Bas is die buitenste omhulsel van die takke en stamme van houtagtigeplante soosbome. Die doel van die bas is om die plant teen aanslae van buite te beskerm. Die bas van verskillende plante kan dramaties verskil: dit kan in 'n verskeidenheid vankleure voorkom, en die tekstuur kan wissel van grof tot glad.
Een van die gebruike van bas is die vervaardiging van kurk. Kurk is afkomstig van die kurkboom (Qurecus suber) wat in die Mediterreense gebied groei en oorspronklik vanPortugal afkomstig is. Kurk is elasties en 'n uitstekende termiese en akoestiese isoleerder wat byna ondeurdringbaar is en ook teentemperatuurskommelings bestand is.[1]