Movatterモバイル変換


[0]ホーム

URL:


Gaan na inhoud
Wikipedia
Soek

Assimilasie (taalkunde)

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie

Assimilasie is 'nfonologiese proses waarby 'nklanksegment (in die reël 'nmedeklinker) gedeeltelik of volledig verbind, of klanksgewys gelykgemaak, word tot 'n naburige klank, gewoonlik met die uiteindelike (opsionele) verlies van een van die twee klanke.[1]

Hierdie proses kan mens sowel sinchroon (direk, tydens spraak) as diachroon (as die definitiewe resultaat van 'n historiese ontwikkeling) beskou. Die teenoorgestelde proses van assimilasie word dissimilasie genoem.

Konkreet kan assimilasie gedefinieer word op basis van enkele onderskeidings:lokale assimilasie teenoorharmonie;progressiewe teenoorregressiewe assimilasie; entotale assimilasie teenoorgedeeldelike assimilasie. Twee ietwat meer aparte (en meer omstrede) verskynsels iswederkerige assimilasie ensandhi.

Lokale assimilasie en harmonie

[wysig |wysig bron]

In die eerste instansie word deur taalkundiges die onderskeid getref tussen meerlokale assimilasie ofkontakassimilasie enersyds, enlang-afstandsassimilasie ofharmonie andersyds.

  • Die termlokale assimilasie word gebruik wanneer twee klanke aan mekaar grens en dan assimileer
    • Dit is byvoorbeeld die geval wanneer mens spontaan 'n woord soos 'klipbak' as 'klibbak' of 'dryfwiel' as 'drywiel' uitspreek.
    • Diachroon sien ons lokale assimilasie byvoorbeeld tydens die ontwikkeling van dieMiddelnederlandse kombinasie [ɳg] tot [ɳ], soos by die evolusie van die woordkoning uitconinghe (uitgespreek [ko.niɳgə]) gebeur het.
  • Die termharmonie word gebruik vir assimilasie by twee klanke wat nie aan mekaar grens nie. Hierdie klanke bevind hulself normaalweg wel binne dieselfde woord.
    • 'n Voorbeeld van harmonie vind mens in die Ou-Engelsefōt (‘voet’), waar in die meervoudige woordfēt die oorspronklike vokaal gewysig word, onder invloed van 'n tweede syllabe in die ouer vorm *fōti.

Voorbeelde van assimilasie in Afrikaans

[wysig |wysig bron]

Skilpad

[wysig |wysig bron]

Die woord"skilpad" stam vanuit dieNederlandseschildpad wat bestaan uit diestamwoordeschild, wat 'n beskermingsplaat is, en-pad, Nederlands virpadda. 'nSchildpad is dus 'n padda met 'n skild op sy rug. In Afrikaans het die"d" vanskild deur 'n proses van assimilasie weggeval.[2]

Oomblik

[wysig |wysig bron]

Die woordoomblik, wat 'n kort tydstip aandui, stam uit die Middelnederlandseogenblik, wat saamgestel is uit die stamwoordeogen (wat beteken) enblik(in die sin van "kyk"). Die korrekte Afrikaanse spelling sou dus eerderoënblik in plaas vanoomblik wees. Die proses van assimilasie waardeur hierdie wordoomblik geword het, het egter reeds al in die Nederlandse volksmond sover terug as 1638 ontstaan. Deur assimilasie is dien vanogenblik in die volkstaal, verander totm. Met verdere wegval van die intervokalieseg ontstaanoomblik.[3]

Verwysings

[wysig |wysig bron]
  • Bree, Cor Van. 1987.Historische Grammatica van het Nederlands. Dordrecht. Foris Publications.
  • Hartmann, Reinhard R. K. & F.C. Stork. 1972. Assimiliation. InDictionary of Language and Linguistics, 21-22. London: Applied Science Publishers.
  • Neijt, Anneke. 1991.Universele fonologie, een inleiding in de klankleer. Foris Publications. Dordrecht. Ook aanlyn beskikbaar op DBNL.
  1. Algehele assimilasie of konsonantweglating? - D.P. Wissing, 1986
  2. M. Philippa e.a. (2003–2009)Etymologisch Woordenboek van het Nederlands, .
  3. G.J. van Wyk (2003)Etimologiewoordeboek van Afrikaans, .
Ontsluit van "https://af.wikipedia.org/w/index.php?title=Assimilasie_(taalkunde)&oldid=1970764"
Kategorieë:

[8]ページ先頭

©2009-2025 Movatter.jp