Anton Wilhelm Amo (LatynsAntonius Guilielmus Amo Afer ab Aximo in Guinee) (1703-1756) was die eerste bekende filosoof van 'n Afrika-agtergrond inDuitsland.[1] Hy is gebore in Nkubeami naby Aximia inGhana.
Dit is onduidelik hoe Amo naEuropa gekom het. Hy dien inAmsterdam in Hertog van Brunswyk se hof en is onder sy beskerming gedoop. Amo het aanWittenberg gestudeer en daar sy doktorsgraad infilosofie verwerf. Nadat hy inJena,Halle en Wolfenbüttel gewerk het, het hy naAfrika teruggekeer.[2]
In onlangse jare inDuitsland is voorgestel dat openbare pleine na Amo vernoem word, en in sommige gevalle is dit reeds gedoen (bv.Stuttgart).[3] Hy is in verskeie museumuitstallings herdenk, insluitend "Anton Wilhelm Amo. Between the Worlds" in Wittenberg in 2024.[4]