As You Like It is 'nkomedie deurWilliam Shakespeare wat in 'n woud afspeel en oor die huwelike en avonture van twee paartjies, Rosalind en Orlando, en Celia en Oliver, handel.[1] Dit is in1599 of vroeg1600 geskryf.
Die toneelstuk is in dieStationer's Company (Papierwinkelvennootskap) se register bygevoeg op4 Augustus, 1600, maar was nie in gedrukte vorm beskikbaar tot die uitgawe van dieEerste folio in1623 nie.
Daar is geen rekord van enige opvoering voor dieEngelse Restaurasie nie. Daar was egter 'n moontlike opvoering by Wilton House inWiltshire, die setel van die Grawe van Pembroke. William Herbert, die 3e Graaf van Pembroke hetJames I en sy gevolg by Wilton House onthaal van Oktober tot Desember1603. DieKing's Men (Koning se manne) was £30 betaal om na Wilton House te kom en vir die koning 'n toneelstuk op te voer op 2 Desember, 1603. Volgens oorlewering van die Herbert-familie was die toneelstuk daardie aandAs You Like It.[2]
Die toneelstuk is aan dieKing's Company (Koning se geselskap) toegewys volgens koninklike bevel in 1669. Dit was in ook verwerkte vorm by die teater in Drury Lane in 1723 opgevoer onder die titelLove in a Forest. 'n Ander opvoering by Drury Lane, 17 jaar later, het weer teruggekeer na die oorpronklike Shakespeare teks (1740).[3]
Bekende onlangse produksies vanAs You Like It sluit in die1936 Old Vic Theatre opvoering, metEdith Evans in die hoofrol en die 1961 Shakespeare Memorial Theatre opvoering metVanessa Redgrave in die hoofrol. Die langste aaneenlopendeBroadway produksie was metKatharine Hepburn enErnest Thesiger, met Michael Benthall as die regisseur. Dit het 145 opvoerings beloop in 1950.