| Arabiese See |
|---|
 Ligging van die Arabiese See |
 Kaart van die Arabiese See |
| Koördinate: | 18°N66°O / 18°N 66°O /18; 66 |
| Ligging: | Indië,Iran,Jemen,Maledive,Oman,Pakistan,Somalië |
| Soort: | See van dieIndiese Oseaan |
| Oppervlakte: | 3 862 000 km² (1 491 000 myl²) |
| Maksimum diepte: | 4 652 meter (15 262 voet) |
| Breedte: | 2 400 km (1 500 myl) |
| Invloei: | Indus,Narmada,Tapti |
| Eiland/e: | Lakkadive,Maledive enSokotra |
| Nedersettings: | Karatsji,Moembaai,Surat,Thiruvananthapuram |
DieArabiese See (Arabies: حر العربBaḥr al 'Arab,Persies: دریای عرب,Oerdoe: بحیرہ عرب,Hindi: अरब सागर,Sanskrit: सिन्धू सागरSindhusagaraha, letterlike betekenis:See van Sindh) is diesee tussenIndië enArabië.[1] Dit is deel van dieIndiese Oseaan en word deurSomalië,Jemen,Oman,Iran,Pakistan,Indië en dieMaledive omring. Die oppervlakte daarvan is ongeveer 3 862 000 km² en die maksimum diepte is ongeveer 5 000 meter. Die Arabiese See is ná dieArabiese Skiereiland genoem.
Die Arabiese See word deur 'n denkbeeldige lyn tussenSokotra in die weste en die Maledive in die ooste van dieIndiese Oseaan geskei. Dit het twee randseë: DieGolf van Aden, wat hierdie see met dieRooisee verbind, en dieGolf van Oman, wat dit met diePersiese Golf verbind.[2]
Groot stede aan die Arabiese See isKaratsji,Moembaai,Surat enThiruvananthapuram en die belangrikste riviere wat in die see uitmond is dieIndus, dieNarmada en dieTapti, almal van dieIndiese subkontinent. In Suid-Indië loop dieWes-Ghats parallel tot die Arabiese See se ooskus.
|
|---|
| Internasionaal | |
|---|
| Nasionaal | |
|---|
| Geografies | |
|---|
| Ander | |
|---|