Movatterモバイル変換


[0]ホーム

URL:


Gaan na inhoud
Wikipedia
Soek

Antigua en Barbuda

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Antigua en Barbuda
Antigua and Barbuda (Engels)
Vlag van Antigua en BarbudaWapen van Antigua en Barbuda
VlagWapen
Nasionale leuse:Each Endeavouring, All Achieving
(Engels vir: "Elk strewe, Al bereik")
Volkslied:Fair Antigua, We Salute Thee
(Engels vir: "Gelukkige Antigua, Ons groet jou")

Koninklike volkslied:
God Save the King
(Engels vir: "God beskerm die koning")
Ligging van Antigua en Barbuda
HoofstadSt. John’s

17°7′N61°51′W / 17.117°N 61.850°W /17.117; -61.850

Grootste stadSt. John’s
Amptelike taleEngels
Regering

Monarg
• Goewerneur-generaal
Eerste minister
Unitêre parlementêre
grondwetlike monargie
Charles III
SirRodney Williams
Gaston Browne
Onafhanklikheid
• Geassosieerde land
• van dieVerenigde Koninkryk
• Huidige grondwet

27 Februarie1967
1 November1981
1 November 1981
Oppervlakte
 - Totaal
 
 - Water (%)
 
443[1] km2  (200ste)
171 myl2
feitlik geen
Bevolking
 - 2024-skatting
 - 2011-sensus
 -Digtheid
 
102 634[1] (194ste)
84 816
232 / km2
600 / myl2
BBP (KKP)
 - Totaal
 - Per capita
2025-skatting

$3,436 miljard[2] (196ste)
$32 736[2](59ste)

BBP (nominaal)
 - Totaal
 - Per capita
2025-skatting

$2,437 miljard[2] (193ste)
$23 216[2](49ste)

MOI (2022) 0,826[3] (54ste)  – hoog
GeldeenheidDollar (XCD)
Tydsone
 -Somertyd
AST (UTC-4)
nie toegepas nie (UTC-4)
Internet-TLD.ag
Skakelkode+1-268

Antigua en Barbuda (Engels:Antigua and Barbuda, [ænˈtiːɡ(w)ə ... bɑːrˈb(j)uːdə],luister(hulp·inligting);Spaans vir: "antiek" en "bebaard") is 'neilandstaat inNoord-Amerika met 'n oppervlakte van 443 km² en 'n bevolking van 102 634 in 2024.[1] Die land bestaan uit drie eilande: Antigua, Barbuda en die onbewoonde Redonda wat tot dieKlein-Antille behoort.

Nasa-satellietbeeld van Antigua en Barbuda
Kaart van Antigua en Barbuda

Antigua en Barbuda is in die oostelike deel van dieKaribiese See op die grens met dieAtlantiese Oseaan geleë. Dit is in die ooste vanSaint-Martin enSt. Kitts en Nevis en in die noorde vanGuadeloupe enMontserrat geleë. Diehoofstad en grootste stad isSt. John’s, wat op die hoofeiland Antigua geleë is.

Die eilande van Antigua en Barbuda is in 1493 deurChristophorus Columbus tydens sy tweede reis virEuropa ontdek en die groter eiland is deur hom náSanta Maria de la Antigua genoem. DieSpanjaarde het dié eilande weens 'n gebreek aan vars water nie gekoloniseer nie, maar siektes uit Europa enAfrika, wanvoeding enslawerny het waarskynlik die inheemse bevolking uitgeroei. In 1632 het dieEngelse op Antigua gevestig en in 1684 op Barbuda. Dié eilande is by dieBritse Ryk ingelyf en slawe is ná dié eilande se suikerrietplantasies gebring. In 1833 is slawerny deur die Britte verbied. Tussen 1958 en 1962 het dit saam met ander Britse kolonies in dieKaribiese gebied deel uitgemaak van die Wes-Indiese Federasie.

Op 1 November 1981 het Antigua en Barbuda van die Verenigde Koninkryk onafhanklik geword. Dit is 'ngrondwetlike monargie binne dieBritse Statebond enCharles III van die Verenigde Koninkryk is diestaatshoof van dié land. Al drie eilande is laag boseespieël en bestaan uitkoraal enkalksteen. Die eilande is gesogte vakansieplekke en dieekonomie is veral optoerisme gebaseer.[1]

Sport

[wysig |wysig bron]

Krieket is Antigua en Barbuda se gewildstesportsoort en word as nasionale sport beskou.[4] Antigua en Barbuda is een van die eilandstate wat met ander Karibiese state spelers beskikbaar stel vir dieWes-Indiese nasionale krieketspan, een van die "nasionale spanne" in internasionale krieket mettoetsstatus. Die Wes-Indiese nasionale krieketspan het aan amper elkekrieketwêreldbekertoernooi deelgeneem, die eerste twee toernooie in1975 en1979 gewen en slegs die2023-toernooi misgeloop. Daarbenewens kon hulle dieT20I-wêreldbekertoernooi twee keer (in2012 en2016), en beide dieKampioenetrofee (in2004) en dieo/19-krieketwêreldbeker (in 2016) eenkeer wen. Saam metBarbados,Grenada,Guyana,Jamaika, St. Kitts en Nevis,St. Lucia enTrinidad en Tobago het dié eilandstaat dieKrieketwêreldbeker 2007 aangebied, wat deurAustralië gewen is. Antigua en Barbuda het ook saam met Barbados, Guyana, St. Lucia,St. Vincent en die Grenadine, Trinidad en Tobago en dieVerenigde State dieT20I-wêreldbeker 2024 gehuisves, watIndië kon beklink. Antigua en Barbuda lewer beroemde krieketspelers soosViv Richards enCurtly Ambrose.[5]

Verwysings

[wysig |wysig bron]
  1. 1,01,11,21,3(en)"Antigua and Barbuda".Central Intelligence Agency. Besoek op11 Februarie 2025.
  2. 2,02,12,22,3(en)"Antigua and Barbuda".Internasionale Monetêre Fonds. Oktober 2024. Besoek op11 Februarie 2025.
  3. (en)"Human Development Report 2023/2024"(PDF). United Nations Development Programme. 13 Maart 2024. Besoek op11 Februarie 2025.
  4. (en)"Antiguans and Barbudans". everyculture.com.Geargiveer vanaf die oorspronklike op 9 Oktober 2019. Besoek op19 Mei 2018.Cricket, a left-over from the British rule, is the national sport of Antigua and Barbuda.
  5. HAT Taal-en-feitegids, Pearson, Desember 2013,ISBN 978-1-77578-243-8

Bronnelys

[wysig |wysig bron]
Algemeen

Eksterne skakels

[wysig |wysig bron]
Lande en gebiede inNoord-Amerika
Onafhanklike lande
Afhanklike gebiede
Frankryk
Koninkryk van Denemarke
Koninkryk van die Nederlande
Nederland
Verenigde Koninkryk
Verenigde State
Lande van
Internasionaal
Nasionaal
Geografies
Kunstenaars
Mense
Ander
Ontsluit van "https://af.wikipedia.org/w/index.php?title=Antigua_en_Barbuda&oldid=2847867"
Kategorieë:

[8]ページ先頭

©2009-2025 Movatter.jp