Die Barbie-mosaïek van Hans van Houwelingen op Mooierplein inAmersfoort.
Barbie (handelsnaam) is 'n gewildepop in die vorm van ’n slanke jongmeisie met ’n groot verskeidenheidmodieuseklere.[1] Die poppe word deur die Amerikaanse speelgoedfabrikant Mattel vervaardig. Die eerste Barbie-poppe (die "Barbie Ponytail") is in Maart 1959 vrygestel. Dogtertjies kon tussen die blonde en brunet-weergawes kies.
Ruth Handler, een van die stigters van Mattel, het gesien hoe haar dogter Barbara met papier-aantrekpoppe speel. Dit gee haar die idee om so 'n pop in 3D te maak. Sy reis in 1956 deurSwitserland, waar sy die die pop Lilli raakloop, wat deur 'n Duitse vervaardiger gemaak is. Mattel het besluit om die regte te koop, en 'n soortgelyke pop in dieVerenigde State van Amerika te bemark.
Die modeontwerper Charlotte Johnson het die eerstekleertjies vir die pop gemaak. Die pop het die naam Barbie gekry, genoem na die troetelnaam van Handler se dogter, omdat sy die inspirasie vir die pop was. Barbie se volle naam is Barbara Millicent Roberts (na die reklame-agentskapCarson and Roberts wat destyds 'n groot rol in die bevordering van Barbie gespeel het).
Barbie se "geboortedatum" is 9 Maart 1959. Op hierdie dag is die poppe aan kopers by die "Toy Fair" van 1959 bekendgestel. In dieselfde jaar is met massaproduksie begin.
Barbie se manlike ekwivalent, Ken, so vernoem na Kenneth (Ruth Handler se seun), het twee jaar later die lig gesien. Die Afro-Amerikaanse pop Christie het in 1968 gevolg, en in 1997 is Becky vrygestel, wat in 'n rolstoel sit.