Movatterモバイル変換


[0]ホーム

URL:


Gaan na inhoud
Wikipedia
Soek

Anti-Kominternpakt

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Joachim von Ribbentrop, Hitler se minister van buitelandse sake, het die Anti-Kominternpakt onder die wakende oog van die Japannese ambassadeur Kintomo Mushakoji onderteken.

DieAnti-Kominternpakt (Duits:Antikominternpaktkode: de is verouderd,Italiaans:Patto anticominternkode: it is verouderd,Japannees 防共協定Bōkyō kyōtei) was 'n verdrag onderteken deur die Japannese Ryk enNazi-Duitsland op 25 November 1936, teenkommunisme, in besonder dieSowjetunie. In 1937 hetItalië by hierdie verdrag aangesluit, wat diespilmoonthede gevorm het. Later het die nuwe lede van die spilmoonthede enSpanje aangesluit.

Die verdrag was bedoel, volgens die ondertekenaars, om die wêreldgemeenskap teen kommunisme te beveilig. Elke party en elke land wat by die Komintern, die Kommunistiese Internasionale, aangesluit het, was amper outomaties 'n vyand van Japan en Duitsland.

In die geval van 'n aanval deur die Sowjetunie op Duitsland of Japan, sal die twee lande saam besluit watter maatreëls nodig was. Daarbenewens het die lande ooreengekom dat hulle geen politieke verdrae met die Sowjetunie sou sluit nie en Duitsland het die JapannesevasaalstaatMantsjoekwo, wat op Chinese grondgebied was, erken.

Sien ook

[wysig |wysig bron]

Eksterne skakels

[wysig |wysig bron]
  • Relations of Japan with the European axis powers, inUnited States Department of State,Papers relating to the foreign relations of the United States, Japan: 1931-1941, II, Washington, 1943, pp.153-186.
Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik vanuit dieNederlandse Wikipedia vertaal.
Internasionaal
Nasionaal
Ander
Ontsluit van "https://af.wikipedia.org/w/index.php?title=Anti-Kominternpakt&oldid=2815029"
Kategorieë:
Versteekte kategorieë:

[8]ページ先頭

©2009-2025 Movatter.jp