Die hoofkwartier van BMW, sy hoofaanleg en die BMW-wêreldgebou inMünchen
BMW (kort virBayerische Motoren Werke AG) is 'nDuitsemaatskappy wat weelde- en sportmotors, asook kragtige motorfietse vervaardig.[3] Hulle hoofkantoor is inMünchen. BMW besitBMW Mini enRolls-Royce. Hulle het voorheen ook Rover besit.
Hulle huidige slagspreuk in dieVerenigde Koninkryk is "The Ultimate Driving Machine", terwyl dit inSuid-Afrika en dieVSA "Sheer Driving Pleasure" is. InAfrikaans is die slagspreuk "Loutere bestuursgenot".
BMW is in1913 nabyMünchen gestig. Die vervaardiger het aanvanklik gespesialiseer daarin om vliegtuigenjins te bou en dit is ook waarvandaan die wapen van die vervaardiger afkomstig is. Dit stel die draaiendeskroef van 'nvliegtuig voor.
Stand in motorbedryf
BMW het gedurende 2006 amptelik die grootste vervaardiger van luukse motors in die wêreld geword.
Kontroversie
Ontwerp
Tydens die vroeë 2000's het BMW 'n nuwe ontwerphoof, Christopher Bangle, aangestel. Sy ontwerpe het onder die spervuur gekom, en die media het na die nuwe ontwerpe verwys as "Bangled" of "Bangle-ized". Die ontwerpe was heelwat meer gegolf, maar ten spyte van kritiek het hulle verkope bly styg.
Kuns
Ook in 2000, het kunstenaars en BMW onder spervuur gekom as gevolg van 'n kunsuitstalling gehou teMünchen met die naam "Dream City" ("Droomstad"). Twee van die kunstenaars, Swetlana Heger en Plamen Dejanov, het hulle uitstalruimte gebruik om BMW's te adverteer. Dit het die belangrike bespreking oor die verhouding tussenkuns ennywerheid ontlok.
Produksie buite Duitsland
BMW produseer motors en motorfietse in Spartanburg,Suid-Carolina. Dit lewer meer as 500 motors daagliks en het 4 700 werknemers.
In Suid-Afrika het BMW 'n moderne fabriek inRosslyn, noord van Pretoria, en 70% van die motors wat hier vervaardig word, word uitgevoer na dieVSA,Japan,Australië,Afrika en dieMidde-Ooste. In die vroeë 1990's het BMW R1 miljard in die Rosslynfabriek belê.
Sedert 2004 word BMW's ook inShenyang,China vervaardig.
Modelle – Motors
Die huidige BMW motormodelle word verdeel in verskillende "Reekse", byvoorbeeld die 3 Reeks.
1-reeks
'n Klein motor, die enigste agterwielaangedrewe voertuig in sy klas, wat in2004 vrygestel is in Europa en in die VSA in 2006.
3-reeks
Die opvolger van die 2002, 'n kompakte sedan van die vyfde geslag (E90), vrygestel in 2006.
5-reeks
'n Mediumgrootte sedan.
6-reeks
Die afslaankapweergawe van die 5-reeks.
7-reeks
'n Luukse volgroottevoertuig in kompetisie met dieMercedes-Benz S-klas. Ook beskikbaar in 'n koeëlvaste weergawe.
'n Tweesitplekvoertuig, ook beskikbaar as 'n afslaankap.
Modelle – Motorfietse
BMW F 650 GS Dakar
Die huidige BMW motorfietsmodelle word in verskillende "reekse", byvoorbeeld die R-reeks, verdeel.
F-reeks
Hierdie reeks bestaan uit die F650-reeks wat 'n veeldoelfiets is, asook die nuwe F800-reeks wat tans slegs vir padgebruik bedoel is. Beide die reekse gebruik Rotax-enjins wat in samewerking met BMW ontwikkel is. Die F800 reeks is in 2006 vrygestel.
R-reeks
Die reeks bestaan uit 'n groot hoeveelheid modelle wat bykans alle aanwendingsvelde insluit. Al die fietse in die reeks word aangedryf deur BMW seplattweesilinder- of bokserenjins. Een van die mees gewilde fietse in die reeks is die GS (Gelande Strasse) model wat vir veeldoelgebruik bedoel is.
K-reeks
Die K-reeks bestaan uit fietse metinlynviersilinderenjins, en dit is dan ook die BMW-fietse met die beste werkverrigting. Die K1200 wat in 2005 vrygestel is het onder andere die landspoedrekord op die soutpanne in Amerika verbeter.
Kultuur
Die term "beemer" se oorsprong is vanaf die uitspraak van die afkorting "BMW". In Suid-Afrika hetJohannes Kerkorrel die bekende lied "BMW" gesing.
Gemeenskap
BMW het 'n hegte en lojale gevolg deur entoesiaste. Die volgende webwerwe is voorbeelde hiervan: E46fanatics.com, M3forums.com, E90post.com, BimmerPortal.com, en bimmerforums.com.
Sedert 1999 het BMW-entoesiaste bymekaar gekom inSanta Barbara,Kalifornië om die "Bimmerfest" by te woon; meer as 3000 mense het dit bygewoon in 2006 met meer as 1000 voertuie.
BMW motorfietseienaars kom elke jaar bymekaar tydens 'n geleentheid in Suid-Afrika wat die ABBG (annual BMW Bikers gathering) genoem word.