Die term "BRIC" is oorspronklik deur die Amerikaanse Beleggingsbank- en sekuriteitsverhandelingsmaatskappyGoldman Sachs omtrent einde 2001 vir die groot opkomende markte met 'n jaarlikse ekonomiese groei tussen vyf en tien persent, naamlik Brasilië, Rusland, Indië en die Volksrepubliek China, gebruik.[1] Sedert 2009 vergader die vier lande jaarliks vir ekonomiese en politieke ooreenkomste,[2] sedert 2010 is Suid-Afrika 'n volle lid van die BRICS.[3]
Die BRICS is weens hul groeiende ekonomie, groot bevolkings, grootoppervlaktes en ryk hulpbronne baie belangrik vir die wêreldekonomie. Rusland is met 'n oppervlakte van 17098246km² by verre die grootste land ter wêreld, die Volksrepubliek China is met 'n bevolking van 1403500365 in 2016 die wêreld se mees bevolkte land, gevolg deur Indië se 1324171354 in 2016. Brasilië is volgens oppervlakte sowel bevolking die wêreld se vyfde grootste land.
Die doelwitte van die BRICS-lande sluit in die wedersydse ondersteuning in ekonomiese en politiese kwessies asook die oprigting van eie internasionale instellings vir wedersydse beleggings, soos die Nuwe Ontwikkelingsbank.
Sedert die middel-2010's word die ekonomieë van die vyf BRICS-lede deur krisisse en dalende groei gekenmerk. As gevolg van dieKrim-anneksasie deur Rusland is die Russiese ekonomie deur dieEuropese Unie en dieVerenigde State aan sanksies onderwerp. Brasilië en Suid-Afrika moet met wydverspreidekorrupsie en min ekonomiese groei veg. Net die Volksrepubliek China en Indië toon sedert baie jare 'n konstante ekonomiese groei van meer as vyf persent per jaar.
Die doel van hierdie uitbreiding word voorgehou as deel van die plan om 'n "multipolêre" wêreldorde te bou wat gewig gee aan tot dusver gedempte stemme van dieGlobale Suide en hulle na die sentrum van die wêreldagenda te bring.[6] Op 30 Desember 2023 het die nuwe Argentynse regering egter aan dié land se aansoekproses onttrek en die uitnodiging vir aansluiting van die hand gewys.[7] Saoedi-Arabië het ook nie op 1 Januarie 2024 amptelik by BRICS aangesluit nie.[8]
Ooreenkomste vir die Nuwe Ontwikkelingsbank en die Voorwaardelike Reserweraad onderteken. Gaste: Leiers van dieUnie van Suid-Amerikaanse Nasies (UNASUR)[11][12]
Ses lande, naamlikArgentinië,Egipte,Ethiopië,Iran,Saoedi-Arabië en dieVerenigde Arabiese Emirate word genooi om in Januarie 2024 ook lede van BRICS te word. Op 29 Desember 2023 het die regering van Argentinië 'n brief aan alle BRICS-leiers gestuur waarin hulle die uitnodiging om by die blok aan te sluit amptelik van die hand gewys het.[14] Saoedi-Arabië het nog nie sy aanvaarding van lidmaatskap bevestig nie.[15]
1 – Amptelik aansoek gedoen om lidmaatskap 2 – Amptelik genooi om as 'n lidstaat aan te sluit, maar moet nog 'n formele besluit neem 3 – Amptelik genooi om as 'n vennootstaat aan te sluit[63]