Movatterモバイル変換


[0]ホーム

URL:


Gaan na inhoud
Wikipedia
Soek

BBC

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
British Broadcasting Corporation

TipePublic broadcasting authority
Industriemedia industry Edit this on Wikidata
Gestig18 Oktober1922
Hoofkantoor,
Gebied bedien
Wêreldwyd
Sleutelpersone
John Reith, George Villiers (stigters)
Sir David Clementi (voorsitter, BBC Trust)
Anthony William Hall, Baron Hall of Birkenhead (direkteur-generaal)
ProdukteTV- en radioprogramme, internet-portale
DiensteTelevisie, radio, aanlyn
Inkomste£5,166 miljard (2013/14)[1]
290 000 000 pond sterling (2021) Edit this on Wikidata
−112 000 000 pond sterling (2025) Edit this on Wikidata
Aantal werknemers
22 401 (2018/19)
MoedermaatskappyDepartment for Culture, Media and Sport Edit this on Wikidata
Webwerfbbc.com

DieBritish Broadcasting Corporation (afgekortBBC) is die openbare uitsaaier van dieVerenigde Koninkryk.[2] Dit is in 1922 gestig as een van die oudste uitsaaiers ter wêreld. Sy hoofverantwoordelikheid is die uitsaai van onpartydige televisie- en radioprogramme in die Verenigde Koninkryk, op dieKanaaleilande en dieEiland Man. Volgens sy personeelgetal van 22 401 in 2019 (van wie 2 714 deur die kommersiële onderneming BBC Studios aangestel is) is dit die grootste uitsaaikorporasie ter wêreld.[3]

Die BBC seArt Deco-hoofkantoor op Portlandplein, Londen, met die nuwe Oosvleuel-uitbreiding (East Wing extension, aan die regterkant) wat in 2013 ingewy is

Die BBC se hoofkwartier is inBroadcasting House op Portlandplein, Londen, met groot produksieateljees inBelfast,Birmingham,Bristol,Cardiff,Glasgow,Londen en Salford Quays (Groter Manchester) en kleiner ateljees dwarsoor die Verenigde Koninkryk.

Programme word aangebied deur hulle televisiesenders:BBC One,BBC Two,BBC Three (in Februarie 2016 omgeskep tot 'n suiwer internet-televisiediens),BBC Four,BBC Entertainment,BBC News 24 enBBC World; asook deur 'n aantal radiosenders waaronderBBC 1 tot en met7. Die BBC se Wêrelddiens saai programme in meer as 30 verskillende tale uit en word oor die algemeen in die weste beskou as 'n gesaghebbende en objektiewe nuusbron.

In regtelike opsig is die BBC 'n halfoutonome uitsaaier wat volgens 'n Koninklike Oktrooi en onder 'n lisensie en ooreenkoms met die Britse minister van binnelandse sake bedryf word. Die BBC se bedrywighede word in die Verenigde Koninkryk hoofsaaklik deur televisielisensies gefinansier wat jaarliks deur alle Britse huishoudings, maatskappye en organisasies, wat enige toestel besit waarmee televisieprogramme ontvang kan word, betaal moet word. Die bedrag van dié lisensie word jaarliks deur die Britse regering vasgelê en deur die parlement goedgekeur.

Buite die Verenigde Koninkryk word radioprogramme regstreeks deur die BBC se Wêrelddiens of deur ander radiostasies op kontrakbasis uitgesaai. Internasionale radiodienste is vir die eerste keer op 19 Desember 1932 aangebied toe die BBC se Ryksdiens (BBC Empire Service) in die lewe geroep is. Intussen word ook televisieprogramme en aanlyndienste vir buitelandse gehore verskaf.

Alhoewel die Wêrelddiens gebruik maak van sommige nasionale BBC-geriewe in die Verenigde Koninkryk, veral wat nuusprogramme betref, word dit deur sy eie direkteur-generaal bestuur, terwyl sy bedryfskoste tradisioneel hoofsaaklik deur die Britse regering gedra is. Aangesien hierdie bydraes onafhanklik van Britse lisensiegelde vasgelê is en deur dieForeign and Commonwealth Office (Kantoor vir Buitelandse en Gemenebessake) se begroting gefinansier is, het die BBC se internasionale programinhoud – ten minste gedeeltelik – 'n doeltreffende werktuig vir die Britse regering se doeltreffende beleid verteenwoordig. Ná die hersiening van die Wêrelddiens se finansiële bestuur is planne aangekondig om internasionale programme in die toekoms uit nasionale lisensiegelde te finansier.

Sien ook

[wysig |wysig bron]

Verwysings

[wysig |wysig bron]
  1. BBC Financial statements 2013/14. Besoek op 18 Junie 2017
  2. HAT Taal-en-feitegids, Pearson, Desember 2013,ISBN 978-1-77578-243-8
  3. BBC Group Annual Report and Accounts 2018/19, bl. 83. Aanlyn beskikbaar:BBC.com: About the BBC

Eksterne skakels

[wysig |wysig bron]
Wiki-webtuistes

Amptelike webtuiste

Internasionaal
Nasionaal
Akademie
Kunstenaars
Mense
Ander
Ontsluit van "https://af.wikipedia.org/w/index.php?title=BBC&oldid=2850368"
Kategorieë:

[8]ページ先頭

©2009-2025 Movatter.jp