Movatterモバイル変換


[0]ホーム

URL:


Gaan na inhoud
Wikipedia
Soek

Arabiese skrif

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Arabiese skrif
Tyd gebruikDerde eeu v.C. tot op hede
Stelsels
Moederstelsels
ISO 15924Arab
Wêreldwye gebruik van die Arabiese skrif
Arabic alphabet world distribution
Arabiese alfabet wêreldverspreiding
Lande waar die Arabiese skrif voorkom:
  die enigste amptelike skrif
  amptelik saam met ander skrifte
  amptelik op provinsiale vlak (China, Indië, Tanzanië) of 'n erkende tweede skrif van die amptelike taal (Maleisië, Tadjikistan)

DieArabiese skrif is dieskryfstelsel wat gebruik word vir dieArabiese taal (Arabiese alfabet), sowel as ander tale van Asië en Afrika. Die skrif word vanregs na links in 'n lopende styl geskryf, waarin die meeste letters in effens verskillende vorme geskryf word, afhangend daarvan of hulle alleen staan of aan 'n volgende of voorafgaande letter gekoppel is. Die skrif is enkelkas en het dus nie duidelikehoofletters of kleinletters nie.[1] In die meeste gevalle transkribeer die letters slegskonsonante, dus is die meeste Arabiese alfabetteabjads. Weergawes wat vir sommige tale gebruik word, en konsonante sowel as 'n paar vokale transkribeer, word asalfabette gereken, soos die Sorani-dialek van Koerdies,Kasjmiri,Gorani, Uyghur,Mandaryns en Serwo-Kroaties.[2] Dit is die basis vir die tradisie vanArabiese kalligrafie.

Dit is die tweede mees gebruiktealfabetiese skryfstelsel ter wêreld, naas dieLatynse skrif,[1] volgens die aantal lande wat dit gebruik. Arabiese skrif is derde volgens die aantal gebruikers, naas die Latynse skrif enChinese skryfstelsel.[2]

Die woord "Arabies" in die Arabiese Naskh-skrif.
Die woord "Arabies" in die Arabiese Naskh-skrif.

Die skrif is aanvanklik gebruik om tekste in Arabies te skryf, veral dieKoran, die heilige boek vanIslam. Met die verspreiding van Islam het die skrif in baie taalfamilies posgevat. Nuwe letters en ander simbole is in gebruik geneem om aan te pas by die nuwe tale. Tale wat Arabiese skrif gebruik is onder andereArabies,Persies ( Farsi enDari ),Urdu,Uyghur,Koerdies,Pasjtoe,Punjabi ( Shamukhi ),Sindhi,Azerbeidjans,Maleis,Javaans,Soendanees,Madurees enIndonesies,Balochi,Luri,Kasjmiri, Cham, Rohingya,Somalies,Mandinka enMooré. Tot en met die16de eeu is dit ook soms inSpaanse tekste gebruik. Voor die Turse skrifhervorming van 1928 was dit die skryfstelsel vanTurks.[1]

Afrikaans is aanvanklik omstreeks 1830 in die Arabiese skrif neergepen deur dieKaapse Maleiers en wordArabiese Afrikaans genoem.

Geskiedenis

[wysig |wysig bron]

Die Arabiese alfabet is afgelei van óf dieNabatese alfabet óf (minder algemeen geglo) direk van dieSiriese alfabet, wat weer albei afgelei is van dieAramese alfabet, wat op sy beurt van dieFenisiese alfabet afgelei is.[1][2] DieGriekse alfabet het ook sy wortels in die Fenisiese skrif, en dus so ook beide dieCyrilliese alfabet en dieLatynse alfabet wat in Noord- en Suid-Amerika en die meeste Europese lande gebruik word.[3]

In die 6de en 5de eeue v.C. het noordelike Arabiese stamme geëmigreer en 'n koninkryk rondomPetra in Jordanië gestig. Hierdie volk, dieNabateërs, het Nabataese Arabies, 'n dialek van dieArabiese taal, gepraat. Die eerste bekende geskrifte van die Nabataese alfabet in dieAramese taal dateer van ongeveer die 2de of 1ste eeue v.C.[2] Dit was die taal van kommunikasie en handel, maar dit het 'n paar Arabiese taalkenmerke ingesluit: die Nabataeërs het nie die taal geskryf wat hulle gepraat het nie. Hulle het in 'n vorm van die Aramese alfabet geskryf wat aanhou ontwikkel het. Dit het in twee vorme verdeel: een vorm bedoel vir inskripsies (bekend as "monumentale Nabataese") en die ander, meer kursief en haastig geskryf, met saamgevoegde letters, soos vir die skrif oppapirus.[1] Hierdie kursiewe vorm het die monumentale vorm al hoe meer beïnvloed en geleidelik in die Arabiese alfabet verander.

Die termAjamī, wat van die Arabiese wortel vir "vreemd" kom, word gebruik om na Arabies-gebaseerde ortografieë van Afrikatale te verwys.

Sien ook

[wysig |wysig bron]

Verwysings

[wysig |wysig bron]
  1. 12345"Arabic Alphabet". Encyclopædia Britannica online. Geargiveer vanafdie oorspronklike op 26 April 2015. Besoek op16 Mei 2015.
  2. 1234Vaughan, Don."The World's 5 Most Commonly Used Writing Systems". Encyclopædia Britannica. Geargiveer vanafdie oorspronklike op 29 Julie 2023. Besoek op29 Julie 2025.
  3. Senner, Wayne M. (1991).The Origins of Writing (in Engels). U of Nebraska Press. p. 100.ISBN 0803291671.
Normdata: NasionaalEdit this at Wikidata
Ontsluit van "https://af.wikipedia.org/w/index.php?title=Arabiese_skrif&oldid=2876978"
Kategorieë:
Versteekte kategorie:

[8]ページ先頭

©2009-2026 Movatter.jp