Movatterモバイル変換


[0]ホーム

URL:


Gaan na inhoud
Wikipedia
Soek

Andes

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Nasa-kaart van die Andes
Die Andes inSantiago de Chile,Chili
Cono de Arita in Salta, Argentinië

DieAndesgebergte (Spaans:Cordillera de los Andes) is 'n groot, langbergreeks aan die weskus vanSuid-Amerika. Dit is ongeveer 7 000 km lank en op plekke tot 160 km breed. Die gemiddelde hoogte van die bergreeks is ongeveer 4 000 meter en die hoogste punt isAconcagua met 6 962 meter inArgentinië naby die grens metChili, gevolg deurOjos del Salado (6 893 m).

Die Andes loop vir die grootste deel parallel met dieStille Oseaan deur die landeVenezuela,Colombia,Ecuador,Peru,Bolivië en die suidelike deel loop deur Argentinië en die lang en smal land Chili. Die mees suidelike punt is byTierra del Fuego.

Tot dieSpaanse verowering in 1533 onderFrancisco Pizarro het die magtigeInka-ryk 'n belangrike rol in die streek gespeel. Die naam van die Andes is waarskynlik afgelei van dieQuechua-woordanti, wat "ooste" beteken.[1]

Verwysings

[wysig |wysig bron]
  1. (es) Teofilo Laime Ajacopa, Diccionario Bilingüe Iskay simipi yuyayk'ancha, La Paz, 2007 (Quechua-Spaanse woordeboek)

Eksterne skakels

[wysig |wysig bron]
Hierdie artikel is ’nsaadjie. Voel vry om Wikipedia te help deur dituit te brei.
Internasionaal
Nasionaal
Ander
Ontsluit van "https://af.wikipedia.org/w/index.php?title=Andes&oldid=2581127"
Kategorieë:
Versteekte kategorie:

[8]ページ先頭

©2009-2026 Movatter.jp