Wigskriftablette van die Amoritiese koninkryk Mari, eerste helfte van die 2de millennium v.C.
DieAmoriete (Sumeries: 𒈥𒌅MAR.TU;Akkadies:Amurrūm ofTidnum;Egipties:Amar;Hebreeus: אמוריʼĔmōrī;Grieks: Ἀμορραῖοι) was ’n antiekeNoordwes-Semitiessprekende volk[1] van dieLevant wat van die 21ste eeu v.C. tot die einde van die 17de eeu v.C. ook groot dele van Suid-Mesopotamië beset het. Hier het hulle verskeie prominente stadstate op bestaande terreine gevestig, soosIsin,Larsa en laterBabilon, wat van ’n klein dorp opgebou is tot ’n onafhanklike staat en groot stad. Die termAmurru in Akkadiese en Sumeriese tekste verwys na die Amoriete,hulle hoofgod en ’n Amoritiese koninkryk.
Die Amoriete word ook in dieBybel genoem as inwoners vanKanaän, beide voor en ná die verowering van die gebied onderJosua.
Terracottabeeld van ’n paartjie, waarskynlik die godeInanna enDumuzi. Girsu, Amoritiese tydperk, 2000-1600 v.C.Louvre.
In die vroegste Sumeriese geskrifte oor die Amoriete, van die begin van omstreeks 2400 v.C. af, word die grondgebied van die Amoriete ("diemar.tu-grondgebied") nie met Mesopotamië verbind nie, maar met die gebied wes van dieEufraat, insluitende Kanaän en wat teen die 3de eeu v.C.Sirië sou word en toe as dieland van die Amurru bekend was.
In vroeë geskrifte vanSumer, dieAkkadiese Ryk enAssirië klink hulle soos ’n onbeskaafde,nomadiese volk. Die etniese termemar.tu ("Westerlinge"),Amurru (moontlik afgelei vanaburru, "weiveld") enAmor is vir hulle gebruik in onderskeidelik Akkadies, Sumeries[2] en Egipties.[3] Van die 21ste eeu v.C. af, moontlik vanweë’n groot droogte vanaf omstreeks 2200 v.C., het Amoritiese stamme Suid-Mesopotamië op ’n groot skaal binnegedring. Hulle is een van die redes vir die val van dieDerde Dinastie van Ur. Amoritiese dinastieë het nie net lang bestaande stadstate soos Isin, Larsa, Eshnunna enKisj oorgeneem nie, maar ook gevestigde nuwe state, waarvan die bekendste een Babilon was.
Bekende Amoriete het van 1800-1750 v.C. af in ’ndialek van Akkadies geskryf op tablette wat byMari gevind is. Omdat die taal Noordwes-Semitiese vorme, woorde en konstruksies toon, is Amorities ’n Noordwes-Semitiese taal, en moontlik een van dieKanaänitiese tale. Die hoofbron vir die uiters beperkte kennis oor Amorities is die on-Akkadieseeiename in tekste. Akkadies behoort tot die Oos-Semitiese tale.
Artefakte uit die Amoritiese koninkryk Mari, eerste helfte van die 2de millennium v.C.
In die vroegste Sumeriese tekste was die hele grondgebied wes van die Eufraat, insluitende die moderne Levant, bekend as "die land van diemar.tu (Amoriete)". In een word beskryf hoe dié volk in Sumer enAkkad so toegeneem het dat ’n muur omUruk gebou moes word om dit te beskerm.
Ook in die Oos-SemitiessprekendeEbla is die Amoriete in 2500 v.C. enkele kere genoem: Uit die oogpunt van die Eblaïete was die Amoriete ’n landelike groep wat in die smal bekken van die Middel- en Bo-Eufraat in Noord-Sirië gewoon het.[4] Vir die Akkadiese konings van Sentraal-Mesopotamië wasmar.tu een van die "vier hoeke" om Akkad – die ander drie was Subartu/Assirië, Sumer en Elam.Naram-Sin van Akkad het vertel van suksesvolle veldtogte teen hulle in Noord-Sirië omstreeks 2240 v.C. en sy opvolger,Shar-Kali-Sharri, het dieselfde gedoen.
Teen die einde van die Derde Dinastie van Ur het die immigrerende Amoriete so ’n mag geword dat konings soosShu-Sin verplig was om ’n muur van 270 km van dieTigris tot die Eufraat te bou om hulle uit te hou.[5] Dit lyk of die Amoriete nomadiese stamme was wat weivelde vir hulle troppe beset het. Van die Akkadiese tekste uit dié tyd praat afhalerig van die Amoriete en skimp daarop dat die Akkadies- en Sumeriessprekendes van Mesopotamië hulle nomadiese en primitiewe lewenswyse met afkeer en weersin bejeën het:
Diemar.tu, wat geen graan ken nie... Diemar.tu, wat geen huis of dorp het nie, die gomtorre van die berge... Diemar.tu, wat truffels opgrawe... wat nie sy knie buig (om grond te bewerk) nie, wat rou vleis eet, wat in sy leeftyd geen huis besit nie, wat nie ná sy dood begrawe word nie[.][6]
Terwyl die gesentraliseerde struktuur van die Derde Dinastie stadigaan ingegee het, het die streke daarin soos Assirië in die noorde en die stadstate in die suide soos Isin, Larsa en Eshnunna hulle vorige onafhanklikheid teruggeëis. Die gebiede in Suid-Mesopotamië met Amoriete was geen uitsondering nie. Op ander plekke het die leërs vanElam, in Suid-Iran, die ryk aangeval, verswak en dit kwesbaar gemaak.
Een van dieRamses III-gevangeneteëls, wat volgens sommige geleerdes ’n Amoriet is.
Baie Amoritiese stamhoofde in Suid-Mesopotamië het op ’n aggressiewe manier die val van die ryk uitgebuit en mag vir hulleself opgeëis. Daar was nie ’n Amoritiese inval as sulks in Suid-Mesopotamië nie, maar hulle het op baie plekke die mag oorgeneem, veral tydens die bewind van die laaste Neo-Sumeriese koning,Ibbi-Sin. Leiers met Amoritiese name het op verskeie plekke magsposisies ingeneem en Akkadiese leiers verslaan, insluitende in Isin, Eshnunna en Larsa. Die klein dorp Babilon, wat beide polities en militêr onbelangrik was, is in 1894 v.C. onderSumu-abum opgehef tot die status van ’n klein onafhanklike stadstaat.
Die Elamiete het Ur eindelik omstreeks 2004 v.C. verower. ’n Tyd later het dieOu Assiriese Ryk (omstreeks 2050-1750 v.C.) die magtigste entiteit in Mesopotamië geword, net voor die opkoms van die Amoritiese koning Hammurabi van Babilon. Selfs Assirië se troon is egter eindelik in 1809 v.C. oorgeneem deur ’n Amoriet: Die laaste twee konings van die Ou Assiriese Ryk, Shamshi-Adad I en Ishme-Dagan, was Amoriete.
Die Amoritiese tydperk het in Noord-Mesopotamië geëindig met die verowering en verdrywing van die Amoriete en Amoritiesoorheerste Babiloniërs uit Assirië tussen 1740 en 1735 v.C. deurPuzur-Sin enAdasi, en in die verre suide omstreeks 1730 v.C. deur dieSeeland-dinastie. Die Amoriete het bly vasklou aan ’n weer eens klein en swak Babilon, tot met dieHetitiese verowering van Babilon (omstreeks 1595 v.C.). Dit het ’n einde gebring aan die Amoritiese teenwoordigheid en nuwe etniese groepe ingebring na Suid-Mesopotamië, veral dieKassiete. Van die 15de eeu v.C. af word die termAmurru gewoonlik gebruik vir die streek noord van Kanaän tot so ver as Kadesj in Noord-Sirië.
Ná hulle verdrywing uit Mesopotamië het die Amoriete van Sirië blykbaar onder die mag van eers die Hetiete en, van die 14de eeu v.C. af, dieMiddel-Assiriese Ryk (1365-1050) gekom. Dit lyk of hulle tydens die verval van die laatBronstydperk óf verdring is óf opgeneem is in ’n nuwe vlaag halfnomadiese Wes-Semitiessprekende volke, wat saam as dieAhlamu bekend is. DieArameërs het die prominantse groep van die Ahlamu geword, en van omstreeks 1200 v.C. af het die Amoriete van die geskiedkundige toneel verdwyn.
Verwoesting van die leër van die Amoriete, deurGustave Doré.
Die term "Amoriete" word in dieBybel gebruik om te verwys na sekere bergbewoners wat die landKanaän bewoon het en in die boekGenesis beskryf word as afstammelinge van Kanaän, die seun van Gam (Gen. 10:16-20). Hulle word as ’n magtige volk beskryf wat "hoog soos seders, sterk soos eike" is (Amos 2:9) wat die grondgebied oos en wes van dieJordaan beset het. Die vers in Amos het tot gevolg dat sekere geleerdes soos Orville J. Nave, wat dieNave's Topical Bible geskryf het, na die Amoriete as "reuse" verwys.[7]
InDeuteronomium word van die Amoritiese koning Og gesê net hy het "destyds nog van die Refaïete oorgebly" (Deut 3:11). Dit lyk of die terme "Amoriet" en "Kanaäniet" afwisselend gebruik word, met laasgenoemde ’n algemener term en eersgenoemde ’n spesifieke komponent onder die Kanaäniete wat die gebied bewoon het.
Dit lyk of die Bybelse Amoriete aanvanklik in die streek gewoon het wat strek van hoogtes wes van dieDooie See (Gen. 14:7,2 Kron. 20:2) tot byHebron (Gen. 13:8), insluitende Gilead en Basan (Deut. 3:10), "met insluiting van die oostekant van die Jordaanvallei" (Deut. 4:49), die land van die "twee Amoritiese konings", Sihon en Og (Deut. 31:4). Dit lyk of die Amoriete verbind is met dieJerusalem-streek. Die suidelike hange van die berge vanJudea word genoem die "Bergwêreld van die Amoriete" (Deut. 1:7, 19, 20).
Die boekJosua vertel van die vyf konings van die Amoriete wat deur Josua verslaan is (Jos. 10:5-10). Daarna het Josua nog Amoritiese konings verslaan by die Meromwaters (Jos. 11:1-8). Daar word genoem dat daar in die dae vanSamuel vrede was tussen hulle en die Israeliete (1 Sam. 7:14).