Artabanus II (ook gespelArtabanos II ofArdawan II;Parties:𐭍𐭐𐭕𐭓kode: xpr is verouderd,Ardawān), in ouer tekste verkeerdelik "Artabanus III" genoem,[1] was van 12 tot 38/41n.C. koning van konings van diePartiese Ryk, met 'n jaar onderbreking.
Hy was die susterskind en opvolger vanVonones I, aangesien sy ma die dogter van die Partiese koningFraates IV was.[2] Sy pa was 'n prins en moontlik 'n afstammeling van 'n vroeëre koning,Mitridates II.[3][2]
Voordat hy die Partiese troon bestyg het, was Artabanus koning vanAtropatene. Van daar af het hy teen Vonones I geveg, omdat die Partiese adel teen Vorones was oor sy Romeinse opvoeding, en hom eindelik verslaan. Vonones het na dieKoninkryk Armenië gevlug en dié land se koning geword.
Nadat Artabanus twee keer probeer het om sy seun op die Armeense troon te plaas, was 'n oorlog teen dieRomeine onafwendbaar, want hulle het dit as 'n bedreiging beskou. Hulle het Fraates IV se kleinseun,Tiridates III, gestuur om Artabanus se troon oor te neem en Romeinse gesag in die gebied te herstel. Artabanus II se volgelinge het hom verlaat en hy het na die ooste gevlug.
Tiridates III kon nie beheer handhaaf nie, want die Parters het hom as 'nvasal van die Romeine beskou. Artabanus II het met 'n sterk leërSkitiërs vanHirkanië gekom en is weer deur die Parters aanvaar, terwyl Tiridates III na Sirië gevlug het.
Olbrycht, Marek Jan (2016). "Dynastic Connections in the Arsacid Empire and the Origins of the House of Sāsān". In Curtis, Vesta Sarkhosh; Pendleton, Elizabeth J.; Alram, Michael; Daryaee, Touraj (reds.).The Parthian and Early Sasanian Empires: Adaptation and Expansion. Oxbow Books.ISBN9781785702082.