Angola (Portugees: [ɐ̃ˈɡɔlɐ];Kongo,Kimbundu enUmbundu:Ngola, [ɐ̃ˈɡɔlɐ]), amptelik dieRepubliek Angola (Portugees:República de Angola; Kongo, Kimbundu en Umbundu:Repubilika ya Ngola), is 'nland inSuider-Afrika wat grens aanNamibië in die suide, dieDemokratiese Republiek van die Kongo in die noordooste,Zambië in die ooste en dieAtlantiese Oseaan in die weste. Die provinsieCabinda, wat hom ten noorde en buite die land self bevind, grens aan dieRepubliek van die Kongo in die noorde, die Demokratiese Republiek van die Kongo in die suide en die Atlantiese Oseaan in die weste. Angola is 'n lid van dieAfrika-unie en 'n voormaligePortugese kolonie wat sy onafhanklikheid in 1975 bereik het. Diehoofstad en grootste stad isLuanda.
Nasa-Satellietbeeld van AngolaKaart van AngolaTopografiese kaart van AngolaLuanda is diehoofstad en grootste stedelike sentrum van AngolaDie berge vanLubangoMiradouro da Lua langs die suidelike kus van Luanda
Angola was 'nPortugese kolonie vanaf die 16de eeu tot 1975. Ná onafhanklikwording was Angola van 1975 tot 2002 in 'n ernstigeburgeroorlog gedompel. Die oorlog het ook deel uitgemaak van die wêreldwyeKoue Oorlog, metSowjetunie enKuba wat diekommunisties gesindeMPLA (Movimento Popular de Libertação de Angola – Partido do Trabalho) ondersteun het terwylSuid-Afrika en dieVerenigde State die anti-kommunistieseUnita (União Nacional para a Independência Total de Angola) ondersteun het.
Die land is die naasgrootstepetroleum- endiamantprodusent inAfrika suid van die Sahara. Daarteenoor het Angola van die laagste lewensverwagtings- en een van die hoogste kindersterftekoerse in die wêreld.[7] In Augustus 2006 is 'n vredesooreenkoms onderteken met 'n faksie van dieFrente para a Libertação do Enclave de Cabinda, FLEC, 'n afgeskeidene guerillagroep van die Cabinda-eksklawe in die noorde van die land, wat steeds aktief is.[8] Nagenoeg 65% van Angola se ruolie is afkomstig van daardie area.
Die naam "Angola" is afgelei van die titelNgola van die konings van Ndongo, 'n oos van Luanda geleë vasalstaat van die historiese Koninkryk Kongo. Die Portugese het hierdie benaming oorgeneem en later vir die hele gebied gebruik, wat hulle wou koloniseer.[9]
Die bevolking bestaan hoofsaaklik uit Ovimbundu (37%), Kimbundu (25%) enBakongo (13%). Daarbenewens bly sowat 2% Mestizo en 1% Europeërs in die land. Portugees is die mees verspreide taal in Angola en word deur sowat 71% van die bevolking gebesig. Belangrike inheemse tale sluit in Umbundu (23%), Kikongo (8%), Kimbundu (8%) en Chokwe (6,5%).[10]
Angola het 'n groot binnelandse plato wat skerp daal na 'n smal kusvlakte aan die Atlantiese Oseaan. Dit is die 22ste grootste land ter wêreld (naNiger) met 'n oppervlakte van 1 246 700 km².[11] Dit is vergelykbaar in grootte metMali en is amper twee keer so groot soos die Amerikaanse deelstaatTexas of vyf keer so groot soos dieVerenigde Koninkryk.
Angola word begrens deur Namibië in die suide, Zambië in die ooste, die Demokratiese Republiek van die Kongo in die noordooste en die Atlantiese Oseaan in die weste. Dieeksklawe Cabinda grens ook aan die Republiek van die Kongo in die noorde. Angola se hoofstad Luanda lê aan die Atlantiese kus in die noordweste van die land.
Angola se gemiddeldetemperatuur aan die kus is 15,6°C in diewinter en 21,1°C in diesomer. Dit het twee seisoene; droë seisoen (Mei tot Oktober) en warmreënseisoen (November tot April).
↑(en)"2018 Human Development Report"(PDF). United Nations Development Programme. 2018.Geargiveer(PDF) vanaf die oorspronklike op 28 April 2020. Besoek op18 Januarie 2019.