Ou man met lang wit hare en baard, hou die Evangelie, soms leun op 'n skuinskruis, visnet
Beskermheilige
Skotland,Barbados,Oekraïne,Rusland,Sisilië,Griekeland,Siprus,Roemenië,Patras, San Andrés (Tenerife), bisdom van Parañaque,Manila, Amalfi, Luqa (Malta) enPruise; bisdom van Victoria; vissers, vishandelaars en tou-makers, tekstielwerkers, sangers, mynwerkers, swanger vroue, slagters, plaaswerkers, beskerming teen keelseer, beskerming teen stuiptrekkings, beskerming teen koors, beskerming teen kinkhoes
Andreas is inGriekeland aan 'n X-vormige kruis gekruisig. Nadat hy deur sewe soldate met 'n sweep gegesel is, het hulle sy liggaam aan die kruis gebind om sy lyding te verleng. Sy volgelinge het gesê dat hy die volgende woorde geuiter het toe hy na die kluis gelei is: "Ek het lank verlang en uitgesien na hierdie vreugdevolle oomblik. Die kruis was geheilig deur die liggaam van Christus wat daaraan gehang het." Hy het twee dae lank vir sy folteraars gepreek voordat hy gesterf het.
Sint Andreas is die beskermheilige vanSkotland. Die vlag van Sint Andreas (met 'n "X" daarop) is die amptelikevlag van Skotland. Sint Andreasdag, die Skotse nasionale dag, word op 30 November gevier.[2] Hy is ook die beskermheilige van verskeie ander lande, onder andereBarbados,Oekraïne,Rusland,Sisilië,Griekeland,Siprus enRoemenië.
12Johannes 1:41: "Andréas, die broer van Simon Petrus, was een van die twee wat dit van Johannes gehoor en Hom gevolg het. (1:42) Hy het eers sy eie broer Simon gekry en vir hom gesê: Ons het die Messías gevind."