Movatterモバイル変換


[0]ホーム

URL:


Gaan na inhoud
Wikipedia
Soek

BMW N46

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
   BMW N46-enjin
Oorsig
VervaardigerBMW
Produksietyd2004-2015
KonfigurasieInlynviersilinder
Afmetings
Inhoudsmaat1.8-2.0 L
BlokAluminium
KopstukAluminium
Stelsels
KlepwerkingDBNA metVVT enVVL
BrandstoftipePetrol
Plek in geskiedenis
VoorgangerBMW N42
OpvolgerBMW N43

DieBMW N46 is 'n natuurlik-geaspireerdeinlynviersilinder-petrolenjin wat die BMW N42 vervang het en is van 2004 tot 2015 vervaardig.[1]

Die N46 dien as basis vir die kleiner BMW N45-enjin (wat nie Valvetronic het nie).

In 2007 is die N46 se opvolger - die BMW N43 - bekendgestel. Die N43 watdirek ingespuit is, is egter nie in lande met 'n hoë swaelinhoudbrandstof verkoop nie, en die N46 word dus langs die N43 geproduseer. Daar is voortgegaan met produksie van die N46 tot in 2015, toe die laaste N46-modelle vervang is deur die BMW N13- turbo-viersilinderenjin.

Ontwerp

[wysig |wysig bron]

Vergelyke met sy N42-voorganger, het die N46 'n hersienekrukas, inlaatspruitstuk[2] enklepstelsel.[3] In 2007 is die N46 opgedateer, met wat bekend gestaan het as die N46N. Veranderings het die inlaatspruitstuk, die uitlaatnokas en die enjinbeheereenheid ingesluit, wat verander is van die Bosch Motronic ME9.2-weergawe na die MV17.4.6-weergawe. Die rooilyn is by 6 500 opm.[4]

Weergawes

[wysig |wysig bron]
WeergaweVerplasingKragWringkragJaar
N46B181796 cc85 kW teen 5 500 rpm175 Nm teen 3 750 rpm2004
N46B20U11995 cc95 kW teen 5 750 rpm180 Nm teen 3 250 rpm2004
N46B20U2100 kW teen 5 750 rpm180 Nm teen 3 250 rpm2007
N46B20O0105 kW teen 6 000 rpm200 Nm teen 3 750 rpm2004
N46B20O1110 kW teen 6 200 rpm200 Nm teen 3 600 rpm
200 Nm teen 3 750 rpm
N46NB20115 kW teen 6 400 rpm200 Nm teen 3 000 rpm2007

Verwysings

[wysig |wysig bron]
  1. "X1 E84 18i model selection".www.realoem.com. Besoek op24 Maart 2017.
  2. "BMW N46B30 engine".www.mywikimotors.com. Besoek op24 Maart 2017.
  3. "BMW N43, N45 and N46 Four Cylinder Valvetronic Engines".www.unixnerd.demon.co.uk. Geargiveer vanafdie oorspronklike op 17 Februarie 2020. Besoek op24 Maart 2017.
  4. "BMW Workshop Manual".www.workshop-manuals.com. Besoek op24 Maart 2017.


        BMW-enjins

Petrolenjins:B- en S-reeks:B38 |B58 |S65 |S85
M-reeks:M10 |M20 |M30 |M40 |M42 |M43 |M44 |M50 |M52 |M54 |M60 |M62 |M70 |M73 |
N-reeks:N20 |N26 |N40 |N42 |N43 |N45 |N46 |N52 |N53 |N54 |N55 |N62 |N63 |N73 |N74

Dieselenjins:M21 |M41 |M47 |M51 |M57 |M67 |N47 |N57 |B47 |B48 |B57

Wysig hierdie sjabloon
Ontsluit van "https://af.wikipedia.org/w/index.php?title=BMW_N46&oldid=2432510"
Kategorie:

[8]ページ先頭

©2009-2025 Movatter.jp