Be'er Sheva (ook welBeersheba enBeër Sjeva),Hebreeus: באר שבע ,Arabies: بئر السبع , is 'nIsraelse stad en die hoofstad van dieSuidelike distrik met 'n bevolking van sowat 209 687 in 2020.
Die metropolitaanse gebied van Be'er Sheva is die vierde van Israel en het 'n bevolking van sowat 377 000 in 2017 gehad.
Die stad lê in dieNegev-woestyn en word ook wel die 'hoofstad van die Negev' genoem.
Die nuwe Be'er Sheva is in 1900 gestig maar die ou stad het al in die tyd van dieOu Testament bestaan.
Be'er Sheva herberg dieBen-Gurion Universiteit van die Negev en is 'n sentrum van Israel sehoë-tegnologie nywerheid.