Periode/ sisteem | Epog/ serie | Tydsnede/ etage | M. jaar gelede | ||
---|---|---|---|---|---|
Paleogeen | Paleoseen | Danium | jonger | ||
Kryt | Laat | Maastricht | 66,0–72,1 | ||
Campanium | 72,1–83,6 | ||||
Santonium | 83,6–86,3 | ||||
Coniakium | 86,3–89,8 | ||||
Turonium | 89,8–93,9 | ||||
Senomanium | 93,9–100,5 | ||||
Vroeg | Albium | 100,5–~113,0 | |||
Aptium | ~113,0–~125,0 | ||||
Barremium | ~125,0–~129,4 | ||||
Hauterivium | ~129,4–~132,9 | ||||
Valanginium | ~132,9–~139,8 | ||||
Berriasium | ~139,8–~145,0 | ||||
Jura | Laat | Titonium | ouer | ||
Die verdeling van die Kryt (IKS). |
DieAptium is ’nchronostratigrafieseetage sowel as ’ngeologiese tydsnede van onderskeidelik diesisteem enperiodeKryt (serie/epog Vroeë Kryt). Dit verwys dus na ’n tydperk sowel as die gesteentes wat in dié tydperk gevorm het.
Die tydperk was van sowat 125 tot 113 miljoen jaar gelede.[1] Dit is voorafgegaan deur dieBarremium en gevolg deur dieAlbium.
Die Aptium is in 1840 deur die paleontoloog Alcide d'Orbigny genoem na Apt in dieFransedépartementVaucluse. Die basis van die etage word gedefinieer deur die eerste voorkoms van die magnetiesechronosone M0r, en die bokant deur die eerste voorkoms van diemikrofossielPraediscosphaera columnata.
In die boonste Aptium en onderste Albium is fossieloorblyfsels van die enormekrokodilSarcosuchus imperator inNiger,Afrika, gevind.
In die Aptium hetGondwana reeds opgebreek in Suid-Amerika, Afrika, Madagaskar-Indië en Antarktika-Australië, maar die afstande tussen hierdie brokstukke is nog nie groot nie en biologies het hulle nog taamlik goed spesies kan uitwissel.