DieAnnonaceae is 'n baie grootfamilie van die Magnoliidae. Dit het ongeveer 2400spesies in 108genera. Die familie is pantropies. Daar word 385 spesies inBrasilië gevind waarvan 158endemies is. Dié familie is eers in 1789 deur Jussieu beskryf en bevat heelparty spesies wat veral vanweë hulle vrugte ekonomiese betekenis het. Daar is ook spesies wat stowwe lewer wat mediese betekenis het, soos stowwe met antimikrobiese of antiparasitiese eienskappe het, bv. teenLeishmania sp. ofTrypanosoma cruzi. Die familie is ook vanweë sy reukstowwe bekend. Ylang-ylangolie word bv. in die parfuumindustrie aangewend. Die stowwe is dikwels mono- of seskwiterpenoïede.[1]
Suid-Afrika tel ook genera uit hierdie familie:[2]