Movatterモバイル変換


[0]ホーム

URL:


Gaan na inhoud
Wikipedia
Soek

Asterix

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Asterix
Asterix en Obelix op 'n muur in Hagen (Duitsland)
Asterix en Obelix op 'n muur inHagen (Duitsland)

Skepping
Eerste verskyningAsterix die Galliër (1959)
Geskep deurRené Goscinny
Albert Uderzo
Inligting
Ander nameAstérix (Gaul)
SpesieMens
GeslagManlik
NasionaliteitGallië

Asterix (Frans:Astérix) is die hoofkarakter in 'n Fransestrokiesprent wat in die Antieke Mediterreense wêreld afspeel. Hy is 'n kort, koddigeGalliese soldaat met 'n groot geel snor. Saam met sy groot vriend Obelix sê hy telkens dieRomeine[1] die stryd aan.

Met die publikasie van die eerste uitgawe van die Franse tydskrifPilote op 29 Oktober 1959 sien Asterix en sy vriende die lig. Later sou Asterix in boekvorm uitgegee word. Hierdie verhale is deurRené Goscinny geskryf en deurAlbert Uderzo geïllustreer. Ná die dood van Goscinny in1977, het Uderzo met die reeks voortgegaan. Sedert 2013 word Asterix deur Jean-Yves Ferri geskryf en deur Didier Conrad geïllustreer. Die laaste vier boeke waaronderAsterix by die Pikte enAsterix en die Verlore Papirusrol, kom uit hulle hand. Dit is die eerste boeke, nie uit die hande van een van die skeppers van Asterix en sy wêreld nie, wat die lig gesien het.

Die 39 hoofboeke (een is 'n samestelling van kortverhale) is in meer as 'n honderd tale en dialekte vertaal. Die tale wissel vanAfrikaans totWallies en sluit selfsLatyn en antiekeGrieks in. Dié verhale is waarskynlik die gewildste Franse strokiesverhale ter wêreld, en baie bekend veral aan die Europeërs. Die sleutel tot die sukses van die boeke is dat daar humor in is vir alle ouderdomme: kinders hou van die visuele aksie, soos vuisgevegte, en volwassenes waardeer weer die intelligensie van die verwysings en woordspelings wat die teks kenmerk.

(Die Afrikaanse name wat in dié artikel gebruik word, is gebaseer op die vertaalwerk vanSonya van Schalkwyk-Barrois vir die uitgewerProtea.E.P. du Plessis enLudwig Visser se vertalings vir die uitgewerHuman en Rousseau volg in hakies).

Verskeie boeke is in films verwerk, waarvan sommige animasierolprente was en ander werklike akteurs gebruik het.

Hoofkarakter en agtergrond

[wysig |wysig bron]
Évariste Vital Luminais (1821–1896) se skilderye van Gote was baie gewild in Frankryk en is 'n moontlike rolmodel vir dieAsterix-reeks.[2]

Asterix is 'n kleinmannetjie, vreesloos en slim, altyd reg vir 'n nuwe avontuur. Hy woon in 'n fiktiewe dorpie in noordwes-Armorika, ('n gebied van Gallië wat rofweg met die huidigeBretagne) ooreenstem. Dit is die jaar50 v.C.. Die dorpie is die enigste deel van Gallië wat nog nie deurJulius Caesar en syRomeinse legioene verower is nie. Die inwoners van die dorpie kry bomenslike krag wanneer hulle 'n towerdrankie drink. Dié drankie word gemaak deur die plaaslikedruïdeKasterolix (in vroeëre vertalingsAbracadabrix). Die dorpie word omring deur dieoseaan aan die een kant, en vier ongelukkige Romeinse garnisoene (Aquarium, Skinkirum, Hiersitwarum en Casarum) aan die anderkant. Hulle doen hulle uiterse bes om 'n ogie te hou oor die Galliërs te hou.

Buiten dat Asterix 'n geswore oujongkêrel is, is hy ook een van die slimstes (en mees geestesgesondes) in die dorpie. Om dié rede word hy dikwels gekies om gevaarlike, belangrike en eksotiese sendings aan te pak. Hy is, anders as die res van die dorpenaars, nie iemand wat moeilikheid soek vir die plesier daarvan nie, alhoewel hy nie omgee om te baklei as daar 'n goeie rede is nie. Hy gebruik baie selde iets anders as sy vuiste in 'n geveg. Hy verjaar op dieselfde dag as sy boesemvriend Obelix, 'n fris geboude kêrel wat weer nie omgee om die Romeine met sy vuiste 'n les te leer nie. Boonop het Obelix in die towerdoepa geval toe hy 'n klein seuntjie was. Nodeloos te sê het die drankie hom op 'n blywende manier geaffekteer. Hy is bo-menslik sterk. Asterix se helm, met vlerke wat sy gesigsuitdrukking na-aap, is 'n kenmerkende deel van sy voorkoms, terwyl Obelix se gestreepte verslankende vertikaal gestreepte broek en diemenhir wat hy oral ronddra hom kop bo skouers bo die res laat uitstaan.

Obelix en Asterix word dikwels vergesel deur die klein brakkie Witblix (Sonya van Schalkwyk-Barrois) (voorheen bekend as Woefix (E.P. du Plessis) of Brakmatix (Ludwig Visser). Witblix maak sy opwagting die eerste keer inAsterix en die Feesmaaltyd vanwaar hy en Obelix 'n hegte band vorm.

'n Ander belangrike karakter in die Asterix-boeke isAllamapstix (voorheen bekend as Grootkokkedorix) en sy vrouMargarien wat baie glad met die bek is. Allamaptix is die stamhoof van die dorpie waarin die ontembare Galliërs woon. Hy word gewoonlik deur twee magtige krygers op sy skild gedra. Hulle toewyding in die hantering van so 'n gewigtige saak, sorg vir dié soort pret wat Allamaptix die wêreld vanuit 'n ander hoek laat beskou.

Moet ook nie vanLiederlix (Kakofonix) met sy liederlike stem vergeet nie! Met sy stem, gee hy virDrukhominneblix, die dorpie se ystersmid, genoeg rede tot besorgdheid, behalwe wanneer laasgenoemde deurAnsjovix, die vishandelaar, ge-snoek-er word. Dan is daar ookPensionarix die oudste inwoner in die dorpie en in vele opsigte die mees progressiewe een.

Humor

[wysig |wysig bron]

Die humor van die Asterix-strokiesverhale is tipies Frans: dit sentreer op woordspeling,karikature ensatiriese tong-in-die-kiesstereotipering. Voorts is daar 'n sterk band met die kultuur van die20ste eeu. Asterix en Obelix loop oral waarheen hulle reis, mense en voorwerpe teë wat verleen is aan dié tydperk. Só word dieBritte uitgebeeld as beleefd enflegmaties, of binne tipiese kulturele verband, byvoorbeeld waar hulle warm water met 'n druppeltjie melk drink (dit was nog voordattee daardie land getref het).

Werkerstroue

Voorts verwys die stories ook na belangrike kunswerke (soos byvoorbeeldPieter Bruegel seWerkerstroue enThéodore Géricault seDie vlot van Medusa), sowel as na historiese persone (soosNapoleon Bonaparte en KoningLouis XIV van Frankryk), en befaamde plekke en standbeelde (soosBetlehem en dieVryheidstandbeeld).

Aan die ander kant weerspieël die reeks die lewe in die eerste eeu voor Christus redelik akkuraat: die woonstelle inRome word byvoorbeeld as veelvlakkig aangetoon. InAsterix die Gladiator (Protea, 2013) is dit juis hierdie stapelgeboue wat Obelix inspireer om na die Romeine as "stapelgek" te verwys. Die teks maak gereeld gebruik van egteLatynse paradigmas (in "Asterix in Brittanje, hik die dronk Romeine "hic, haec, hoc"), frases (alea jacta est "Die dobbelsteen is gegooi"), en van sinspelings naOor die Galliese oorlog, 'n boek deur Julius Caesar oor die verowering van Gallië, insluitende grappe oor Caesar se gebruik om na homself in die derde persoon te verwys. Dié werklike boek is vir jare gebruik as 'n bekendstellingswerk aan Latyn.

Woordspelings in name

[wysig |wysig bron]

'n Sleutelkenmerk van dieAsterix-boeke is die konstante woordspeling met name. Die name van die twee protagoniste kom vanasterisk enobelisk, waar Asterix die ster van die boeke is (Latyn:aster — afgelei van die Griekse woord αστήρ (aster) [ster] en dieKeltiese taal:rix [koning], 'n kognaat van die Latynserex,Sanskritieseraj,DuitseReich,Engelserich, ens.), en Obelix (Latyn:obeliscus 'n [gedenknaald]) 'n menhirafleweringsman. Daar is 'n dubble woordspeling ter sprake: 'nasterisk is die tipografiese simbool waarmee die eerste voetnota op 'n bladsy aangewys word (*), en 'nobelisk kan verwys na die tipografiese dolk (†) wat gebruik word om die tweede voetnota op 'n bladsy aan te toon.

Afrikaanse vertalings

[wysig |wysig bron]
Kenteken van dieAsterix-reeks
Human en Rousseau
  1. Asterix die gladiator (Human & Rousseau, 1975)
  2. Asterix en die Noormanne (Human & Rousseau, 1975)
  3. Asterix en Cleopatra (Human & Rousseau, 1997)
  4. Asterix en die Olimpiese Spele (Human & Rousseau, 1997)
Protea Boekhuis
  1. Asterix die Galliër (Protea Boekhuis, 2013)
  2. Asterix en die Goue Sekel (Protea Boekhuis, 2013)
  3. Asterix en die Gote (Protea Boekhuis, 2013)
  4. Asterix die Gladiator (Protea Boekhuis, 2013)
  5. Asterix en die Feesmaaltyd (Protea Boekhuis, 2013)
  6. Asterix en Cleopatra (Protea Boekhuis, 2013)
  7. Asterix by die Pikte (Protea Boekhuis, 2013)
  8. Asterix en die Groot Geveg (Protea Boekhuis, 2014)
  9. Asterix in Brittannié (Protea Boekhuis, 2014)
  10. Asterix en die Noormanne (Protea Boekhuis, 2015)
  11. Asterix en die Speelplek van die gode (Protea Boekhuis, 2015)
  12. Asterix en die Verlore Papirusrol (Protea Boekhuis, 2015)
  13. Asterix en die Legioensoldaat (Protea Boekhuis, 2016)
  14. Asterix en die Hoofman se skild (Protea Boekhuis, 2016)
  15. Asterix by die Olimpiese Spele (Protea Boekhuis, 2016)
  16. Asterix en die koperpot (Protea Boekhuis, 2017)
  17. Asterix inSpanje (Protea Boekhuis, 2017)
  18. Asterix en die groot moles (Protea Boekhuis, 2017)
  19. Asterix in Helvesië (Protea Boekhuis, 2017)
  20. Caesar se lourierkrans (Protea Boekhuis, 2018)
  21. Asterix en die waarsêer (Protea Boekhuis, 2019)
  22. Asterix in Korsika (Protea Boekhuis, 2019)
Die volledige lys van Asterix-boeke
Afrikaanse UitgaweFranse UitgaweUitgewer
Nr.TitelJaarNr.TitelJaarNr.Naam
70001000000000000001Asterix die Galliër1975, 201370001000000000000001Astérix le Gaulois1961Human Rosseau,Protea Boekhuis
2Asterix en die Goue Sekel201370002000000000000002La Serpe d’or1962Protea Boekhuis
3Asterix en die Gote201370003000000000000003Astérix et les Goths1963Protea Boekhuis
4Asterix die Gladiator201370004000000000000004Astérix gladiateur1964Protea Boekhuis
5Asterix en die Feesmaaltyd201370005000000000000005Le Tour de Gaule d’Astérix1965Protea Boekhuis
6Asterix en Cleopatra1997, 201370006000000000000006Astérix et Cléopâtre1965Human Rosseau, Protea Boekhuis
7Asterix en die Groot Geveg201370007000000000000007Le Combat des Chefs1966Protea Boekhuis
8Asterix in Brittannié201570008000000000000008Astérix chez les Bretons1966Protea Boekhuis
9Asterix en die Noormanne1975, 201570009000000000000009Astérix et les Normands1966Protea Boekhuis
10Asterix die Legioensoldaat2016700110000000000000010Astérix légionnaire1967Protea Boekhuis
700111000000000000011Asterix die Hoofman se Skild2016700111000000000000011Le Bouclier Arverne1968Protea Boekhuis
700112000000000000012Asterix by die Olimpiese Spele1997, 2016700112000000000000012Astérix aux Jeux Olympiques1968Human Rosseau, Protea Boekhuis
geen (Asterix en die Koper Ketel700113000000000000013Astérix et le Chaudron1969geen
geen (Asterix in Spanje)700114000000000000014Astérix en Hispanie1969geen
geen (Stryd om Asterix)700115000000000000015La Zizanie1970geen
geen (Asterix by die Switsers)700116000000000000016Astérix chez les Helvètes1970geen
Asterix en die Speelplek van die gode2015700117000000000000017Le Domaine des Dieux197170031000000000000001 000
geen (Asterix en die Loerierblare van Caesar)700118000000000000018Les Lauriers de César1972geen
geen (Asterix en die Siener700119000000000000019Le Devin197270031000000000000001 000
geen (Asterix in Korsika)700120000000000000020Astérix en Corse197370031000000000000001 000
geen (Asterix en die Geskenk van Caesar)700121000000000000021Le Cadeau de César197470031000000000000001 000
geen (Asterix en die groot )700122000000000000022La Grande Traversée197570031000000000000001 000
geen (Obelix en Kie)700123000000000000023Obélix et compagnie197670031000000000000001 000
geen (Asterix by die Belge)700124000000000000024Astérix chez les Belges197970031000000000000001 000
geen (Asterix en die Groot Sloot)700125000000000000025Le Grand Fossé1980geen
geen (Die Odisee van Asterix)700126000000000000026L’Odyssée d’Astérix1981geen
geen (Die seun van Asterix)700127000000000000027Le Fils d’Astérix1983geen
geen (Asterix in die Ooste)700128000000000000028Astérix chez Rahàzade1987geen
Sjabloon:SortKeygeen (Toe Obelix as kind in die towerdrank geval het)Sjabloon:SortKeyComment Obélix est tombé dans la marmite du druide quand il était petit198970031000000000000001 000
geen (Asterix en Maestria)700129000000000000029La rose et la glaive1991geen
geen (Asterix op Kruisvaart)700130000000000000030La galère d’Obélix1996geen
geen2001700131000000000000031Astérix et Latraviata2001geen
geen2003700132000000000000032Astérix et la rentrée gauloise200370031000000000000001 000
geen2005700133000000000000033Le ciel lui tombe sur la tête200570031000000000000001 000
geen2009700134000000000000034L’anniversaire d’Astérix et Obélix – Le livre d’or200970031000000000000001 000
70001000000000000001Asterix by die Pikte2013700135000000000000035Astérix chez les Pictes201370031000000000000001 000
Asterix en die verlore Papirusrol2015700136000000000000036Le Papyrus de César201570031000000000000001 000
geen2017700137000000000000037Astérix et la Transitalique201770031000000000000001 000

Verwysings

[wysig |wysig bron]
  1. HAT Taal-en-feitegids, Pearson, Desember 2013,ISBN 978-1-77578-243-8
  2. (fr)Luminais Musée des beaux-arts. Dominique Dussol: Evariste Vital. 2002. p. 32.

Eksterne skakels

[wysig |wysig bron]
Wikimedia Commons bevat media in verband metAstérix.
Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik vanuit dieEngelse Wikipedia vertaal.
NormdataEdit this at Wikidata
Ontsluit van "https://af.wikipedia.org/w/index.php?title=Asterix&oldid=2653805"
Kategorieë:
Versteekte kategorieë:

[8]ページ先頭

©2009-2025 Movatter.jp