’nAndrogeen (van dieGriekseandr-, "man") is enige natuurlike of sintetiesehormoon wat die ontwikkeling en behoud van manlike eienskappe ingewerweldes beheer deur aan androgeenreseptore te bind.[1] Dit sluit die ontwikkeling in dieembrio van primêre manlikegeslagsdele in, asook die ontwikkeling van sekondêre manlike eienskappe metpuberteit. Androgene word in dietestikels,eierstokke enbyniere gesintetiseer.
Tydens puberteit styg die vlakke androgene in seuns én meisies.[2] Die hoofandrogeen in mans istestosteroon.[3] Dihidrotestosteroon is ook belangrik in manlike ontwikkeling.[3] In die baarmoeder sorg dit vir differensiasie van diepenis,skrotum enprostaat. In volwassenes dra dit by tot haarverlies, prostaatgroei envetklieraktiwiteit.
Hoewel dikwels aan androgene gedink word as manlike geslagshormone, kom dit ook in vroue voor, maar in laer vlakke: Hulle help metlibido enseksuele opwekking. Androgene is ook die voorlopers vanestrogene in beide mans en vroue.