Ammoniete (Ammonoidea) is ’nuitgestorwe onderklas van dieCephalopoda (inkvisse). Hulle was seediere wat wêreldwyd in die LaatPaleosoïkum en die heleMesosoïkum in groot getalle voorgekom het.
Ammoniete het ’n vlak, spiraalvormigeskulp gehad wat opgebou was uit verskillende kamers. Telkens wanneer die dier te groot geword het vir die huidige kamer, is ’n nuwe, groter een gevorm. Hulle het in dié buitenste kamer geleef en die ander, ouer kamers gebruik om vertikaal te beweeg.
Die diere het in honderde soorte en variëteite voorgekom. Hul deursnee het gewissel van minder as ’n sentimeter tot meer as 2,5 meter. Die laaste lewende verwante is dieNautilidae.
Ammoniete het die eerste keer in die LaatSiluur hul verskyning gemaak, diePerm-Trias-uitwissing oorleef en in die Mesosoïkum gefloreer. Aan die einde van diéperiode (65 miljoen jaar gelede) het die meeste ammoniete uitgesterf, nes diedinosourusse. Die jongste bekendefossiel kom uitDenemarke en behoort totHoploscaphites constrictus, wat nog tot sowat ’n half- tot een miljoen jaar gelede voorgekom het. Dié klein bevolkings was egter te min om die ammoniete van ondergang te red.