Diere behoort totAnimalia, een van vyf (of soms ses)biologiese koninkryke. Dit word ookMetazoa genoem. Diere is oor die algemeen veelsellige,eukariotiese organismes wat ander organismes eet vir voeding. Die meeste diere kan in die een of ander stadium van hul lewe onafhanklik en spontaan beweeg.
Die naam "Animalia" kom van dieLatynseanimalis, wat beteken "het asem", "het ’n siel" of "lewende wese".[1] DieAfrikaanse woord "dier" sluit oor die algemeenmense uit – gewoonlik word soogdiere en ander gewerweldes bedoel. Diebiologiese definisie verwys na alle lede van die koninkryk Animalia – so uiteenlopend soos sponse, jellievisse, insekte en mense.[2]
Aristoteles het die lewende wêreld in diere enplante verdeel, enCarl Linnaeus het die eerste hiëragiese klassifikasie ingestel.[4] In Linnaeus se oorspronklike skema was diere een van drie koninkryke, en dit is verdeel in Vermes,Insecta,Pisces,Amphibia,Aves enMammalia. Sedertdien is die laaste vier verenig onder die filumChordata.
In 1874 hetErnst Haeckel die diereryk in twee subkoninkryke verdeel: Metazoa (meerselliges) en Protozoa (eenselliges).[5] Die Protozoa is later na die koninkrykProtista geskuif, en Metazoa word nou beskou as ’nsinoniem vir Animalia.[6]
Diere het verskeie eienskappe wat hulle van ander lewensvorme onderskei. Hulle is eukarioties en meersellig,[7] wat hulle onderskei vanbakterieë en die meesteProtista-organismes. Hulle is heterotrofies (verorber ander organismes vir voeding)[8] en verteer kos gewoonlik in ’n interne kamer, wat hulle onderskei van plante enalge.[9] Hulle verskil ook van plante, alge enswamme deurdat hulle nie rigiede selwande het nie.[10]
Alle diere is beweeglik,[11]al is dit net in sekere lewenstadiums. By die meeste gaanembrio's deur ’nblastulastadium[12] (’n kiemblasiestadium wanneer die embrio die vorm het van 'n sfeer waarvan die wand uit een sellaag bestaan),[13] ’n eienskap wat eie aan diere is.
Met ’n paar uitsonderings, soos die sponse, het diere liggame wat uit verskillende soorte weefsel bestaan. Dit sluit inspiere, wat kan saamtrek en beweging beheer, ensenuwees, wat seine stuur en verwerk. Daar is ook gewoonlik ’n internespysverteringskamer met een of twee openinge.[14]
Alle diere het eukariotiese selle, omring deur ’n kenmerkende ekstrasellulêre matriks, wat bestaan uitkollageen en elastieseglukoproteïene.[15] Dit kan verkalk wees om strukture soos skulpe, bene en sponsnaalde te vorm.[16] Tydens ontwikkeling vorm dit ’n relatief buigbare raamwerk[17] waarop selle kan rondbeweeg en reorganiseer kan word, en dit maak ingewikkelde strukture moontlik. In teenstelling hiermee het ander meersellige organismes, soos plante en swamme, selle wat op plek gehou word deur selwande, en hulle ontwikkel so deur progressiewe groei.[14]
Baie diere kan ook aseksueel voortplant.[22] Dit kan geskied deur middel vanpartenogenese, waar bevrugte eierselle geproduseer word sonder paring, knopvorming of verdeling.[23]
Manlikesjimpansees bly dikwels in die gemeenskap waarin hulle gebore word, terwyl wyfies by ander groepe aansluit.
’n Sigoot ontwikkel aanvanklik in ’n hol sfeer, wat ’nblastula genoem word;[24] dit ondergaan herrangskikking en differensiasie. In sponse swem blastulalarwes na ’n nuwe ligging en ontwikkel in ’n nuwe spons.[25] In die meeste ander groepe ondergaan die blastula ’n meer ingewikkelde herrangskikking.[26] Dit vorm eers ’ninvaginasie en dan ’ngastrula met ’n spysverteringskamer en twee apartekiemlae – ’n eksterneektoderm en ’n interneendoderm.[27] In die meeste gevalle ontwikkel daar ook ’nmesoderm tussenin.[28] Hierdie kiemlae differensieer dan om weefsel en organe te vorm.[29]
By seksuele voortplanting lei inteling (met ’n nabye familielid) gewoonlik tot ’n afname in biologiese gehalte, soos die voorkoms van ’n vroeë dood by sekere spesies.[30] Diere het verskeie maniere ontwikkel om inteling te vermy en uitkruising te bevorder.[31]Sjimpansees gebruik byvoorbeeld verspreiding om te voorkom dat nabye familielede paar;[31] individuele diere versprei na verskillende groepe en weg van die groep waarin hulle gebore is.
In verskeie spesies paar wyfies met verskillende mannetjies en bring dus kleintjies voort van ’n hoër genetiese gehalte. Dit gebeur veral by wyfies wat ’n paartjie gevorm het met ’n mannetjie van swak genetiese gehalte, soos ’n nabye familielid.[32]
Diere is heterotrofies, wat beteken hulle eet ander organismes, direk of indirek.[33] Hulle word gewoonlik ook verder verdeel in groepe sooskarnivore,herbivore,omnivore enparasiete.[34]
Predasie is ’n biologiese interaksie waar ’n roofdier (’n heteretroof wat jag) sy prooi (die organisme wat aangeval word) eet.[35] ’n Roofdier het dalk of dalk nie sy prooi doodgemaak voordat hy dit eet, maar die daad van predasie lei gewoonlik daartoe dat die prooi doodgemaak word.[36] Die ander belangrike kosbron is dooie organiese materiaal.[37] Dit is soms moeilik om tussen dié twee voedingsvorme te onderskei – soos wanneer ’n parasiet ’n gas-organisme eet en dan sy eiers daarop lê sodat sy kleintjies die verrottende karkas kan eet. Druk wat hulle op mekaar uitoefen, lei dikwels tot ’nevolusie-resies tussen die jagter en prooi, en dit lei tot verskeie evolusie-aanpassings in albei.[38]
Die meeste diere gebruik dieenergie vansonlig direk of indirek deur plante of plantvretende diere te eet.Fotosintese in plante omskep die energie van sonlig in chemiese energie in die vorm van eenvoudige suikers (byvoorbeeldglukose). Hierdie suikers word dan gebruik as die boustene vir plantgroei.[14] Wanneer ’n dier die plante vreet, of diere vreet wat die plante gevreet het, verkry hulle hul energie daaruit. Die energie help die dier groei en gee hom die energie om te beweeg.[39][40]
Diere wat naby hidrotermiese of koue bronne op die seebodem voorkom, is nie van die energie van sonlig afhanklik nie.[41] In plaas daarvan vorm chemosintetieseArchaea en bakterieë die basis van dievoedselketting.[42]
Daar word algemeen geglo diere het binne die groepeukariote metsweephare (flagella) ontstaan.[44] Hul naaste bekende verwante wat steeds bestaan, is dieChoanoflagellatea (kraagsweepdiertjies) waarvan die morfologie ooreenstem met dié van die koanosiete (kraagselle) van sekeresponse.[45]
Molekulêre studies plaas diere in ’n supergroep genaamdOpisthokonta, wat ook Choanoflagellatea, die swamme en ’n paar klein parasitiese protiste insluit.[46] Die naam kom van die ligging van die flagellum aan die agterkant van beweeglike selle, soos by die meeste diere se spermselle, terwyl ander eukariote se flagellum gewoonlik aan die voorkant is.[47]
Die eerstefossiele wat dalk dié van diere is, is uit dieProterosoïese Eon en het voorgekom in 665 miljoen jaar oue rotse[48] in die Trezona-formasie van Suid-Australië.[48] Daar word geglo die fossiele was van vroeë sponsdiere.
Die volgende moontlike dierefossiele was uit die einde van diePrekambrium, sowat 610 miljoen jaar gelede, en is bekend as dieEdiacariese biota.[49] Dit is egter moeilik om ’n verband te vind met latere fossiele. Sommige was dalk voorlopers van moderne filums, hulle kon aparte groepe gewees het of was dalk glad nie diere nie.[50]
Die meeste bekende filums maak hul verskyning min of meer op dieselfde tyd in dieKambrium-periode, sowat 542 miljoen jaar gelede.[51] Dit is steeds onbekend of dié gebeurtenis, bekend as die Kambriese ontploffing, veroorsaak is deur ’n vinnige differensiasie tussen verskillende groepe en of dit was vanweë ’n verandering in toestande wat fossilering moontlik gemaak het.
Sommige paleontoloë dink diere het lank voor die Kambriese ontploffing ontstaan, dalk reeds ’n miljard jaar gelede.[52] Spoorfossiele soos voetspore en gate uit dieTonium-periode wat ontdek is, dui op die moontlike teenwoordigheid van tripoblastiese wurms (met drie kiemlae), omtrent so groot (sowat 5 mm breed) en kompleks soos erdwurms.[53]
Aan die begin van die Tonium sowat ’n miljard jaar gelede was daar ’n afname in die verskeidenheid vanstromatoliete, wat dalk daarop dui dat weidiere hul verskyning gemaak het aangesien stromatoliet-verskeidenheid toegeneem het nadat weidiere uitgesterf het met diePerm-Trias- en dieOrdovisium-Siluur-uitwissing. Dit het weer afgeneem kort nadat die weidierbevolking herstel het. Die ontdekking dat soortgelyke spore vandag geskep word deur die reusagtige, eensellige protisGromia sphaerica, werp egter ’n skadu oor die vertolking van die fossiele as bewyse van ’n vroeë evolusie van diere.[54][55]
Beide tradisionele morfologiese en moderne molekulêrefilogenetiese ontledings dui op ’n grootevolusionêre oorgang van diere sonder ’n bilaterale simmetrie (Porifera,Ctenophora,Cnidaria enPlacozoa) na dié wat wel bilateraal simmetries is (Bilateria). Laasgenoemde word verder geklassifiseer in ófDeuterostomia (waarby die eerste opening van die spysverteringstelsel dieanus word en die tweede een diemond) ófProtostomia (waarby die mond eerste gevorm word). Die verwantskap tussen diere sonder ’n bilaterale simmetrie word betwis, maar alle diere met ’n bilaterale simmetrie vorm vermoedlik ’nmonofiletiese groep. Die huidige begrip van die verwantskap tussen die groot groepe diere word deur die volgendekladogram opgesom:[56]
Verskeiedierefilums word gekenmerk deur die afwesigheid van bilaterale simmetrie en daar word geglo hulle het vroeg in die evolusie uit ander diere ontwikkel. Die sponse (Porifera) het vermoedelik eerste ontwikkel en word beskou as die oudste dierefilum.[57] Hulle het nie die komplekse organisasie wat in die meeste ander filums aangetref word nie.[58] Hul selle is gedifferensieer, maar in die meeste gevalle nie in aparte soorte weefsel georganiseer nie.[59] Sponse neem gewoonlik voedingstowwe in deur water deur gaatjies in te trek.[60] ’n Reeks studies van 2008 tot 2015 ondersteun egter die mening datCtenophora, of die ribkwalle, diebasale lyn van diere is.[61][62][63] Dié bevinding is omstrede, want dit dui daarop dat sponse dalk nie so primitief is nie,[61] en ander navorsers meen dit is ’n statistieke ongerymdheid.[64][65][66]
’n Oranje olifantoorspons,Agelas clathrodes, voor en twee korale,Iciligorgia schrammi enPlexaurella nutans, agter.
Filums soos Ctenophora enCnidaria, watseeanemone,korale enjellievisse insluit, is radiaal (straalsgewys) simmetries en het spysverteringskamers met een opening wat as mond én anus dien.[67] Albei het verskillende soorte weefsel, maar dit is nie inorgane georganiseer nie.[68] Daar is net twee hoofkiemlae, die ektoderm en endoderm, met net verstrooide selle tussenin. Daarom word dié diere soms "diploblasties" genoem.[69]
Daar word nou geglo dieMyxozoa, mikroskopieseparasiete wat aanvanklik as Protozoa beskou is, het binne Cnidaria ontwikkel.[70]
Alle ander diere vorm ’n monofiletiese groep wat Bilateria genoem word. Hulle is meestal bilateraal simmetries en het dikwels ’n gespesialseerde kop met voedings- en sintuiglike organe. Die liggaam is triploblasties – dit beteken al drie kiemlae is goed ontwikkel – en weefsel vorm afsonderlike organe. Die spysverteringskanaal het twee openinge, ’n mond en ’n anus, en daar is ’n interne holte bekend as ’n seloom (ofbuikholte) of pseudoseloom (skynbuikholte). Daar is uitsonderings op al hierdie eienskappe.
Genetiese studies het ons begrip van die verhouding tussen die diere in Bilateria aansienlik verander. Dit lyk of die meeste tot twee groot stambome behoort: Deuterostomia en Protostomia; laasgenoemde sluit in die Ecdysozoa en Lophotrochozoa. Die Chaetognatha is aanvanklik as Deuterostomia geklassifiseer, maar onlangse molekulêre studies het dié groep geëien as ’n basale Protostomia-lyn.[71]
Daar is ook ’n paar klein groepe diere met bilaterale simmetrie met relatief kriptiese morfologie waarvan die verwantskap met ander diere nog nie baie duidelik is nie. So het onlangse molekulêre studies Acoelomorpha enXenoturbella geëien as behorende tot ’n monofiletiese groep,[72][73][74] maar daar is weinig ooreenstemming oor of die groep binne Deuterostomia ontwikkel het,[73] en of dit ’n sustergroep van alle ander diere met bilaterale simmetrie (Nephrozoa) verteenwoordig.[75][76] Ander groepe met onsekere verwantskap sluit Rhombozoa en Orthonectida in. Een filum, Monoblastozoa, is in 1892 deur ’n wetenskaplike beskryf, maar tot dusver was daar geen verdere bewys dat dit bestaan nie.[77]
Twee winterkoninkies van die spesieMalurus cyaneus.
Deuterostomia verskil in verskeie opsigte vanProtostomia. Diere van albei groepe het ’n volledige spysverteringstelsel. By laasgenoemde groep ontwikkel die eerste opening wat in die embrio verskyn, in die mond en die tweede opening in die anus. In eersgenoemde groep ontwikkel die openinge andersom.[78] By die meeste Protostomia vul selle eenvoudig die binnekant van diegastrula in om diemesoderm te vorm, maar by Deuterostomia vorm dit deur dieinvaginasie van dieendoderm.[79] Deuterostomia-embrio's ondergaan radiale kliewing (verdeling) en Protostomia spirale kliewing.[80]
Deuterostomia sluit ookHemichordata, of die kraagdraers, in.[85][86] Hoewel hulle nie vandag juis volop is nie, behoort die belangrike fossielegraptoliete dalk tot hierdie groep.[87]
DieEcdysozoa behoort tot Protostomia en is genoem na die algemene eienskap van groei deur vervelling.[88] Dit sluit die grootste dierefilum, dieArthropoda, in en bevatinsekte,spinnekoppe,krappe, ens. Al dié diere se liggaam is in herhalende segmente verdeel wat gewoonlik in pare voorkom. Twee kleiner filums, Onychophora en Tardigrada, is nabye verwante en deel dié eienskappe. Ecdysozoa sluit ook dieNematoda, of rondewurms, in wat dalk die tweede grootste dierefilum is. Rondewurms is meestal mikroskopies en kom voor in feitlik elke omgewing waar daar water is.[89] ’n Paar is belangrike parasiete.[90] Kleiner filums wat aan hulle verwant is, is Nematomorpha, of die perdehaarwurms, Kinorhyncha, Priapulida en Loricifera. Hierdie groepe het ’n klein buikholte, wat ’n skynbuikholte genoem word.
Lophotrochozoa, wat binne die groep Protostomia ontwikkel het, sluit twee van die mees suksesvolle dierefilums in,Mollusca enAnnelida.[91][92] Eersgenoemde, wat die tweede grootste dierefilum is volgens spesies wat beskryf is, bevat diere soosslakke,mossels enpylinkvisse; laasgenoemde die gesegmenteerde wurms, soos erdwurms enbloedsuiers. Hierdie twee groepe is lank as nou verwant beskou omdat hulle soortgelyke larwes het, maar Annelida is as nader aan Arthropoda beskou omdat albei gesegmenteer is.[93] Nou word hulle beskou as die resultaat van saamlopende (maar onafhanklike) evolusie vanweë baie morfologiese en genetiese verskille tussen die twee filums.[94]
Lophotrochozoa sluit ook Nemertea, of die snoerwurms, Sipuncula en verskeie filums in wat ’n sirkel tentakels met trilhare om die mond het.[95]
Platyzoa sluit die filumPlatyhelminth, of die platwurms, in.[96] Hulle is eers as van die mees primitiewe Bilateria beskou, maar dit lyk nou of hulle uit meer komplekse voorouers ontwikkel het.[97] Die groep bevat ’n paar parasiete, soos suigwurms and lintwurms.[96] Platwurms het nie ’n seloom of buikholte nie, nes hul naaste verwante, die mikroskopiese Gastrotricha.[98] Die ander Platyzoa-filums is meestal mikroskopies en het skynbuikholtes. Die belangrikste groep isRotifera, of die raderdiertjies, wat algemeen in wateromgewings voorkom. Hulle sluit ook Acanthocephala, Gnathostomulida, Micrognathozoa en moontlik Cycliophora in.[99] Hierdie groepe het almal komplekse kake en behoort tot die filum Gnathifera.
Diere kan in die algemeen in twee breë groepe verdeel word:gewerweldes (diere met ’n ruggraat) enongewerweldes (sonder ’n ruggraat). Die helfte van alle gewerweldes wat beskryf is, is visse. Driekwart van alle ongewerweldes wat beskryf is, is insekte. Die volgende lys is van die bestaande spesies wat beskryf is vir elke groot subgroep van diere, soos beraam vir dieIUBN-rooilys van bedreigde spesies, 2014.3.[100]
Die getal spesies volgens elke filum van die diereryk.
Die Metazoa (diere) is verwant aan die swamme (Fungi) en het uit dieselfde groep eensellige eukariote ontstaan: die Ophistokonta. 'n Vereenvoudigde kladogram sien so uit:[101]
↑Cresswell, Julia (2010).The Oxford Dictionary of Word Origins (2nd uitg.). New York: Oxford University Press.ISBN978-0-19-954793-7.'having the breath of life', from anima 'air, breath, life'.
↑ "Animal". The American Heritage Dictionary (4de). (2006). Houghton Mifflin Company.
↑Haeckel, Ernst (1874).Anthropogenie oder Entwickelungsgeschichte des menschen (in Duits). Leipzig. p. 202.{{cite book}}: AS1-onderhoud: plek sonder uitgewer (link)
↑Becker, Wayne M. (1991).The world of the cell. Benjamin/Cummings.ISBN978-0-8053-0870-9.
↑Koene, J. M. (2006). "Tales of two snails: sexual selection and sexual conflict inLymnaea stagnalis andHelix aspersa".Integrative and Comparative Biology.46 (4): 419–429.doi:10.1093/icb/icj040.PMID21672754.
↑Knobil, Ernst (1998).Encyclopedia of reproduction, Volume 1. Academic Press. p. 315.ISBN978-0-12-227020-8.
↑Schwartz, Jill (2010).Master the GED 2011 (w/CD). Peterson's. p. 371.ISBN978-0-7689-2885-3.
↑Hamilton, Matthew B. (2009).Population genetics. Wiley-Blackwell. p. 55.ISBN978-1-4051-3277-0.
↑Adiyodi, K. G.; Hughes, Roger N.; Adiyodi, Rita G. (Julie 2002).Reproductive Biology of Invertebrates, Volume 11, Progress in Asexual Reproduction. Wiley. p. 116.
↑Tmh (2006).Study Package For Medical College Entrance Examinations. Tata McGraw-Hill. p. 6.22.ISBN978-0-07-061637-0.
↑Ville, Claude Alvin; Walker, Warren Franklin; Barnes, Robert D. (1984).General zoology. Saunders College Pub. p. 467.ISBN978-0-03-062451-3.
↑Hamilton, William James; Boyd, James Dixon; Mossman, Harland Winfield (1945).Human embryology: (prenatal development of form and function). Williams & Wilkins. p. 330.
↑Philips, Joy B. (1975).Development of vertebrate anatomy. Mosby. p. 176.ISBN978-0-8016-3927-2.
↑The Encyclopedia Americana: a library of universal knowledge, Volume 10. Encyclopedia Americana Corp. 1918. p. 281.
↑Romoser, William S.; Stoffolano, J. G. (1998).The science of entomology. WCB McGraw-Hill. p. 156.ISBN978-0-697-22848-2.
↑Ralls K, Ballou J (April 1982). "Effect of inbreeding on juvenile mortality in some small mammal species".Lab. Anim.16 (2): 159–66.doi:10.1258/002367782781110151.PMID7043080.
↑Petrie, M.; Kempenaers, B. (1998). "Extra-pair paternity in birds: Explaining variation between species and populations".Trends in Ecology and Evolution.13 (2): 52–57.doi:10.1016/s0169-5347(97)01232-9.PMID21238200.
↑Marchetti, Mauro; Rivas, Victoria (2001).Geomorphology and environmental impact assessment. Taylor & Francis. p. 84.ISBN978-90-5809-344-8.
↑Allen, Larry Glen; Pondella, Daniel J.; Horn, Michael H. (2006).Ecology of marine fishes: California and adjacent waters. University of California Press. p. 428.ISBN978-0-520-24653-9.
↑Gupta, P.K.Genetics Classical To Modern. Rastogi Publications. p. 26.ISBN978-81-7133-896-2.
↑Garrett, Reginald; Grisham, Charles M. (2010).Biochemistry. Cengage Learning. p. 535.ISBN978-0-495-10935-8.
↑Campbell, Niel A. (1990).Biology (2nd uitg.). Benjamin/Cummings Pub. Co. p. 560.ISBN978-0-8053-1800-5.
↑Richard R. Behringer; Alexander D. Johnson; Robert E. Krumlauf; Michael K. Levine; Nipam Patel; Neelima Sinha, reds. (2008).Emerging model organisms: a laboratory manual, Volume 1 (illustrated uitg.). Cold Spring Harbor Laboratory Press. p. 1.ISBN978-0-87969-872-0.
↑Hall, Brian Keith; Hallgrímsson, Benedikt; Strickberger, Monroe W. (2008).Strickberger's evolution: the integration of genes, organisms and populations. Jones & Bartlett Learning. p. 278.ISBN978-0-7637-0066-9.
↑Hamilton, Gina.Kingdoms of Life – Animals (ENHANCED eBook). Lorenz Educational Press. p. 9.ISBN978-1-4291-1610-7.
↑Costa, James T.; Darwin, Charles (2009).The annotated Origin: a facsimile of the first edition of On the origin of species. Harvard University Press. p. 308.ISBN978-0-674-03281-1.
↑Schopf, J. William (1999).Evolution!: facts and fallacies. Academic Press. p. 7.ISBN978-0-12-628860-5.
↑Milsom, Clare; Rigby, Sue (2009).Fossils at a Glance. John Wiley and Sons.ISBN978-1-4051-9336-8.
↑Campbell, Neil A.; Reece, Jane B. (2005).Biology (7de uitg.). Pearson, Benjamin Cummings. p. 526.ISBN978-0-8053-7171-0.
↑Langstroth, Lovell; Langstroth, Libby (2000). Newberry, Todd (red.).A Living Bay: The Underwater World of Monterey Bay. University of California Press. p. 244.ISBN978-0-520-22149-9.
↑Safra, Jacob E. (2003).The New Encyclopædia Britannica, Volume 16. Encyclopædia Britannica. p. 523.ISBN978-0-85229-961-6.
↑Kotpal, R. L.Modern Text Book of Zoology: Invertebrates. Rastogi Publications. p. 184.ISBN978-81-7133-903-7.
↑Edgecombe, G. D.; Giribet, G.; Dunn, C. W.; Hejnol, A.; Kristensen, R. M.; Neves, R. C.; Rouse, G. W.; Worsaae, K.; Sørensen, M. V. (2011). "Higher-level metazoan relationships: Recent progress and remaining questions".Organisms Diversity & Evolution.11 (2): 151–172.doi:10.1007/s13127-011-0044-4.
↑Peters, Kenneth E.; Walters, Clifford C.; Moldowan, J. Michael (2005).The Biomarker Guide: Biomarkers and isotopes in petroleum systems and Earth history. Vol. 2. Cambridge University Press. p. 717.ISBN978-0-521-83762-0.
↑Safra, Jacob E. (2003).The New Encyclopædia Britannica, Volume 1; Volume 3. Encyclopædia Britannica. p. 767.ISBN978-0-85229-961-6.
↑Russell, Bruce J. (Writer), Denning, David (Writer). (2000). Branches on the Tree of Life: Annelids [VHS]. BioMEDIA ASSOCIATES.
↑Eernisse, Douglas J.; Albert, James S.; Anderson, Frank E. (1 September 1992). "Annelida and Arthropoda are not sister taxa: A phylogenetic analysis of spiralean metazoan morphology".Systematic Biology.41 (3): 305–330.doi:10.2307/2992569.JSTOR2992569.
↑Kim, Chang Bae; Moon, Seung Yeo; Gelder, Stuart R.; Kim, Won (September 1996). "Phylogenetic Relationships of Annelids, Molluscs, and Arthropods Evidenced from Molecules and Morphology".Journal of Molecular Evolution. New York: Springer.43 (3): 207–215.doi:10.1007/PL00006079.PMID8703086.
↑Collins, Allen G. (1995).The Lophophore. University of California Museum of Paleontology. Besoek op23 Maart 2015.
↑96,096,1Gilson, Étienne (2004).El espíritu de la filosofía medieval. Ediciones Rialp. p. 384.ISBN978-84-321-3492-0.
↑Ruiz-Trillo, Iñaki; Riutort, Marta; Littlewood, D. Timothy J.; Herniou, Elisabeth A.; Baguña, Jaume (19 Maart 1999). "Acoel Flatworms: Earliest Extant Bilaterian Metazoans, Not Members of Platyhelminthes".Science.283 (5409): 1919–1923.Bibcode:1999Sci...283.1919R.doi:10.1126/science.283.5409.1919.PMID10082465.
↑Todaro, Antonio."Gastrotricha: Overview".Gastrotricha: World Portal (in Engels). University of Modena & Reggio Emilia.Geargiveer vanaf die oorspronklike op 28 April 2020. Besoek op26 Januarie 2008.
↑Kristensen, Reinhardt Møbjerg (Julie 2002). "An Introduction to Loricifera, Cycliophora, and Micrognathozoa".Integrative and Comparative Biology.42 (3): 641–651.doi:10.1093/icb/42.3.641.PMID21708760.
Schmidt-Nielsen, Knut (1997).Animal Physiology: Adaptation and Environment (5th uitg.). Cambridge University Press.ISBN0-521-57098-0.
Magloire, Kim (2004).Cracking the AP Biology Exam, 2004–2005 Edition. The Princeton Review.ISBN978-0-375-76393-9.{{cite book}}:Ongeldige|ref=harv (hulp)
Sangwal, Keshra (2007).Additives and crystallization processes: from fundamentals to applications. John Wiley and Sons.ISBN978-0-470-06153-4.{{cite book}}:Ongeldige|ref=harv (hulp)
Hutchins, Michael (2003).Grzimek's Animal Life Encyclopedia (2nd uitg.). Detroit: Gale.ISBN0-7876-5777-8.{{cite book}}:Ongeldige|ref=harv (hulp)