Arne Dahl | |
---|---|
![]() Jan Arnald in 2011 | |
Gebore | Jan Lennart Arnald 11 Januarie1963 |
Nasionaliteit | ![]() |
Beroep | Romanskrywer en literêre kritikus |
Bekend vir | Ont Blod Misterioso Upp till toppen av berget |
Webwerf | www.arnedahl.net |
Arne Dahl is die skrywersnaam van dieSweedse skrywerJan Lennart Arnald (*11 Januarie1963).
Arnald is 'n literatuurwetenskaplike en staan in diens van die Sweedse Akademie (Svenska Akademien) wat jaarliks dieNobelprys vir Letterkunde toeken. Hy het drie boeke onder sy ware naam gepubliseer. Hy is daarnaas die uitgewer van twee tydskrifte,Artes enAiolos, en staan as literêre kritikus in diens van dieGotenburgsedagbladGöteborgs Posten.
Jan Lennart Arnald het sy deurbraak as skrywer in 1998 met sy reeks van misdaadromans rondom die sogenaamde A-groep, 'n spesiale eenheid van die Sweedse polisie wat teen internasionale misdaad optree, en die hoofkarakters Paul Hjelm en Kerstin Holm, behaal. Die reeks, wat Arnald onder sy skuilnaam Arne Dahl gepubliseer het, is in 'n verskeidenheid tale vertaal.
Volgens sy eie voorneme sou die reeks tot tien romans beperk wees. So het Arnald in 2011 metViskleken 'n nuwe speurderreeks rondom 'n geheime spesialiste-eenheid van Europol begin. Arto Söderstedt, 'n karakter uit 'n vorige reeks, maak deel uit van dié span.
Arnald woon tans inStockholm en dieBerlynse distrik Neukölln.
A-groep-reeks
Europol-reeks
As Jan Arnald