| Tipe | Aandelemaatskappy |
|---|---|
| ISIN | GB00BH0P3Z91 |
| Industrie | metaalnywerheid mynbou |
| Gestig | Broken Hill Proprietary Company Limited (BHP) 1885; Billiton plc 1860; samesmelting van BHP & Billiton 2001 (stigting van 'n DLC) |
| Hoofkantoor | , |
Gebied bedien | Wêreldwyd |
Sleutelpersone | Andrew Mackenzie (hoof uitvoerende beampte) Jacques Nasser (voorsitter van die Raad) |
| Produkte | Ystererts,diamante,steenkool,mangaan,goud,ru-olie,aluminium,koper,aardgas,nikkel,uraan ensilwer |
| Inkomste | $65,968 miljard[1] (2013) |
| $19,225 miljard[1] (2013) | |
| 3 705 000 000 Amerikaanse dollar (2018) | |
| Totale bates | 111 993 000 000 Amerikaanse dollar (2018) |
Aantal werknemers | 49 496[1] (2013) |
| Webwerf | bhpbilliton.com |
BHP Billiton is die wêreld se grootstemynboumaatskappy.[2] Die maatskappy het ontstaan na 'n samesmelting in 2001 tussenAustralië se Broken Hill Proprietary Company (BHP) en dieVerenigde Koninkryk se Billiton, wat 'nNederlandse enSuid-Afrikaanse agtergrond het.[3] Die gevolg is 'n dubbelgenoteerde maatskappy met hoofkantore inMelbourne en inLonden. BHP BillitonLimited, wat die meerderheidsaandeelhouer in die dubbelgenoteerde struktuur is, is op dieAustraliese aandelebeurs gelys. BHP BillitonPlc is op die Londenbeurs genoteer en is deel van dieFTSE 100 indeks.
DieBroken Hill Proprietary Company ofBHP is in 1885 gestig en het 'n silwer- en loodmyn teBroken Hill inNieu-Suid-Wallis bedryf.[4] In 1915 het die maatskappy ook diestaalvervaardigingsbedryf betree met dié bedrywe hoofsaaklik inNewcastle geleë. Die maatskappy se korporatiewe kantore is inMelbourne,Victoria.[5] Die maatskappy staan ook onder die bynaam "the Big Australian" bekend.[6] Die maatskappy het met ru-olie eksplorasie in die 1960's begin en is ontdekkings in Bass Strait gemaak en het toe 'n aktiwiteit met toenemende fokus vir die maatskappy geword.[7]
BHP het later begin diversifiseer in oorsese projekte ook. Een van die projekte was die Ok Tedikopermyn inPapua Nieu-Guinee, waar die maatskappy deur die inheemse bevolking 'n suksesvolle regsgeding teen die maatskappy aanhangig gemaak vanweë die omgewingsskade wat deur die myn se bedrywighede veroorsaak is.[8] BHP het meer sukses bereik met die reuse Escondida-kopermyn inChili (57,5% aandeelhouding) en die Ekati Diamantmyn in noordelikeKanada.[9]
Die ondoeltreffendheid van die Newcastle myn, wat teen wêreldstandaarde 'n klein vervaardiger was, het uiteindelik die myn ingehaal en is die myn in 1999 gesluit.[10] Die"lang produkte" staalbesigheid is afgestig om OneSteel in 2000 te vorm.[11]
In 2001 het BHP met die Billiton mynboumaatskappy saamgesmelt om BHP Billiton, die grootste mynmaatskappy in die wêreld te vorm. In 2002 is die"plat produkte" afgestig om BHP Steel te vorm. In 2003 het BHP Steel sy naam verander na BlueScope Steel.[5]
Billiton was 'n mynmaatskappy wat so ver terug as 29 September 1860 sy ontstaan gehad het toe die 'n raad van aandeelhouers die reëls van assosiasie in dieGroot Keizerhof hotel inDen Haag, Nederland goedgekeur het.[12] Twee maande later het die maatskappy die minerale regte verkry tot dietinryke eilande Banka en Billiton in die Indonesiese argipel aan die ooskus vanSumatra.[12] Billiton se aanvanklike besigheidspogings het tin enloodsmelterye in Nederland ingesluit en is in die 1940's opgevolg deurbauxiet-ontginning in Indonesië enSuriname. In 1970 hetRoyal Dutch Shell Billiton oorgekoop en het die pas en omvang van sy vooruitgang vinnig versnel.[12] Die tin- en loodsmelter inArnhem, Nederland is in die 1980's gesluit.
In 1994 het Gencor die mynbou-afdeling van Billiton aangekoop met die afstroom metaalverwerkingsbesigheid uitgesluit.[13] Billiton is toe weer van Gencor geskei in 1997.[14] In 1997 het Billiton Plc 'n deel van die FTSE 100 indeks geword.[12]
Tydens die 1990's en daarna het Billiton Plc ongekende groei beleef. Die maatskappy se portfolio het aluminiumsmelters in Suid-Afrika enMosambiek ingesluit,nikkelverwerking in Australië enColombia, basismetale inSuid-Amerika, Kanada en Suid-Afrika, steenkoolmyne in Australië, Kolombië en Suid-Afrika asook verskeie belange in bedrywe inBrasilië, Suriname, Australië (aluminium) en Suid-Afrika (titaan minerale, staal en ysterlegerings). In 2001 het Billiton Plc met Broken Hill Proprietary Company (BHP) saamgesmelt om BHP Billiton te vorm.[3]
In Maart 2005 het BHP Billiton aangekondig dat hulle 'n VSA$7,3 miljard aanbod gemaak het vir 'n ander mynmaatskappy genaamd WMC Resources, die eienaars van die Olympic Dam uraanmyn inSuid-Australië, nikkelwerke inWes-Australië enQueensland asook 'n kunsmisaanleg in Queensland. Die oorname het 'n 90%-aanvaarding behaal op 17 Junie 2005 en 'n 100%-eienaarskap is op 2 Augustus 2005 aangekonding met die verpligte aankoop van die oorblywende 10% se aandele.[15]
Op 8 November 2007 het BHP Billiton aangekondig dat dit hulle mikpunt is om dieRio Tinto groep aan te koop. Die aanvanklike aanbod van 3,34 BHP Billiton aandele vir elke Rio Tinto aandeel is deur Rio Tinto se raad verwerp, omdat dit die maatskappy volgens hulle onderwaardeer het. 'n Formele vyandige bod van 3,4 BHP Billiton aandele vir elke Rio Tinto aandeel is op 6 Februarie 2008 aangekondig.[16] Die aanbod is egter op 25 November teruggetrek vanweë die ekonomiese krisis van 2008.[17]
Op 14 Mei 2008 het BHP Billiton-aandele rekordhoogtes van AU$ 48,90 bereik na gerugte dat die Sjinese mynmaatskappy Chinalco dit oorweeg het om 'n groot aandeel te koop.[18]
| Wikimedia Commons bevat media in verband metBHP Billiton. |