Movatterモバイル変換


[0]ホーム

URL:


Gaan na inhoud
Wikipedia
Soek

Archaea

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie

Archaea (Archeabacteria)
Halobacteria – elke sel is sowat5 μm lank.
Wetenskaplike klassifikasie
Domein:
Archaea
Koninkryke en filums

Crenarchaeota
Euryarchaeota
Korarchaeota
Nanoarchaeota
Thaumarchaeota

Archaea is ’ndomein van eenselligemikroörganismes. Dié mikrobes isprokariote, wat beteken hulle het geenselkern of enige ander organelle in hul selle wat deur ’n membraan omsluit word nie.

Archaea is aanvanklik asbakterieë geklassifiseer en het die naamArchaebacteria (in diekoninkryk Monera) gekry, maar dié klassifikasie is verouderd.[1] Hul selle het unieke eienskappe wat hulle skei van die ander twee domeins van lewe:Bacteria enEukaryota. Archaea word verder verdeel in vierfilums.

Archaea is eers beskou asekstremofiele wat in uiters ongunstige toestande soos warmwaterbronne en soutmere voorkom, maar hulle is sedertdien ontdek in ’n groot verskeidenheidhabitats, onder meer in diemenslikekolon en naeltjie.[2]

Hulle is veral talryk in die oseane, en die archaea inplankton kan een van die grootste groepe organismes op die planeet wees. Archaea is ’n belangrike deel van lewe op Aarde en kan ’n rol speel in beide diekoolstof- enstikstofsiklus.

Sien ook

[wysig |wysig bron]

Verwysings

[wysig |wysig bron]
  1. Pace NR (Mei 2006). "Time for a change".Nature.441 (7091): 289.Bibcode:2006Natur.441..289P.doi:10.1038/441289a.PMID 16710401.
  2. Dunn, Rob."After 2 Years Scientists Still Can't Solve Belly Button Mystery, Continue Navel-Gazing".Guest Blog (in Engels). Scientific American.Geargiveer vanaf die oorspronklike op 27 April 2015. Besoek op16 Januarie 2013.

Eksterne skakels

[wysig |wysig bron]
Normdata: NasionaalEdit this at Wikidata
Archaea
Ontsluit van "https://af.wikipedia.org/w/index.php?title=Archaea&oldid=2818226"
Kategorieë:
Versteekte kategorieë:

[8]ページ先頭

©2009-2026 Movatter.jp