Basel (Duits:Basel, [ˈbaːzl̩],luister(hulp·inligting);Frans:Bâle, [bɑl];Italiaans:Basilea, [baziˈlɛːa];Romansch:Basilea, [baziˈleːɐ],luister(hulp·inligting);Latyn:Basilia,luister(hulp·inligting);Engels:Basel ofBasle;Nederlands:Bazel) is die derde grootse stad inSwitserland naasZürich enGenève met 'n bevolking van byna 174 000 (2020). Die drielandestad lê in die noordweste van die land, aan die grens metDuitsland (die stadWeil am Rhein) enFrankryk (die nedersettingsSaint-Louis enHuningue). DieRynrivier vloei deur die stad.[1]
Kaart van Basel met die drielandepunt Duitsland, Frankryk en SwitserlandIn die stad word 'n vorm van dieNederalemanniese Duitsedialek gepraat, dieBaselduitse subdialek wat verwant is aan die nabygeleëElsasser Duitse subdialek maar verder 'n taalenklawe vorm in dieHoogalemanniese Duitse dialekgebied.
In1529 het dieReformasie ingang in Basel gevind. Later, in1897, het Basel danksy die inisiatief van dieOostenrykse joernalisTheodor Herzl as gasheerstad van die eersteSionistiese Wêreldkongres opgetree wat vir die stigting van 'nJoodse staat inPalestina gepleit het. Dit was een van die gasheerstede tydens dieFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1954.