DieBandeirantes wasBrasiliaanse koloniale verkenners (letterlik vlagplanters) wat deelgeneem het aan die "Bandeiras" wat ontdekkingstogte en landbesetting (letterlik vlagplanting) in die Brasiliaanse binneland was. Deur hierdie vlagplantingsreise word die klein Portugese gebied, wat begrens was deur die gebied bepaal met dieVerdrag van Tordesillas, uitgebrei tot rofweg die huidige Brasilië se grondgebied. Tydens hierdie ontdekkings- en veroweringstogte word ook die binneland se minerale rykdom ontdek, wat bydrae totPortugal se rykdom in die 17de en 18de eeue.