Movatterモバイル変換


[0]ホーム

URL:


Gaan na inhoud
Wikipedia
Soek

Aralmeer

Koördinate:45°N60°O / 45°N 60°O /45; 60
in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Aralmeer

Die Aralmeer in 1989 en 2014

Tydlyn van inkrimping
Koördinate:45°N60°O / 45°N 60°O /45; 60
Ligging:Kasakstan,Oesbekistan
Soort:Binnemeer
Oppervlakte:17 160 km² (6 626 myl²) (2004, vier mere)
28 687 km² (11 076 myl²) (1998, twee mere)
68 000 km² (26 300 myl²) (1960, een meer)
Noord: 3 300 km² (1 270 myl²) (2008)
Suid: 3 500 km² (1 350 myl²) (2005)
Gemiddelde diepte:Noord: 8,7 m (29 vt) (2007)
Suid: 14–15 m (46–49 vt) (2005)
Maksimum diepte:Noord: 42 m (138 vt) (2008)[1]
30 m (98 ft) (2003)
Suid: 37–40 m (121–131 vt) (2005)
102 m (335 vt) (1989)
Volume:Noord: 27 km³ (6 myl³) (2007)
Opvangsgebied:1 549 000 km² (598 100 myl²)
Invloei:Noord:Sirdarja
Suid: net grondwater (voorheenAmoedarja)
Nedersettings:Aral, Kasakstan

DieAralmeer (Kasaks: Арал теңізі,Aral tenjizi;Oesbekies:Orol dengizi;Russies: Аральскοе море) was ’nmeer tussenKasakstan in die noorde enOesbekistan in die suide. ’n Rowwe vertaling van die naam is "See van Eilande" – dit verwys na meer as 1 534 eilande wat vroeër daar voorgekom het; in Oud-Turks betekenaral "eiland" of "struik".[2]

Kaart van die Aralmeerbekken in Asië

Dit was voorheen een van die grootste vier mere in die wêreld met ’n oppervlakte van 68 000 km². In die 1960's het dit geleidelik begin krimp omdat dieriviere wat dit gevoed het, deur dieSowjetunie weggelei is virbesproeiingsprojekte.

Teen 2007 het dit tot 10% van sy oorspronklike grootte gekrimp en in vier mere verdeel: dieNoord-Aralmeer, die oostelike en westelike komme van die eens veel groterSuid-Aralmeer en een kleiner meer tussen die Noord- en Suid-Aralmeer.[3] Teen 2009 het die suidoostelike meer verdwyn en die suidwestelike meer gekrimp tot ’n smal strook.[4]

Die meer is taamlik vlak, die grootste deel is dit nie dieper as tussen 10 en 20 m nie. Die kuste is oor die algemeenmoerasagtig. Twee riviere vloei in hierdie meer, naamlik dieAmoe Darja enSir Darja. Albei riviere stort jaarliks miljoene ton slik in die meer. Die maksimum diepte van die Aralmeer is 42 m (2008).[1]

Die krimping van die Aralmeer is "een van die planeet se ergste omgewingsrampe" genoem.[5] Die streek se eens vooruitstrewendevisbedryf is so te sê vernietig en dit hetwerkloosheid en ekonomiese teenspoed meegebring.

Die streek is ook ergbesoedel en dit het ernstige gesondheidsprobleme tot gevolg gehad. Dit het na berig word ook dieklimaat beïnvloed:somers is warmer en droër enwinters kouer en langer.[6]

In ’n poging om die Aralmeer te red en weer van water te voorsien, het Kasakstan ’ndamprojek in 2005 voltooi; in 2008 het die watervlak met 24 m gestyg vanaf sy laagste vlak in 2007.[7] Diesoutinhoud het ook gedaal en genoegvis kom weer in die meer voor sodat vissery lewensvatbaar kan wees.[8]

Die Aralmeer het talle eilandjies enskiereilande. In die winter is die noorsoostelike deel van die meer kliphard gevries. Steurvis en karpers word gevang en in die omgewing van die meer wordnatriumsulfaat gedelf. Die grootste kusdorp is Aralsk.

Fotogalery

[wysig |wysig bron]
  • Die Aralmeer soos vanaf die ruimte afgeneem, 1985
    Die Aralmeer soos vanaf dieruimte afgeneem, 1985
  • Die Aralmeer soos vanaf die ruimte afgeneem, 1997
    Die Aralmeer soos vanaf die ruimte afgeneem, 1997
  • Die "hergeboorte"-eiland sluit by die vasteland in die middel van 2001 aan.
    Die "hergeboorte"-eiland sluit by die vasteland in die middel van 2001 aan.
  • Nasa-satellietbeeld van die Aralmeer in 2009
    Nasa-satellietbeeld van die Aralmeer in 2009
  • Sandstorm oor die Aralmeer in Maart 2010
    Sandstorm oor die Aralmeer in Maart 2010
  • Nasa-satellietbeeld van die Aralmeer in Augustus 2010, met 'n deel van die oostelike kom wat deur water van gesmelte sneeu oorstroom is.
    Nasa-satellietbeeld van die Aralmeer in Augustus 2010, met 'n deel van die oostelike kom wat deur water van gesmeltesneeu oorstroom is.
  • Nasa-satellietbeeld van die Aralmeer in 2014, die oostelike kom is heeltemal toegeslik
    Nasa-satellietbeeld van die Aralmeer in 2014, die oostelike kom is heeltemal toegeslik
  • Nasa-satellietbeeld van die Aralmeer in 2017
    Nasa-satellietbeeld van die Aralmeer in 2017

Verwysings

[wysig |wysig bron]
  1. 1,01,1"The Kazakh Miracle: Recovery of the North Aral Sea" (in Engels). Environment News Service. 1 Augustus 2008. Geargiveer vanafdie oorspronklike op 8 September 2019. Besoek op22 Maart 2010.
  2. Old Turkic Dictionary, Leningrad, Science, 1969, bl. 50
  3. Philip Micklin; Nikolay V. Aladin (Maart 2008)."Reclaiming the Aral Sea".Scientific American. Besoek op17 Mei 2008.{{cite news}}: AS1-onderhoud: meer as een naam (link)
  4. Satellietbeeld, 16 Augustus 2009 (klik op "2009"-skakel)
  5. Daily Telegraph (5 April 2010)."Aral Sea 'one of the planet's worst environmental disasters'".The Daily Telegraph (in Engels). Londen. Geargiveer vanafdie oorspronklike op 6 Oktober 2014. Besoek op1 Mei 2010.
  6. U.S. Geological Survey (1 Mei 2007)."Earthshots: Aral Sea". U.S. departement van binnelandse sake.Geargiveer vanaf die oorspronklike op 18 Februarie 2013. Besoek op17 Mei 2008.
  7. The rehabilitation of the ecosystem and bioproductivity of the Aral Sea under conditions of water scarcityGeargiveer 13 Februarie 2012 opWayback Machine (2007)
  8. "Aral Sea Reborn" (in Engels). Al Jazeera. 21 Julie 2012.Geargiveer vanaf die oorspronklike op 18 April 2020. Besoek op6 Januarie 2013.

Bronne

[wysig |wysig bron]

Eksterne skakels

[wysig |wysig bron]
Arktiese Oseaan
Atlantiese Oseaan
Indiese Oseaan
Stille Oseaan
Suidelike Oseaan
Endoreïse bekken
NormdataEdit this at Wikidata
Ontsluit van "https://af.wikipedia.org/w/index.php?title=Aralmeer&oldid=2618172"
Kategorieë:
Versteekte kategorieë:

[8]ページ先頭

©2009-2025 Movatter.jp