Movatterモバイル変換


[0]ホーム

URL:


Gaan na inhoud
Wikipedia
Soek

Auguste Comte

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Auguste Comte
GeboortenaamIsidore Marie Auguste François Xavier Comte
Gebore(1798-01-19)19 Januarie 1798
Montpellier,Frankryk
Oorlede5 September 1857 (op 59)
Parys, Frankryk
NasionaliteitVlag van Frankryk Frankryk
VakgebiedFilosofie
Alma materUniversiteit van Montpellier
École Polytechnique
Bekend virSosiologiese positivisme, die wet van drie fases, ensiklopediese reg, altruïsme
Beïnvloed deurFrancis Bacon,Marie François Xavier Bichat,Nicolas de Condorcet,René Descartes,Henri de Saint-Simon,[1]Denis Diderot[2]
Invloed opÉmile Littré,Karl Marx,Charles Darwin,Sigmund Freud,John Stuart Mill,Friedrich Nietzsche,Herbert Spencer,Émile Durkheim,Charles Maurras,[3]Harriet Martineau,Pierre Laffitte,Richard Maurice Bucke,Eugen Dühring

Isidore Marie Auguste François Xavier Comte (Montpellier,17 Februarie1798Parys,5 September1857) was 'nFransewiskundige enfilosoof. Hy was een van die eerste wetenskapfilosowe en die grondlegger van die positivisme, wat bedoel was om 'n einde te bring aan die chaos wat ontstaan het na dieFranse Rewolusie. Auguste Comte behoort ook tot die grondleggers van diesosiologie. Syreligie van die mensheid (L'amour pour principe et l'ordre pour base; le progrès pour but) word populêr inFrankryk,Meksiko en die Brasiliaanse Keiserryk.

Lewe

[wysig |wysig bron]

Auguste was afkomstig uit 'n strengkatolieke amptenaarfamilie. Toe sy skool, dieÉcole Polytechnique in1814 gesluit word, (op bevel vanLodewyk XVIII tydens die Bourbon-restourasie) word Comte 'n volgeling van die utopies-sosialistiese denker Claude Henri de Rouvroy, die (graaf van) Saint-Simon, wie hom in diens neem as sekretaris. Comte neem in1824 sy ontslag omdat hy al hoe meer afwyk van die idees van Saint-Simon (1760–1825) en omdat hy voortaan weier om sy eie werk te publiseer onder die naam van Henri de Saint-Simon.

Eers gee hy privaatlesse, o.a. aanAlexander von Humboldt om 'n lewe te maak. Tydens een van sy lesse oor positivisme stort hy ineen, wat die begin aandui van 'n 15-jaar periode waartydens hy simptome van depressie enparanoïese persoonlikheidsteuring openbaar.

In1825 tree hy in die huwelik met Caroline Massin om haar te red (soos hy verklaar) van dieprostitusie. Sy huwelik was ongelukkig. Finansiële probleme, werkspanning en verhoudingpobleme dryf hom tot 'n periode vangeestesversteuring. In1829 was hy weer beter en begin opnuut met lesgee en wend 'n aantal pogings aan om as hoogleraar benoem te word. In1833 word hy aangestel by dieÉcole Polytechnique, maar word spoedig weer ontslaan. In1838 kom hy met die begrip sosiologie in aanraking.

In1842 skei hy van Massin. Comte leef van die gawes van volgelinge en vriende, waaronder die bekende Engelse denkerJohn Stuart Mill. Na tweeselfmoordpogings en 'n verblyf in 'n psigiatriese instelling ontmoet hy in1844 die adellike dame Clothilde de Vaux, wie sy liefde afwys maar deur hul korrespondensie 'n diepgaande godsdienstig-getinte invloed op hom uitoefen. Twee jaar later was sy dood. Comte begin haar te idealiseer.

In1849 kom hy met 'n voorstel vir 'n positivistiese godsdiens enkalender, bestaande uit 13 maande van 28 dae, plus 'n dag om die afgestorwenes te herdenk. In1851 verwelkom hy die staatsgreep vanNapoleon III.

Toe hy in 1857 sterf – sy testament omvat 500 bladsye – het daar 'n kultus rondom sy persoon gevorm en kry sy positivisme, wat veral gestalte gekry het in die wet van die drie stadia, groot bekendheid. Hy word deur sy volgelinge, waaronder Willem de Constant Rebecque, wie bereid was om sy fortuin aan te wend vir 'naltruïstiese doel, byna as 'nheilige beskou.

Werke

[wysig |wysig bron]

Comte beywer homself vir die verbetering van die samelewing en baseer sy oplossing op die credo "Orde en vooruitgang". Die twee begrippe word tot op daardie stadium as onverenigbaar beskou. Die vooruitgang waarin die denkers van dieverligting rotsvas glo, was volgens hom naamlik onlosmaaklik verbonde met chaos. Hy beskou dit as sy doel om die Franse Rewolusie af te sluit.

Volgens Comte was die eerste vereiste vir die verbetering van die samelewing, die ontwikkeling van 'n nuwe, teoretiese wetenskap oor die samelewing. In die positivisme van Saint-Simon, wat as uitgangspunt die wet van die vooruitgang het, sien hy 'n ideale metode vir die wetenskap. Comte het die wet van die vooruitgang ge-herformuleer as diewet van die drie fases. Hierdie wet dien as die grondslagverklaring vir die nuwe wetenskap (die sosiologie).

Uiteindelik is Comte se ideaal van maatskaplike orde in sy werk so sterk dat dit religieuse ondertone kry. Hy ontwerp 'n “Religie van die Mensheid” en kroon homself as hoëpriester. Die Religie van die Mensheid omsluit sy strewe na maatskaplike orde, wat op treffende wyse uitgedruk word in sy credo "Orde en Vooruitgang". Volgens Comte lê die grondslag van elke samelewing se orde immers in 'n gemeenskaplike stelsel van opvattings en idees. Hy beskou so 'n stelsel as die "gom" waarmee afsonderlike dele van die gemeenskap (gesin, kerk, staat) deur konsensus aan mekaar kleef.

Vir baie is die ontwikkeling van die Religie van die Mensheid die punt waarna die werk van Comte, wat in akademiese kringe 'n lang tyd nie baie gewild was nie, weer herleef. Tog geniet Comte in Engeland bekendheid, veral danksy sy vriend en weldoener John Stuart Mill, wat ook die rede is waarom Herbert Spencer later van sy idees gebruik kon maak by die ontwikkeling van sy sosiaal-evolusionistiese gemeenskapvisie.

Voorts vind sy idees ook weerklank in enkeleLatyns-Amerikaanse lande, soos Meksiko. Die positiviste stel dit dat die klassieke liberalisme in Meksiko sy historiese taak voltooi het, die verdrywing van die konserwatisme, die breek van die mag van dieRooms-Katolieke Kerk en die invoer van 'n grondwetlike regering, maar betoog dat die tyd aangebreek het om die rewolusionêreliberalisme agter te laat en in plaas daarvan die aandag te rig op stabiliteit en groei. Die credo "Orde en Vooruitgang" van Comte word byvoorbeeld nog steeds op dieBrasiliaanse vlag vertoon. Die Brasiliaanse grondwet van1891 was deurtrek met die positivistiese idees van Auguste Comte.

Bronne

[wysig |wysig bron]
  • John Stuart Mill,Auguste Comte et le positivisme, vertaal uit die Engels deur G. Clémenceau, nagesien deur M. Bourdeau, L'Harmattan, 1999
  • Mary Pickering,Auguste Comte: An Intellectual Biography, Cambridge University Press (1993), Sagteband, 2006

Verwysings

[wysig |wysig bron]
  1. Pickering (2006), p. 192ff.
  2. Pickering (2009b), bl. 216 en 304.
  3. Sutton, Michael (1982).Nationalism, Positivism, and Catholicism. The Politics of Charles Maurras and French Catholics 1890–1914. Cambridge: Cambridge University Press.ISBN 0-521-22868-9.

Eksterne skakels

[wysig |wysig bron]
Internasionaal
Nasionaal
Akademie
Kunstenaars
Mense
Ander
Ontsluit van "https://af.wikipedia.org/w/index.php?title=Auguste_Comte&oldid=2567239"
Kategorieë:

[8]ページ先頭

©2009-2026 Movatter.jp