Movatterモバイル変換


[0]ホーム

URL:


Gaan na inhoud
Wikipedia
Soek

Aquitanium

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Periode/
sisteem
Epog/
serie
Tydsnede/
etage
M. jaar
gelede
KwartêrPleistoseenGelasiumjonger
NeogeenPlioseenPiasensium2,588–3,600
Zancleum3,600–5,332
MioseenMessinium5,332–7,246
Tortonium7,246–11,608
Serravallium11,608–13,65
Langhium13,65–15,97
Burdigalium15,97–20,43
Aquitanium20,43–23,03
PaleogeenOligoseenChattiumouer
Die verdeling van die Neogeen (IKS).

DieAquitanium is die eerstechronostratigrafieseetage sowel asgeologiese tydsnede van onderskeidelik diesisteem enperiodeNeogeen (serie/epogMioseen). Dit verwys dus na ’n tydperk sowel as die gesteentes wat in dié tydperk gevorm het.

Die tydperk was van sowat 23,03 tot 20,43 miljoen jaar gelede.[1] Dit is voorafgegaan deur dieChattium en gevolg deur dieBurdigalium.

Naam en definisie

[wysig |wysig bron]

Die Aquitanium is in 1853 deur dieSwitserse paleontoloog Karl Mayer-Eymar genoem naAkwitanië, ’n gebied in Suidwes-Frankryk. Dieglobale stratotipepunt van die etage lê in die Lemme-Carrosio-profiel by Carrosio, noord vanGenua,Italië.[2]

Die basis van die etage word gedefinieer deur die begin van die magnetiesechronosone C6Cn.2, die eerste voorkoms van die ForaminiferaParagloborotalia kugleri en die laaste voorkoms van dienannoplanktonReticulofenestra bisecta; die bokant word gedefinieer deur die eerste voorkoms van die ForaminiferaGlobigerinoides altiaperturus en die einde van die magnetiese chronosone C6An.

Verwysings

[wysig |wysig bron]
  1. Gradsteinet al. (2012)
  2. Steiningeret al 1997

Bronne

[wysig |wysig bron]
  • (en) Gradstein, F.M.; Ogg, J.G.; Schmitz, M.D. & Ogg, G.M.;2012:A Geologic Time Scale 2012, Elsevier,ISBN 0444594256.
  • (de) Mayer-Eymar, K.;1858:Versuch einer neuen Klassifikation der Tertiär-Gebilde Europa’s, Verhandlungen der Schweizerischen Naturforschenden Gesellschaft17–19 (Augustus 1857), p. 70–71 & 165–199.
  • (en) Steininger, F.F.; Aubry, M.P.; Berggren, W.A.; Biolzi, M.; Borsetti, A.M.; Cartlidge, J.E.; Cati, F.; Corfield, R.; Gelati, R.; Iaccarino, S.; Napoleone, C.; Ottner, F.; Rogl, F.; Roetzel, R.; Spezzaferri, S.; Tateo, F.; Villa, G. & Zevenboom, D.;1997:The Global Stratotype Section and Point (GSSP) for the base of the Neogene, Episodes20(1), p. 23-28.
Ontsluit van "https://af.wikipedia.org/w/index.php?title=Aquitanium&oldid=1790510"
Kategorieë:
Versteekte kategorie:

[8]ページ先頭

©2009-2025 Movatter.jp