Asië is die wêreld se grootstekontinent in sowel oppervlakte as bevolking. Saam met die eilande beslaan dit ongeveer 44 579 000 km² wat 33% van die totale landoppervlakte van dieaarde is en dit word bewoon deur meer as 4 miljard mense – ongeveer 60% van die wêreldbevolking.
Asië, wat saam metEuropa ’n onderdeel van die groot wêrelddeel genaamdEurasië vorm, is die grootste van dieaarde se vyf vastelande. Dit beslaan 'n oppervlakte van ongeveer 44 miljoen km², oftewel een derde van die wêreld se totale landoppervlakte. Afgesien van ’n aantal eilande in die suidooste, is die hele Asië in dieNoordelike Halfrond geleë. Dit strek van dieOeralgebergte, dieSwartsee, dieMiddellandse See en dieRooisee in die weste tot by dieStille Oseaan in die ooste, vanaf dieNoordelike Yssee tot by dieIndiese Oseaan in die suide.
Die Asiatiese vasteland bevat die hoogste en laagste plekke in die wêreld –Berg Everest in die Himalaja is 8 848 meter bo seespieël en dieDooie See is 395 meter onder seespieël. DieBaikalmeer in Suidoos-Rusland, nabyMongolië, vorm die wêreld se diepste trog – die meer is 1 620 meter diep en die bodem is 1 295 meter onderkant seespieël.
DieKaspiese See en dieAralmeer is oorblyfsels van veel groter see wat vroeër daar bestaan het. Van die grootste riviere in die wêreld kom in Asië voor, onder andere dieMekong,Yangtze enGeelrivier inChina en dieIndus,Ganges enChao Phraya inIndië. In Siberië vries die riviere in diewinter, soms tot op die bodem. In die verre noorde van die vasteland bly die grond permanent bevrore en slegs 'n dun lagie bogrond ontdooi in die kortsomers. Onmiddellik suid van hierdietoendra-gebied is 'n breë gordel onvrugbare sand, waarin uitgestrekte naaldwoude voorkom.
Verder suid lê die sogenaamde landboudriehoek van Rusland enOekraïne (tussenSint Petersburg,Odessa enIrkoetsk). Die grond is humusryk en die verhouding tussen reënval en verdamping is eweredig. Daarop volg die steppe- en woestyngebied, waar die reënval afneem en die temperatuur styg. Die gebied is oor die algemeen vrugbaar, maar besproeiing is noodsaaklik vir landbou. Weens die minerale samestelling van die grond en die feit dat verdamping hoër as die reënval is, ontstaan daar plek-plek soutvlaktes en -mere. Suidwes-Asië maak deel uit van die droëwoestyngordel wat van dieSahara inAfrika tot by dieGobiwoestyn in Mongolië strek.
Suid van die sentrale gebergtes, in Indië en Suidoos-Asië, word die minerale in die grond deur die swaar moesonreëns weggespoel. Die grond is kleierig, arm aanhumus, met harde laterietbodems en wissel in kleur van geel tot rooibruin. Die vrugbaarste grond in die tropiese en subtropiese gebiede is vulkaniese grond, soos die in die hooglande vanDekan.
Die valleie en deltas van die groot riviere inIndië enChina en van dieTigris enEufraat inKlein-Asië bevat ook baie vrugbare grond. Die reënval in Asië wissel drasties van streek tot streek en word grootliks deur die sentrale bergreekse beïnvloed. Westewinde bring genoeg reën vir die ooskuste van die Middellandse See en die Swartsee, maar ooswaarts word die reën al hoe minder en bereik glad nie die lande oos van dieArabiese Skiereiland nie.
Die suidwesmoesonwinde bring oorvloedige reën vir Indië enSuidoos-Asië. Die kort winters is die enigste droë tydperke. Die eilande vanIndonesië enMaleisië, nader aan en op dieewenaar, het 'n tropiese reënwoudklimaat.Sentraal-Asië, tussen dieKaspiese See en die Gobiwoestyn, word deur die berge van die moesonreëns afgesny.
Bokant 50 grade noorderbreedte in Rusland is die somers droog en warm en die winters nat en koud. Verder noordwaarts· heers 'n tipiese arktieseklimaat, wat ook in groot mate in die hoogliggende gebergtes voorkom.
Naas uitgestrekte grasvlaktes,woestyne enwoude, bestaan Asië uit hoë plato's en bergreekse met die hoogste pieke in die wêreld. Daar kom dus 'n groot verskeidenheid plante en diere voor. Die sterk ooreenkoms tussen diefauna enflora van Asië en dié van dieAmerikas versterk die vermoede dat daar in die ystertydperk 'n landbrug in die gebied van dieBeringstraat moes bestaan het.
Toendra-vlakte met mere in Noord-Siberië by die Russiese stad Doedinka
In die verre noorde van Asië tref 'n mensArktiese plantegroei aan. Daar groei net mos, kort grasse en bossies in die kortsomers. Die berghellings langs die noordoostelike kus vanSiberië is met welige gras bedek. Talie soorteinsekte floreer in die toendra en dien as voedsel vir die groot swermsvoëls wat in die somer op land en langs die see broei. Kenmerkend vir die toendra issneeuhoenders enlemmings, wat as prooi dien virroofvoëls,poolvosse en ander vleisvreters sooswolwe. Die meeste diere, insluitende dierendiere, migreer suidwaarts in dieherfs. Kleinerknaagdiere bly egter ook in die winter daar en lewe van plantegroei wat hul onder die sneeu uitgrawe.
Oos-Siberiese lorkebome naby Kolima in Noordoos-Siberië
Geen bome groei op die toendra nie, maar uitgestrektenaaldwoude kom suid daarvan in die taiga voor. Hulle bestaan hoofsaaklik uitdenne, sparre en lorke. In die koudste dele van die taiga oorheers die lorke. Hulle verloor hul naalde in die winter, voëls en knaagdiere lewe van die bome se sade in die taiga. Soms ontstaan 'n tekort aan sade en dan migreer die voëls op groot skaal naEuropa. Die grootste diere wat in die taiga voorkom, iselande, met wolwe, losse (’n soortrooikat) en veelvrate as hul vernaamste vyande. Naaldwoude kom ook teen die berghellings in die hooglande vanTibet voor. Rododendrons van alle kleure en 'n groot verskeidenheid primulas groei daar bokant die boomgrens.
Die plantegroei vanKlein-Asië,Iran,Afganistan,Tibet enMongolië is tipies van woestyn- ensteppegebied. Loofbome groei in bosse teen die vogtige berghellings en langs die rivieroewers. Plantegroei in die steppe bestaan hoofsaaklik uit harde grasse, eenjarige plante, bolgewasse en lae struike, soos die Tamarisk.Bokwiet kom oorspronklik uit die steppe vanSentraal-Asië enknoffel uitWes-Asië. Die plantegroei in Tibet is baie soos dié inChina enJapan, waarperskes enappelkose oorspronklik vandaan kom. Kersies, vye, druiwe, hennep, gars, koring en rog, wat oorspronklik uit Klein-Asië kom, het oral op die vasteland belangrike kultuurgewasse geword.Korea,Mantsjoerye en Oos-China het 'n hoëreënval, met subtropiese plantegroei in die suidelike dele.
Die uitgestrekte steppe was die oorspronklike habitat van die wilde perd, maar vandag kom die egte wilde perd (Equus przewalski) nog net in Mongolië voor. Mongolië is ook die woonplek van die laaste wildekamele. Hulle is skraler, met korter, harder hare as die mak kameel.
Baie soorte knaagdiere kom in die steppes voor, onder andere die fluithaas, wat 'n wintervoorraad van afgeknaagde plante opbou. In die warm woestyne van Suidwes-Asië tref 'n mens nog wildeesels aan sowel as 'n soort gasel wat hom by die klimaat aangepas het. Op die hooglande van Tibet kom die wilde jak (knorbuffel) voor. Sy digte pels beskerm hom teen die koue. Die kleinerhuisjak is meer as 3000 jaar gelede al deur dieTibettane getem. Hy is 'n nuttige pak- en rydier en word ook aangehou virmelk envleis. Sy pels het verskeie uiteenlopende gebruike. Hoog in die berge woon wildeskape enbokke, met diesneeuluiperd as hul grootste vyand. Die sneeuluiperd is die enigste lid van dieluiperdfamilie wat bokant die boomgrens woon.
Bere is swerfdiere wat yl bevolkte, bergagtige gebiede as woonplek verkies. Daar is bruinbere in Tibet en knaagbere in die berge van Suidoos-Asië. In die bamboesbosse teen die berghange van Tibet en Wes-China woon die groot pandabeer. Sy kleiner neef kom ook in die aangrensende gebiede voor. Hulle lewe hoofsaaklik van plante.
Suid van dieHimalaja lê die tropiese en subtropiese gebiede van Asië. Plek-plek kom daar wel struikwoestyne en droë bosse voor, maar tropiese reënwoude met 'n groot verskeidenheid van plante en diere oorheers. Baie van die boomsoorte lewer waardevollehout, soos byvoorbeeld ysterhout, wat so swaar is, dat dit in water sink. Omdat daar geen groeiseisoen is nie, dra bome dwarsdeur die jaarvrugte. Baie van die tropiese plante lewer bekendespeserye en grondstowwe, onder anderegemmer,kaneel enkatoen.
Op die eilande is rubberplantasies en palms 'n algemene verskynsel. In die subtropiese savannegebiede woon 'n soortantiloop en die uiters seldsame Indieseleeu. Die grootste oerwoudbewoners isAsiatiese olifant, wat effens kleiner is as hul neefs inAfrika.Tiers, 'n klein soortrenoster, Indiese-tapirs enorangoetangs se getalle is vinnig besig om af te neem. Dieselfde gebeur met die veelkleurige fisante van Suidoos-Asië.
Vis, op baie plekke die Asiate se enigste eiwitvoedsel, kom in groot getalle in al die riviere voor, veral in die koue riviere vanSiberië. Rivierdolfyne kom in die groter riviere voor. In die tropiese en subtropiese gebiede tref 'n mens 'n paar soortekrokodille, waterskilpaaie en waterslange aan. DieBaikalmeer in Siberië is diehabitat van die wêreld se enigste varswaterrob.
Nasa-Satellietbeeld van die Indiese subkontinentDie Arabiese Skiereiland
Arabië is die grootste skiereiland ter wêreld en lê tussen dieRooisee en diePersiese Golf. Dit het 'n oppervlakte van sowat drie miljoen km² (ter vergelyking: die oppervlakte vanSuid-Afrika is sowat 1 200 000 km²). Tog woon hier baie min mense, aangesien dit een van die droogste gebiede op aarde is.
Die reënval is so laag dat daar nie 'n enkele standhoudende rivier in hierdie hele uitgestrekte gebied is nie. 'n Groot deel van die binneland van die Arabiese skiereiland is ware woestyn, hoewel daar op sekere plekke 'n skraal plantegroei voorkom. Die hooglande vanJemen enOman kry genoeg reën dat 'n paar gewasse verbou kan word, maar in die meeste ander dele is besproeiing noodsaaklik.Koffie word op die hooglande verbou, terwyl dadels en graansoorte by die oases gekweek word.
Kleinveeboerdery is die vernaamste menslike bedrywigheid, en skape, bokke, perde en kamele word aangehou. Arabië se rykdom lê egter nie op die grondoppervlak nie, maar daaronder: petroleum, wat veral aan die oostelike deel van die skiereiland groot rykdom besorg het. 'n Groot deel van die totale jaarlikse wêreldproduksie van petroleum kom uit hierdie streek. As die Indiese subkontinent beskou word as die gebied wat suid van dieIndus-Ganges-vlakte lê, is die gebied effens kleiner asArabië.
Die grootste deel van die skiereiland bestaan uit die IndieseDekkan, 'n uitgestrekte plato wat sowat 600 m boseevlak lê. Die Dekkan word in die ooste en in die weste deur berge begrens. DieWes-Ghats is die hoogste van hierdie bergreekse en styg tot sowat 2 500 m bo seevlak (Anai Mudi). Die reënval van hierdie skiereiland kom streng seisoensgewys voor en die enigste rede waarom die gebied so baie mense kan onderhou, is die grootskeepse gebruik van besproeiing. Rys is die vernaamste oes langs die kus, terwyl Indiese manna of Guinee-koring op die plato self gekweek word. Katoen is baie belangrik in die noordwestelike deel van die Dekkan.
Die hoofartikel vir hierdie afdeling is:Indo-China.
Ligging van Indo-China
Hierdie skiereiland lê tussen Indië en China en is die suidelikste Asiatiese skiereiland. Dit strek in die suidweste tot by die lang, smalMaleise Skiereiland (Malakka), wat op sy beurt byna tot by die ewenaar strek. Die skiereiland omvat lande soosMianmar,Thailand,Kambodja,Laos enViëtnam. Die belangrikste landbouprodukte van die skiereiland met sy moesonklimaat isrys,rubber,tee,katoen,tabak enpiesangs. Hierdie deel van Asië is egter ook ryk aan delfstowwe, veral tin en tungsten.
Daar is nog baie kleiner skiereilande in Asië. Tussen dieSee van Ochotsk en dieBeringsee lê dieKamtsjatka-skiereiland (270 000 km²). Van die noordooste na die suidweste op hierdie skiereiland loop die vulkanieseSredinni-gebergte. Die hoogste spits isKloetsjef (4 778 m). Vanweë die uiters ongunstige klimaatsomstandighede is die eiland, wat sedert 1706 aan Rusland behoort, baie dun bevolk.
Tussen dieGeelsee en dieSee van Japan lê die skiereiland vanKorea (220 000 km²); dieSeestraat van Korea skei hierdie skiereiland van die Japanse eilande. Die oostelike deel is bergagtig en woudryk. In die weste word diep, vrugbare grond intensief benut. Die noordelike deel van die skiereiland is ryk aan verskeie minerale:goud,yster,steenkool,koper enlood. Die grootste rivier, die 790 km langeYalu, vorm die grens tussenKorea enMantsjoerye.
Nasa-Satellietbeeld van die Aleoetiese EilandeNasa-Satellietbeeld van die KoerileKaart van die Japanse Argipel
Asië is 'n besonder eilandryke vasteland. Die ooskus van Asië bestaan uit 'n reeks eilandkettings, wat van Alaska tot bySumatra strek. Kleiner eilandgroepe kom voor in dieGolf van Bengale, in dieArabiese See en in dieNoordelike Yssee. Die belangrikste eilandgroepe en eilande is (van noord na suid):
Hierdie eilandketting lê tussenAlaska enKamtsjatka en omvat sowat 150 eilande en eilandjies van vulkaniese oorsprong. Die eilandketting is 1 750 km lank en beslaan 'n totale oppervlakte van 17 450 km². Die klimaat is straf en die reënval hoog. Die eilande word deur sowat 6 000 mense, meestalInuïete, bewoon. DieAleoete is in 1741 ontdek en is in 1867 saam metAlaska deur dieVerenigde State vanRusland gekoop.
Die Koerile is 'n 1 200 km lange eilandboog tussenKamtsjatka enJapan. Dit bestaan uit altesame 36 eilande van vulkaniese oorsprong met 'n totale oppervlakte van 15 600 km². Die Koerile het tot in 1945 aan Japan behoort. Daarna het dit onder die beheer van dieSowjetunie gekom en behoort nou aan Rusland.
Japan bestaan uit vier hoofeilande en meer as 8 000 kleiner eilande met 'n totale oppervlakte van 372 487 km². Die eilande strek oor meer as 4 000 km van noord na suid. Die hoofeilande isHonsjoe,Hokkaido,Sjikokoe enKioesjoe. Die eilande het talle inhamme en baaitjies aan die kus, terwyl die binneland in die algemeen taamlik bergagtig is. InJapan is daar 192 vulkane (waarvan 58 aktief) en talle warmwaterbronne, en die land word dikwels deuraardbewings geteister. Die· hoogste berg isFoedji (3 776 m) op die eiland Honsjoe. Die noordelike deel van Japan het 'n gematigde en die suidelike deel 'n subtropiese moesonklimaat.
Hierdie eiland, wat hoofsaaklik deur Chinese bewoon word, het 'n oppervlakte van 36 000 km² en 16 in die Oos-Chinese See. Die klimaat is gematig en die plantegroei welig Die belangrikste landbouprodukte is rys,suiker,patats,kanfer,neute,tee enhennep, terwylgoud,steenkool enaardolie ontgin word. Die berge in die ooste bereik by Mount Morrison 'n hoogte van 3 997 m. Die westelike deel van die eiland bestaan grotendeels uit laagland.Taiwan het vroeër as Formosa bekend gestaan.
Tussen Asië enAustralië lê die eilande-wêreld vanIndonesië en dieMaleise argipel. Die meer as 22 000 eilande vorm die grootste argipel op aarde. Tot die argipel behoort onder meer dieSoenda-eilande, dieMolukke en dieFilippyne. In hierdie aardbewingryke gebied word sowat 130 aktiewevulkane aangetref. Die grootste eiland van die argipel, en een van die grootste eilande ter wêreld, isBorneo (ook bekend as Borneo; 751 000 km²).
Die binneland van hierdie eiland is baie bergagtig en dig bebos. Die sowat 6 miljoen inwoners woon hoofsaaklik in die kusstreke. Ander groot eilande is:Soematra (473 600 km²),Sulawesi (vroeër bekend as Celebes; 189 035 km²) enJava (132 267 km²). DieFilippyne (300 000 km²) bestaan uit 7 107 eilande, waarvan 730 bewoon word. Die grootste eilande isLuzon,Mindanao,Samar,Negros enPalawan. Hierdie eilande het 'n tropiese klimaat. DieMolukke (Maloekoe) lê tussen Sulawesi enNieu-Guinee; hierdie eilande het 'n totale oppervlakte van 74 505 km² en word deur sowat 'n miljoen mense bewoon. Op hierdie eens beroemde spesery-eilande speel die verbouing van speserye vandag net nog 'n baie klein rol.