte
(1 Januarie 2025)[2]
Bevolking
(1 Januarie 2024)[4]
BevolkingsdigtheidISO 3166-2:BE
[23]
Vlaandere
Antwerpen (provinsie)AntwerpenAnversAntwerpenAntwerpen2 856 km²1 907 000668/km²VAN
Oos-VlaandereOost-VlaanderenFlandre orientaleOstflandernGent3 027 km²1 592 000526/km²VOV
Vlaams-BrabantVlaams-BrabantBrabant flamandFlämisch-BrabantLeuven2 118 km²1 197 000565/km²VBR
LimburgLimburgLimbourgLimburgHasselt2 427 km²0 900 000371/km²VLI
Wes-VlaandereWest-VlaanderenFlandre occidentaleWestflandernBrugge3 197 km²1 226 000384/km²VWV
Waalse Gewes
HainautHenegouwenHainautHennegauMons3 813 km²1 360 000357/km²WHT
LuikLuikLiègeLüttichLuik3 857 km²1 119 000290/km²WLG
LuxemburgLuxemburgLuxembourgLuxemburgAarlen4 459 km²0 295 00066/km²WLX
NamurNamenNamurNamur (Namür)Namur3 675 km²0 504 000137/km²WNA
Waals-BrabantWaals-BrabantBrabant wallonWallonisch-BrabantWaver1 097 km²0 414 000377/km²WBR
Brusselse Hoofstedelike Gewes
Brusselse Hoofstedelike GewesBrussels Hoofdstedelijk GewestRégion de Bruxelles-CapitaleRegion Brüssel-HauptstadtBrussel162 km²1 250 0007 716/km²BBR
TotaalBelgiëBelgiqueBelgienBrussel30 689 km²11 764 000383/km²

Die Vlaamse Gewes bestaan uit 285, die Waalse Gewes uit 261 en die Brusselse Hoofstedelike Gewes uit 19 munisipaliteite, altesaam 565 munisipaliteite.

Geografie

[wysig |wysig bron]
Brussel,Antwerpen,Gent,Charleroi,Liège (Luik),Brugge enNamen is die sewe grootste stede van België
Landskap in dieHautes Fagnes in dieArdenne

België, met 'n oppervlakte van 30 689vierkante kilometer, het drie geografiese streke: die laagliggende kusvlakte in die noordweste, wat deel uitmaak van dieNoordseebekken, die sentrale plato met heuwels, en die bergagtigeArdenne-hooglande in die suidooste. Die kusvlakte bestaan hoofsaaklik uit sandduine en polders. Polders is drooggemaakte gebiede, naby seevlak of onder seevlak wat van die see herwin is, waarteen dit beskerm word metdyke of verder in die binneland, deur velde wat met kanale gedreineer word.

Die tweede geografiese streek, die sentrale plato, lê verder in die binneland. Dit is 'n golwende gebied wat geleidelik styg en baie vrugbare valleie het.

Die derde geografiese gebied, genaamd die Ardenne, is meer ru as die eerste twee. Dit is 'n digbeboste plato, baie rotsagtig en nie juis geskik vir boerdery nie, wat tot in die noorde van Frankryk strek. Dit is waar meeste van België se wild aangetref word. Daar is ook dele wat meer gebroke is met grotte.

België se hoogste punt, die Signal de Botrange in die Hoë Vene-gebergte, teen slegs 694 meter (2 277 voet) is in die gebied geleë.

Die klimaat is maritiem-gematig, met 'n beduidende neerslag in al die seisoene (Köppen klimaat klassifikasie:Cfb). Die gemiddelde temperatuur is 3 °C (37 °F) in Januarie, en 18°C (64°F) in Julie; die gemiddelde neerslag is 65 millimeter (2,6 duim) in Januarie, en 78 millimeter (3,1 duim) in Julie).[24] In die Ardenne neem die maritieme invloed geleidelik af, en hier word jaarliks meer as 120 dae met temperature benede vriespunt aangeteken.

Ekonomie

[wysig |wysig bron]

Oorsig

[wysig |wysig bron]
Staalvervaardiging langs die Maasrivier in Ougrée naby Luik

As 'n hoogs ontwikkelde markekonomie was België in 1961 een van 19 stigterslande van dieOESO, 'n groep van leidende geïndustrialiseerde westerse demokrasieë. Met 'n bevolking van sowat 11,5 miljoen en 'n geskatte bruto binnelandse produk (BBP) van €550 miljard in 2019 het België een van die hoogste BBP per capita ter wêreld. Die BBP-groei vir 2011 is op 2,5 persent gereken. Die openbare skuldlas, wat teen die einde van 2011 96,8 persent van die BBP beloop het, is nogtans relatief hoog.

As 'n digbevolkte land trek België voordeel uit sy geografiese ligging in een van die wêreld se mees geïndustrialiseerde streke. Dit was die eerste land op die Europese vasteland waar 'n nywerheidsomwenteling in die vroeë 19de eeu plaasgevind het. België het 'n uitstekendeinfrastruktuur van vervoergeriewe met seehawens, kanale, spoorweë en paaie ontwikkel om sy ekonomie met dié van sy buurlande te integreer. As een van die stigterslede van die destydse Europese Ekonomiese Gemeenskap (tans die Europese Unie) is België 'n groot voorstander van verdere ekonomiese integrasie in Europa.

Die land het 'n baie oop ekonomie waar in- en uitvoere min of meer gelykstaan aan die BBP. België is sodoende heeltemal afhanklik van die wêreldmark en trek naas sy ligging digby belangrike markte soos Duitsland, Frankryk, Nederland en dieVerenigde Koninkryk ook voordeel uit sy menslike hulpbronne van hoogs opgeleide, meertalige en produktiewe werknemers.

Die Belgiese nywerheidsektor steun veral op die verwerking en veredeling van ingevoerde grondstowwe en halfvervaardigde goedere wat dan as verwerkte goedere uitgevoer word. Behalwe vir steenkool, wat nie meer teen mededingende koste ontgin kan word nie, beskik die land nie oor noemenswaardige natuurlike hulpbronne nie. Nogtans is die meeste tradisionele nywerheidsektore in België se ekonomie verteenwoordig, waaronder staal- en tekstielvervaardiging, raffinaderye, chemiese nywerhede, voedselverwerking, farmaseutiese nywerhede, motorvervaardiging (Renault in Vilvoorde), elektroniese nywerhede en masjienbou. Ondanks die sterk nywerheidsektor het dienste 77,4% van die totale BBP in 2009 opgelewer. Dielandbousektor se aandeel het tot sowat een persent gedaal.

Ekonomiese ontwikkeling in die 20ste eeu

[wysig |wysig bron]
'n Houerterminaal in Antwerpen se seehawe

Sowat twee eeue lank, van die begin van die Belgiese nywerheidsomwenteling tot in die tyd van dieEerste Wêreldoorlog, was Franssprekende Wallonië die tegnologies mees gevorderde landsdeel waar swaar nywerhede uit die plaaslike mynbouaktiwiteite, veral die ontginning van steenkoolvoorrade, ontwikkel het. Vlaandere het daarenteen hoofsaaklik 'n landboustreek gebly.

Hierdie prentjie het eers in die tyd tussen die twee wêreldoorloë begin verander. Gedurende die Tweede Wêreldoorlog is België se nywerhede en infrastruktuur nouliks deur oorlogshandelinge geraak, om sodoende die basis vir 'n vinnige na-oorlogse ekonomiese groei te vorm waaruit veral Vlaandere voordeel kon trek. Hier het ligte nywerhede op groot skaal hoofsaaklik in die korridor tussen Brussel en Antwerpen ontstaan. In Antwerpen, die tweede grootste seehawe in Europa náRotterdam, is belangrike petrochemiese aanlegte gekonsentreer.

In dieselfde tydperk het Wallonië se tradisionele nywerhede soosstaalvervaardiging hul mededingendheid op die wêreldmark verloor. Aanvanklik is die uitwerkings van hierdie ekonomiese agteruitgang nog deur die algemene groei van die wêreldekonomie versag, maar uiteindelik het die sterk verhoging in energiepryse gedurende die oliekrisisse van 1973 en 1979 die ekonomie in 'n langdurige resessie gedompel. In die 1980's en 1990's het die ekonomiese sentrum van België geleidelik noordwaarts na Vlaandere begin verskuif.

Buitelandse beleggings

[wysig |wysig bron]

Die ekonomiese groei wat België in die 1960's ervaar het, het sterk op buitelandse beleggings gesteun. Veral Amerikaanse ondernemings het 'n sentrale rol by die uitbreiding van ligte en petrochemiese nywerhede in die 1960's en 1970's gespeel. Die Belgiese regering bevorder steeds buitelandse beleggings om die skepping van nuwe werkgeleenthede te verseker. Vlaandere, die Hoofstedelike Gewes van Brussel en Wallonië geniet intussen 'n groot mate van outonomie wat die werwing van beleggers betref.

Die kumulatiewe buitelandse beleggings het in 2009 $705 miljard beloop. Amerikaanse en ander buitelandse ondernemings in België verteenwoordig sowat 11% van alle werkgeleenthede (die Amerikaanse aandeel is 6%). Amerikaanse maatskappye het groot belange in die chemiese bedryf, motorvervaardiging, olieraffinaderye en farmaseutiese nywerhede. Industriële beleggings het uiteindelik ook 'n groot aantal Amerikaanse ondernemings uit die dienstesektor na België gelok, waaronder banke, regskantore, PR- en advertensiemaatskappye, rekeningkundige firma's en personeeladviseurs. Tans woon meer as 20 000 Amerikaanse deskundiges in België. Die Europese Unie se program om 'n geïntegreerde gemeenskaplike mark te skep, het vanaf 1989 die vestiging van talle Amerikaanse regsondernemings en advokate in Brussel bevorder.[25]

Buitelandse handel

[wysig |wysig bron]
Hyskrane in dieZeebrugge-hawe

Die Belgiese ekonomie is sterk gefokus op buitelandse handel, veral in hoë waardetoegevoegde goedere. Die belangrikste invoere is voedselprodukte, masjinerie, ongeslypte diamante, petroleum en petroleumprodukte, chemikalieë, klere en bybehore, en tekstiel. Die hoofuitvoere is motors en motoronderdele, voedsel en voedselprodukte, yster en staal, geslypte diamante, tekstiel, plastiek, petroleumprodukte, en nie-yster-metale. Sedert 1922 het België en Luxemburg 'n enkele handelsmark binne 'n aksyns- en monetêre unie – die België-Luxemburg Ekonomiese Unie. Die grootste handelsvennote is Duitsland, Nederland, Frankryk, die Verenigde Koninkryk,Italië, die Verenigde State en Spanje.

2010InvoereUitvoereGeldeenheid
Nederland50,728,0miljard €
Duitsland34,735,2miljard €
Frankryk26,834,8miljard €
Suid-Afrika8,39812,449miljard ZAR

Bronne: Suid-Afrikaanse Departement van Handel en Nywerheid[26] en die
Duitse Departement van Buitelandse Sake[27]

Monetêre beleid

[wysig |wysig bron]

Op 1 Mei 1998 het België een van die lidstate van die Europese Monetêre Unie geword. Op 1 Januarie 2002 het dieEuro die Belgiese frank (BFR) as geldeenheid en wettige betaalmiddel vervang.

Mannekrag en welsynstelsel

[wysig |wysig bron]

Die welsynstelsel, wat in die 1950's en 1960's gedurende 'n lang fase van ekonomiese groei en stabiliteit uitgebrei is, sluit werkloosheidversekering, kinderonderhoudstoelaes, pensioene vir invaliedes en ander toelaes in. Met die resessie in die 1970's het die welsynstelsel 'n groeiende finansiële las vir die ekonomie geword en tot begrotingstekorte gelei.

Die nasionale werkloosheidstatistieke versluier die verskille tussen Vlaandere en Wallonië. Die suidelike Franssprekende landsdeel ly hoofsaaklik aan strukturele werkloosheid, terwyl dit in Vlaandere eerder siklies van aard is.

Die nasionale werkloosheidsyfer het in November 2011 7,0% beloop. Die totale Belgiese mannekrag is 4,47 miljoen, waarvan 73% in die dienstesektor, 25% in die nywerheidssektor en 2% in die landbousektor werksaam is.

Demografie

[wysig |wysig bron]
Onze-Lieve-Vrouwekerk in Antwerpen

Diebevolkingsdigtheid (381 per vierkante kilometer in 2023) is een van die hoogstes in Europa, na Nederland en sommige klein lande soosMonaco. Die gebiede met die hoogste bevolkingsdigtheid is die Brussel-Antwerpen-Gent-Leuven agglomerate, ook bekend as die Vlaamse Diamant, sowel as belangrike stedelike sentra soosLiège (Luik),Charleroi,Kortryk (Courtrai),Brugge (Bruges),Hasselt enNamur (Namen). DieArdenne het die laagste digtheid. Teen 2023 het dieVlaamse Gewes 'n bevolking van omtrent 6 775 000 gehad, dieWaalse Gewes omtrent 3 682 000 en dieBrusselse Gewes omtrent 1 241 000.[28] Byna die hele bevolking is stedelik (97,3% in 1999).[29] Die belangrikste stede en hulle bevolking in 2023 isBrussel (194 000),Antwerpen (539 000),Gent (268 000),Charleroi (204 000),Luik (195 000) enBrugge (120 000).[28]

Dielaïque grondwet maak voorsiening vir geloofsvryheid, en die regering respekteer dit in die algemeen in praktyk. Volgens die2001 Opname en Studie van Geloof,[30] identifiseer omtrent 47% van die bevolking hulleself as behorende tot die Katolieke kerk. Volgens die syfers is dieMoslembevolking die tweede grootste geloofsgemeenskap teen 3,5%. Sedert onafhanklikheid het Katolisisme, met sterkvryedenke en veralvrymesselaarbewegings as teengewig, 'n belangrike rol gespeel in België se politieke lewe, in besonder deur die Christen vakunie (CSC/ACV) en die Christen Demokrate partye (CD&V, CDH).

Die oorgrote meerderheid van Belge is Vlaams enWaals. Saam verteenwoordig hulle 'n bietjie meer as 85%. Daar is baie ander Europese bevolkings wat 'n groot en groeiende deel vorm soosItaliaanse,Franse, enDuitse, wat ongeveer 11,1% beslaan. Arabiese immigrante, meestal uitMarokko enAlgerië, saam met immigrante uitTurkye tel sowat 3% van die totale bevolking.

98% van die volwasse bevolking is geletterd.[31] Onderwys is verpligtend van die ouderdom van ses tot 18, maar baie Belge hou aan studeer tot die ouderdom van omtrent 23. In 1999 het België teen 42% in verhouding die derde hoogste aantal 18–21-jariges onder die OESO-lande gehad wat vir na-sekondêre opvoeding geregistreer was.[32] Nogtans styg kommer in die afgelope aantal jare oor seker vorm van ongeletterdheid soos funksionele ongeletterdheid. In die tydperk 1994–98, ontbreek 18,4% van die bevolking funksionele geletterdheidvermoëens.[29] In 'n spieëlbeeld van die historiese politiese konflikte tussen die vryedenke en Katolieke segmente van die bevolking is die Belgiese onderwysstelsel verdeel in 'nlaïque tak wat deur die gemeenskappe, die provinsies en die munisipaliteite beheer word en 'n gesubsidieerde godsdienstige – meestal Katolieke – tak wat deur beide die gemeenskappe en die godsdienstige owerhede beheer word – gewoonlik die bisdomme. Daar moet daarop gelet word dat – ten minste vir die Katolieke skole – die godsdienstige owerhede baie beperkte mag oor die skole het.

Natuurlike bevolkingsaanwas

[wysig |wysig bron]
België se bevolkingsgroei (1948–2009)

Geboortekoers in 2014:[33]

StreekGeboortesGeboortekoers per 1 000 inwoners
Wallonië38 69010,8
Brussel18 51415,8
Vlaandere67 21110,5
België124 41511,1

Tale

[wysig |wysig bron]
Frans enNederlands is altwee amptelike tale van die HoofstadgewesBrussel en al die Brusselse munisipaliteite

Met die verowering van Antwerpen in 1585 is 'n politieke en kulturele proses ingelei waardeur die status van Nederlands in die Suidelike Nederlande beperk was tot sy rol as omgangstaal van die laer klasse van die bevolking, terwyl die hoogs opgeleide bourgeoisie die voorkeur aan die wêreldtaal Frans gegee het. Alhoewel die Vlaminge reeds in 1830, die jaar waarin die huidige Koninkryk België as 'n selfstandige staat gestig is, die meerderheid gevorm het, het hulle vanweë die sterk verfransing van die openbare politieke en kulturele lewe tot by die 19de en 20ste eeu 'n sosiologiese minderheid gebly. Frans is in 1830 ook tot die amptelike taal van België verklaar.

As 'n literêre taal was Suid-Nederlands, wat uit die Vlaams-Brabantse skryftaal van die 16de eeu ontwikkel het, slegs gebruiklik vir minder hoogstaande genres soos die volksliteratuur en het naas plaaslike dialekte veral onder die sterk invloed van die Franse kultuurtaal gekom, waardeur sy woordeskat en sinsbou duidelik van dié van Noord-Nederlands, die amptelike taal van Nederland, verskil het.

Vanaf omtrent 1850 het egter 'n nuwe literêre taal begin ontwikkel wat Noord-Nederlands as sy voorbeeld geneem het, en dit het van 'n onvolkome Vlaamse streeksvariant gedurende die 20ste eeu uiteindelik tot 'n gelykwaardige Nederlands verander, wat behalwe vir klein leksikale en sintaktiese verskille grootliks met die taal van Nederland ooreenkom.

Vandag is omtrent 60% van die land Nederlandssprekend, 40% Franssprekend en 1% Duitssprekend. Brussel is amptelik Frans-Nederlands tweetalig, maar meestal Franssprekend; dit het van 'n Nederlandsprekende plek ontwikkel tot 'n tans oorheersend Franse karakter.

Beide die Nederlands wat in België gepraat word en die BelgieseFrans verskil effens inwoordeskat en semantiese klem van die variëteite wat in Frankryk en Nederland gepraat word. Baie mense praat nog steedsdialekte van Vlaams en Waals. Die dialekte, saam met ander soosPikardies ofLimburgs,[31] word nie in die openbare lewe gebruik nie.

Sport

[wysig |wysig bron]
Kim Clijsters tydens de Acura Classic in 2006
DieBelgiese nasionale sokkerspan in 2011
Duitsland speel teenBelgië op 29 April 2006 inHannover,Duitsland

Sedert die 1970's wordsportklubs en -federasies in België deur die Taalgemeenskappe apart georganiseer.[34]Sokker is die gewildste sportsoort in albei dele van België;fietsry,tennis,swem,judo[35] enbasketbal is ook gewild.[36] Onder die bekende fietsryers het Eddy Merckx dieTour de France vyf keer gewen en Tom Boonen een keer. België het ook twee huidige vroue-tenniskampioene:Kim Clijsters en Justine Henin. 'n Ander bekende voormalige Belgiese atleet isJacques Rogge, die agste President van dieInternasionale Olimpiese Komitee tussen 2001 en 2013.

DieBelgiese nasionale sokkerspan staan bekend as die "Rooi Duiwels". Hulle het alreeds 14 keer aan dieFIFASokker-Wêreldbeker deelgeneem en tydens dieFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2018 hul beste prestasie opgelewer en die derde plek bereik. België kon sewe keer vir dieUEFA Europa-beker kwalifiseer en het tydens dié toernooi van 1980 as naaswenner geëindig. België se hoogste sokkerliga is dieEerste klasse, gevolg deur dieTweede klasse.

Rugby word ook in België gespeel, maar dieBelgiese nasionale rugbyspan kon tot dusver nog nie vir 'nrugbywêreldbekertoernooi kwalifiseer nie. Hulle ding in dieEuropese Rugbykampioenskap met ander opkomende rugbyspanne mee.

België het al verskeie groot sportgeleenthede soos dieOlimpiese Somerspele 1920, die UEFA Europa-beker in 1972 en die UEFA Europa-beker in 2000 (saam met Nederland) gehuisves. Sedert 1925 word dieBelgiese Grand Prix op dieCircuit de Spa-Francorchamps aangebied.

Kultuur

[wysig |wysig bron]
Belgiese sjokolade
Fosses-La-Ville, Sint Brigide kapel (VIII-Xde eeu) – voorbeeld van Romaanse argitektuur in België
Elsene (Brussel), Rue Defaqz, balkon van die huis Ciamberlani (1897 – Argitek: Paul Hankar – voorbeeld vanArt Nouveau-argitektuur in België

Die Belgiese kultuurlewe neig om binne elkeen van die gemeenskappe gefokus te wees. Gedeelte elemente is minder belangrik aangesien daar geen tweetalige universiteite is nie, behalwe die koninklike militêre akademie, geen gemene media, en geen enkele groot gemene kulturele of wetenskaplike organisasie waar beide hoofgemeenskappe verteenwoordig is nie. België is wel bekend vir die land se skone kunste en argitektuur.

Die gebied wat ooreenkom met vandag se België het die vooruitgang van belangrike kunsbewegings wat 'n reuse invloed op Europese kuns gehad het ondervind. Die Mosankuns, die vroeë Nederlandse skilderkuns, die VlaamseRenaissance- en Barokskilderkuns, en belangrike voorbeelde van Romaanse,Gotiese, Renaissance- en Barokargitektuur, en die Vlaamse polifonie het in die suidelike deel van die Lae Lande ontwikkel en is mylpale in kunsgeskiedenis.

Die ryk kuns-uitset, baie keer in geheel na verwys as Vlaamse kuns, het in die tweede helfte van die 17de eeu geleidelik agteruitgegaan. Baie oorspronklike kunstenaars het egter gedurende die 19de- en 20ste eeue te voorskyn gekom. In musiek het Adolphe Sax die saxofoon in 1846 uitgevind. Eugène Ysaÿe was 'n belangrike 19de- en 20ste eeuse Belgiese violis. In argitektuur was Victor Horta 'n belangrike inisieerder van dieArt Nouveau-styl. België het beroemde vorms vanromantieke, ekspressionistiese en surrealistiese skilders opgelewer; dit sluit Egide Wappers,James Ensor, Constant Permeke en René Magritte in. Op 8 November 1948 het die Belgiese skrywers Christian Dotremont en Joseph Noiret die stigting van die vereniging van skilders en literatore genaamd "CoBrA", na die naam van die 3 nasionale hoofstede van die lande waaruit die aanvanklik betrokke kunstenaars kom:Copenhagen,Brussel,Amsterdam) gelei. Dotremont en Noiret het later ook die skrywers Marcel Havrenne en Hugo Claus en die skilders Pol Bury, Pierre Alechinsky, Louis Van Lint, die etnoloog Luc de Heusch en die musikant Jacques Calonne in Brussel by die beweging betrek.

In letterkunde het België verskeie bekende outeurs opgelewer soos die digters Emile Verhaeren, Guido Gezelle, Herman de Coninck, Myriam Vanhee, Tom Lannoye,Jacques Brel en roman skrywer Hendrik Conscience, Willem Elsschot en Georges Simenon. Die digter en toneelskrywer Maurice Maeterlinck het dieNobelprys vir Letterkunde in 1911 ontvang. Die bekendste Frans-Belgiese strokiesverhale isDie avonture van Kuifie deurHergé maar baie ander belangrike outeurs van strokiesverhale is Belgies, insluitend Edgar P. Jacobs, Marc Sleen, Willy Vandersteen en André Franquin.

Meer onlangs het vername filmregisseurs verskyn, meeste van hulle sterk beïnvloed deur Franse filmkuns. Die gebrek aan 'n groot Belgiese filmmaatskappy het hulle gedwing om te emigreer of in lae-begroting produksies deel te neem. Belgiese regisseurs sluit Stijn Coninx, Luc en Jean-Pierre Dardenne in; akteurs sluit Jan Decleir, Veerle Baetens en Marie Gillain in. Films sluit inMan Bites Dog enThe Alzheimer Affair. In die 1980's het Antwerpen se Koninklike Akademie van die Skone Kunste belangrike mode toonaangewers, die Antwerpse Ses opgelewer.

België het ook bygedra tot die ontwikkeling van wetenskap en tegnologie. Diewiskundige Simon Stevin, dieanatomis Andreas Vesalius en diekartograaf Gerardus Mercator is onder die meer invloedryke wetenskaplikes uit die begin van die VroeëModernisme in die Lae Lande. Meer onlangs, teen die einde van die 19de eeu, in toegepaste wetenskap, het die chemikus Ernest Solvay en die ingenieur Zenobe Gramme die Solvayproses en die Grammedinamo uitgevind. Georges Lemaître is 'n beroemde Belgiese kosmoloog aan wie die voorstel van dieoerknalteorie van die begin van die heelal in 1927 toegeskryf word. DrieNobelpryse vir Fisiologie of Geneeskunde is aan Belge toegeken: Jules Bordet in 1919, Corneille Heymans in 1938 en Albert Claude en Christian De Duve in 1974. Ilya Prigogine is in 1977 dieNobelprys vir Chemie toegeken.

Op 1 Desember 2005 is Vader Damien deur die Vlaminge as die Grootste Belg van alle tye gekies terwyl dieWaleJacques Brel gekies het.

'n Mens kan nie België se kultuurlewe verstaan sonder om die volksfeeste in ag te neem nie. Voorbeelde sluit die Karnaval van Binche, die Ducasse van Ath, die optog van die Heilige Bloed in Brugge, die 15de-Augustusfees in Liège, en die Waalse fees in Namur in. 'n Belangrike nieamptelike feesdag is Sint Nicholasdag op 6 Desember, wat die fees vir kinders herdenk en in Liège van die studente.

Baie hoogsaangeskrewe restaurante kan in hoë-impak gastronomiese gidse soos die Michelingids aangetref word. Belgiese sjokolade handelsmerke soos Neuhaus, is wêreldbekend en word wyd verkoop; selfs die goedkoopste en gewildste handelsmerk, Leonidas, het 'n reputasie verwerf vir hulle kwaliteit.

België produseer meer as 500 bier (alebiere, pils) variëteite). Belge het 'n reputasie vir 'n voorliefde vir wafels enpommes frites (Belgiese aartappelskyfies), beide oorspronklik uit België; die nasionale kos is biefstuk of mossels met skyfies.

Sien ook

[wysig |wysig bron]

Verwysings

[wysig |wysig bron]
  1. (en)"Belgium".Central Intelligence Agency. Besoek op3 Februarie 2025.
  2. 2,02,12,2(nl)"Bodemgebruik". Statistiek België. Besoek op3 Februarie 2025.
  3. (en)"Belgium".Central Intelligence Agency. Besoek op3 Februarie 2025.
  4. 4,04,1(nl)"Structuur van de bevolking". Statistiek België. Besoek op4 Junie 2024.
  5. 5,05,15,25,3(en)"Belgium".Internasionale Monetêre Fonds. Oktober 2024. Besoek op3 Februarie 2025.
  6. (en)"Human Development Report 2023/2024"(PDF). United Nations Development Programme. 13 Maart 2024. Besoek op3 Februarie 2025.
  7. (en)"Gini coefficient of equivalised disposable income – EU-SILC survey". Eurostat. Besoek op3 Februarie 2025.
  8. In die minderheidstale van België:Limburgs:Keuninkriek Belsj,Luxemburgs:Kinnekräich Belsch,Pikardies:Roéyôme d'Bergike,Wallonies:Royåme di Beldjike,Wes-Vlaams:Keunienkryk België.
  9. (de)"Die Deutschsprachige Gemeinschaft in Belgien". Die Deutschsprachige Gemeinschaft in Belgien.Geargiveer vanaf die oorspronklike op 2 September 2019. Besoek op1 Oktober 2020.
  10. HAT Taal-en-feitegids, Pearson, Desember 2013,ISBN 978-1-77578-243-8
  11. (en)Julius Caesar."Gallic War, 8.46".
  12. (en)Edith Wightman (1985).Gallia Belgica. p. 12.ISBN 978-0-520-05297-0.
  13. (en)González Villaescusa, Jacquemin (2011). "Gallia Belgica: An Entity with No National Claim".Études rurales.2 (2):93–111.doi:10.4000/etudesrurales.9499.ISSN 0014-2182.
  14. (en)Taaldispuut verdeel België, BBC Nuus, 13 Mei 2005
  15. (en) Election turnout in national lower house elections from 1960 to 1995, numbers from Mark N. Franklin's "Electoral Participation."
  16. (en)Constitution of BelgiumGeargiveer 3 April 2010 opWayback Machine Art. 99
  17. (en)Belgium's "rainbow" coalition sworn in, BBC News, 12 Julie 1999
  18. (fr)Composition of the Chamber of Representatives, on the official homepage of the Chamber
  19. (en)Dioxin contamination scandal hits Belgium: Effects spread through European Union and beyond, World Socialist Web Site, 8 Junie 1999
  20. (en)History of the Federal Food Agency, at its official homepageGeargiveer 21 Augustus 2004 opWayback Machine
  21. (en)The Rwanda article at Tiscali.References shows an example of Belgium's recent African policies.
  22. (nl)The official homepage of Flanders (Community and Region)
  23. (en)"BE – Belgium". ISO. Besoek op5 April 2022.
  24. (en)Eurometeo: The meteo at Brussels
  25. (en)U.S. Department of State – Background Note: Belgium
  26. (en)thedti.gov.za: Suid-Afrikaanse handel volgens landeGeargiveer 14 April 2012 opWayback Machine
  27. (de)Belgien – WirtschaftGeargiveer 7 Desember 2012 opWayback Machine
  28. 28,028,1(de)(en)(fr)(nl)Official statistics of Belgium
  29. 29,029,1(en)United Nation Development ProgrammeGeargiveer 14 November 2007 opWayback Machine
  30. (en)International Religious Freedom Report 2004 at the US Department of State
  31. 31,031,1(en)Ethnologue.com published by SIL International
  32. (en)Digest of Education Satistics 2003, US National Education StatisticsGeargiveer 11 September 2005 opWayback Machine
  33. (fr)IWEPS Institut wallon de l'évaluation, de la prospective et de la statistique – Taux de natalité. Besoek op 29 Mei 2016
  34. (en)Task, Marijke; Renson, Roland; van Reusel, Bart (1999). Klaus Heinemann (red.).Organised sport in transition: development, structures and trends of sports clubs in Belgium. Schattauer Verlag. pp. 183–229.ISBN 3-7945-2038-6.{{cite book}}:|work= ignored (hulp)
  35. (en)Wingfield, George (2008). Charles F. Gritzner (red.).Belgium. Infobase Publishing. pp. 94–95.ISBN 978-0-7910-9670-3.
  36. (en)Hendricks, Kelly (20 Junie 2014)."Belgium's 10 most popular sports".The Bulletin.Geargiveer vanaf die oorspronklike op 10 September 2018. Besoek op1 Oktober 2020.

Bronnelys

[wysig |wysig bron]
Algemeen

Geskiedenis

Taal

Eksterne skakels

[wysig |wysig bron]
Wikimedia Commons bevat media in verband metBelgië.
SienBelgië in Wiktionary, die vrye woordeboek.
Amptelike webwerwe

Vlag van Verenigde Koninkryk Verenigde KoninkrykNoordseeVlag van Nederland NederlandVlag van Nederland Nederland
NoordseeVlag van Frankryk FrankrykVlag van Duitsland Duitsland
  Vlag van België België    
Vlag van Frankryk FrankrykVlag van Frankryk FrankrykVlag van Luxemburg Luxemburg
Lande en gebiede inEuropa
Onafhanklike lande
Omstrede gebiede
Afhanklike gebiede
Finland
Koninkryk van Denemarke
Noorweë
Portugal
Verenigde Koninkryk
Lande van
1. Landdeels inAsië. 2. Geografies inAsië, maar gereeld beskou as deel vanEuropa a.g.v. kulturele en historiese oorwegings. 3. Aangedui as dieKanaaleilande.
Internasionaal
Nasionaal
Geografies
Akademie
Kunstenaars
Mense
Ander

Ontsluit van "https://af.wikipedia.org/w/index.php?title=België&oldid=2850433"
Kategorie:
Versteekte kategorieë:

[8]ページ先頭

©2009-2025 Movatter.jp