Amy Adams (*20 Augustus1974) is 'nAmerikaanse aktrise en vervaardiger. Sy is bekend vir haar rolle in die rolprenteEnchanted (2007),Doubt (2008),American Hustle (2013), enArrival (2016).
Volgens die resensie-aggregator webwerfRotten Tomatoes en die webwerf Box Office Mojo was Adams se mees krities bekroonde en kommersieel-suksesvolste rolprenteCatch Me If You Can (2002),Junebug (2005),Enchanted (2007),Doubt (2008),Night at the Museum: Battle of the Smithsonian (2009),Julie & Julia (2009),The Fighter (2010),The Muppets (2011),The Master (2012),Man of Steel (2013),Her (2013),American Hustle (2013),Big Eyes (2014),Batman v Superman: Dawn of Justice (2016),Arrival (2016),Nocturnal Animals (2016) enJustice League (2017).
Wat haar televisierolle betref het sy verskyn in HBO se minireeks,Sharp Objects (2018). Op die verhoog het sy in 2012 verskyn in die teaterherlewing vanInto the Woods by The Public Theater in New York Stad, en in 2022 het sy verskyn in die teaterherlewing vanThe Glass Menagerie by die West End-teaters.
Adams het sesOscar benoemings ontvang: vyf vir beste ondersteunende aktrise inJunebug (2005),Doubt (2008),The Fighter (2010),The Master (2012) enVice (2018) en een benoeming vir beste aktrise inAmerican Hustle (2013).[1] Sy het twee keer die Golden Globe-toekenning gewen vir beste aktrise in 'n komedie of musiekblyspel virAmerican Hustle (2013) enBig Eyes (2014).[2]