Movatterモバイル変換


[0]ホーム

URL:


Gaan na inhoud
Wikipedia
Soek

Bab-el-Mandeb

Koördinate:12°35′N43°20′O / 12.583°N 43.333°O /12.583; 43.333
in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Bab-el-Mandeb

Nasa-Satellietbeeld van die Bab-el-Mandeb

Ligging van die Bab-el-Mandeb
Koördinate:12°35′N43°20′O / 12.583°N 43.333°O /12.583; 43.333
Ligging:Djiboeti,Eritrea,Jemen
Soort:Seestraat van dieIndiese Oseaan
Gemiddelde diepte:186 meter (609 voet)
Lengte:130 km (80 myl)
Breedte:40 km (25 myl)
Invloei:Rooisee
Uitvloei:Golf van Aden
Eiland/e:Sawabi-eilande, Doumeira,Perim

DieBab-el-Mandeb (Arabies: باب المندب; letterlik: "Poort van Trane") is 'nseestraat tussenJemen op dieArabiese Skiereiland enDjiboeti asookEritrea aan dieHoring van Afrika. Dit verbind dieRooisee met dieGolf van Aden. Die Bab-el-Mandeb vorm sedert die opening van dieSuezkanaal in 1869 'n belangrike roete tussen dieMiddellandse See en dieIndiese Oseaan en dus tussenEuropa enAsië.

Kaart van die Bab-el-Mandeb

Die Bab-el-Mandeb vorm die nouste punt tussenWes-Asië enOos-Afrika en word deur die eilandPerim in twee waterweë verdeel. Naby Djiboeti se kus is die onbewoonde Sawabi-eilande geleë. Daar is talleKoraalriwwe in dié seestraat.

'n Maatskappy in besit van Tarek bin Laden,Osama bin Laden se halfbroer, beplan die bou van 'n brug oor die Bab-el-Mandeb, om die streek se ekonomie te bevorder en Oos-AfrikaanseMoslems tydens diehadj 'n beter toegang tot dieIslam se heilige plekke inMekka enMedina te gee. Maar daar word ook vermoed dat vlugtelinge uitSomalië hierdie roete ná Europa sal neem enAl-Kaïda asook dieIslamitiese Staat se terroriste Oos-Afrika makliker kan bereik.

Eksterne skakels

[wysig |wysig bron]
Hierdie artikel is ’nsaadjie. Voel vry om Wikipedia te help deur dituit te brei.
Internasionaal
Nasionaal
Ander
Ontsluit van "https://af.wikipedia.org/w/index.php?title=Bab-el-Mandeb&oldid=2389850"
Kategorieë:
Versteekte kategorieë:

[8]ページ先頭

©2009-2025 Movatter.jp