Geskatte omvang van die Hunne-ryk en onderworpe stamme onder Attila."Die feesmaal van Attila", deur Mór Than.
Attila (406-453), ookAttila die Hun genoem, was van434 tot sy dood in453 'n koning van dieHunne ('n antieke volk vanAsië). Hy was die leier van die Hunniese Ryk, wat van dieOeral-rivier tot dieRyn en van dieDonau tot dieOossee gestrek het. Attila het dieRomeinse Ryk aangeval en beheer oor groot dele daarvan geneem. Hy was berug as 'n wrede, gewelddadige man.[1]
Tydens sy heerskappy was hy een van die mees gevreesde vyande van sowel dieWes-Romeinse Ryk as dieOos-Romeinse Ryk. Hy steek die Donau-rivier twee keer oor om dieBalkan teplunder, maar was nie in staat omKonstantinopel te verower nie. Hy probeer ook Romeins-Gallië (die moderneFrankryk) te verower. In 451 steek hy dieRyn oor en masjeer na Aurelianum (Orléans), maar is tydens die Slag op die Katalauniese Velde verslaan (die enigste veldslag wat hy verloor het).[2]
Vervolgens val hyItalië binne, waartydens hy die noordelike provinsies verwoes, maar was nie in staat omRome te verower nie. Hy het planne vir verdere veldtogte teen die Romeine gehad, maar sterf in Maart 453, die aand na sy huwelik met 'n vrou genaamd Ildiko. Ná sy dood het sy adviseur Ardarik van dieGepide 'nGermaanse opstand teen die Hunne gelei, waarna die Hunniese Ryk vinnig in duie gestort het. Volgens 'n legende is die oorskot van Attila die Hun onder 'n afgeleide gedeelte van dieTisza begrawe.
Hoewel hy sulke groot mag gehad het, het Attila baie eenvoudig geleef. Hy het die ruwe en eenvoudige leefwyse verkies en gerief verafsku. Die gevolg was dat sy paleis nooit juis iets anders as 'n houthut was nie, en terwyl sy gaste uit silwerbekers gedrink het, het hy altyd 'n houtbeker gebruik.
Dit was hierdie bloeddorstige barbare watEuropa ten tyde van die ondergang van die groot Romeinse Ryk binnegeval het. Die Hunne was veral gekonsentreer in die land wat vandag asHongarye bekend staan, hoewel daar oor die heleOos-Europa - van dieAlpe tot aan dieOeralgebergte - klein groepies van hulle was. Aanvanklik was hulle te wyd versprei en onafhanklik van mekaar om 'n ernstige bedreiging vir dieRomeinse Ryk te vorm, maar toe het 'n koning na vore gekom wat deur sy krag en wreedheid sy gesag op al dieHunne afgedruk het.
In daardie stadium was die Romeinse Ryk verdeel in twee dele - die westelike Ryk metRome as hoofstad en die oostelike ryk met Konstantinopel as hoofstad. In441 het AttilaKonstantinopel se gebied binnegeval. Die keiser,Theodosius, was 'n swak man. Hy was verplig om vrede te vra, en het toegestem om 'n jaarlikse belasting aan Attila te betaal. Nege jaar later is Theodosius opgevolg deur Marcian. Hy het geweier om die belasting te betaal, maar in daardie stadium was Attila se aandag reeds toegespits op die Romeinse Ryk in die weste. Attila was besig met planne om dieRomeinse Ryk met 'n reuse-leër binne te val, wat nie slegs uit Hunne bestaan het nie, maar ook lede van die Germaanse rasse wat by verslaan het -Franke, Wandale enBoergondiërs.
Die werklike rede vir Attila se inval in die Wes-Romeinse Ryk was sy magswellus, maar die rede wat hy voorgehou het vir sy optrede was ʼn eienaardige, naamlik dat hy tot die redding wou kom van die Romeinse prinses Honoria. 'n Paar jaar tevore is hierdie jong dame betrap dat sy 'n geheime liefdesverhouding met een van die paleis-beamptes gehad het. Sy is toe gedwing om aan 'n ryk senator verloof te raak.
Op die een of ander manier het sy egter in die lente van 450 daarin geslaag om 'n boodskap aan Attila te stuur. In die boodskap het sy beloof om sy vrou te word indien by haar kom red. Presies hoeveel Attila omgegee het vir die lot van die arme prinses weet ons nie, maar hy het 'n aantal dreigende ultimatums oor hierdie saak aan Rome sowel as Konstantinopel gestuur en uiteindelik het by dit as verskoning gebruik om die Wes-Romeinse Ryk binne te val.
In 451 het Attila se leërFrankryk binnegeval en die land verbrand en verwoes so ver as wat hulle getrek bet. Aanvanklik is alle weerstand weggeveeg, maar naby Orléans is die Hunne se opmars gestuit. Hier het bulle te staan gekom teen die groot Romeinse generaalAetius. Hierdie dapper krygsman het 'n verbond met sy ou vyand, Theodorus, koning van dieGermane, gesluit; die Wes-Gote het dieRomeinse Ryk vyftig jaar tevore binnegeval en Rome in410 n.C. verower.
Sedert die datum was daar voortdurend oorlog tussen die Romeine en die Wes-Gote. Nou het hulle egter hul ou struwelinge en twiste vergeet en hul kragte teen die Hunne saamgesnoer. Aetius enTheodorus het daarin geslaag om Attila uitOrleans te verdryf en hom daarna na die vlakte vanKatalonië (naby Châlons) agtervolg. Die geveg wat. daar plaasgevind het, word deur baie geskiedkundiges beskou as die bloedigste in die geskiedenis vanEuropa.
Albei kante het swaar verliese gely. Onder andere is ook koning Theodorus gedood. Hy is opgevolg deur sy seun Thorusmund, wat hom aan die stryd onttrek en huiswaarts gekeer het om daar te gaan seker maak dat hy geen mededingers om die kroon het nie. Was dit nie hiervoor nie, sou die Hunne totaal verslaan kon geword bet. In die omstandighede was Attila egter in staat om die aftog te blaas en met sy leer terug te val. Dit was sy eerste en enigste nederlaag. Hy het sy land uiteindelik veilig bereik.
Die volgende jaar (452) het Attila teruggekeer. Hierdie keer het by teen Italië opgeruk, en die verwoesting en chaos wat hy in die noorde van daardie land gesaai het, het hom die bynaamGésel van God (Flagellum Dei) besorg. Die Romeinse generaal Aetius is hierdie keer heeltemal op die verkeerde voet gevang, en Attila het feitlik geen teenstand ondervind nie. Die pad naRome het nou oop voor Attila gelê, en dit het gelyk asof hierdie stad in die hand van die barbare sou-val.
Maar toe het 'n eienaardige ding gebeur. Om die een of ander rede het Attila besluit om om te draai. Dit kan wees dat pousLeo I hom omgepraat het om Rome nie aan te val nie, of miskien was daar meer praktiese redes. In daardie jaar was daar nie slegs 'n kwaai hongersnood inItalië nie, maar ook ʼn pesepidemie: Attila se leër was honger en is ook deur die pes geteister. Verder was daar die gevaar dat hy van sy land afgesny kon word – die keiser van die Oos-Romeinse Ryk was reeds besig om teen hom op te ruk.
Die inval inItalië was Attila se laaste veldtog. In die volgende jaar het hy 'n lieflike vrou, Ildico of Hilda, tot vrou geneem. Soos die Hunne se gewoonte was, het hy 'n uitermate groot huweliksfees gehou. Hier het hy so baie geëet en gedrink dat 'n aar in sy kop gebars het. Sy neus het begin bloei en daar was niks wat die bloeding kon stelp nie; en so, nie op die slagveld nie, maar tydens 'n groot barbaarse swelgparty, het die man wat meer as enigiemand anders vrees en lyding in Europa veroorsaak: het, gesterf.
Na die dood van Attila het die Ryk van dieHunne vinnig agteruitgegaan. Attila se seuns het onder mekaar oorlog gemaak en in een veldslag het meer as 30 000 Hunne gesneuwel. Van die oorblywendes het party hulle inEuropa gevestig, maar die meeste het teruggekeer na bul oorspronklike woonplekke in Suid-Rusland.